Coat of many colours

Dis Vrydagaand ek is gatvol gepak, ek wil net bietjie ontspan. En omdat Boer in Ballingskap my so lekker laat lag het dra ek hierdie liedjie aan hom op oor obvious redes…        En dan wil ek dit ook aan my Vriendin Wipsiamees opdra net omdat sy ook so ‘n jassie het! Lekker naweek vir julle… (O ja, die onthulling… ek hou van Country musiek, so stenig my maar!!!!   

Shania Twain Dolly Parton coat of many color

 

Coat of many colours

Back through the years
I go wonderin once again
Back to the seasons of my youth
I recall a box of rags that someone gave us
And how my momma put the rags to use
There were rags of many colors
Every piece was small
And I didnt have a coat
And it was way down in the fall
Momma sewed the rags together
Sewin every piece with love
She made my coat of many colors
That I was so proud of
As she sewed, she told a story
From the bible, she had read
About a coat of many colors
Joseph wore and then she said
Perhaps this coat will bring you
Good luck and happiness
And I just couldnt wait to wear it
And momma blessed it with a kiss
Chorus:

My coat of many colors
That my momma made for me
Made only from rags
But I wore it so proudly
Although we had no money
I was rich as I could be
In my coat of many colors
My momma made for me

So with patches on my britches
Holes in both my shoes
In my coat of many colors
I hurried off to school
Just to find the others laughing
And making fun of me
In my coat of many colors
My momma made for me

And oh I couldnt understand it
For I felt I was rich
And I told them of the love
My momma sewed in every stitch
And I told em all the story
Momma told me while she sewed
And how my coat of many colors
Was worth more than all their clothes

But they didnt understand it
And I tried to make them see
That one is only poor
Only if they choose to be
Now I know we had no money
But I was rich as I could be
In my coat of many colors
My momma made for me
Made just for me

‘n Vlieg in die salf.

Adrie het my getag om ‘n storie te skryf oor vlieg.  Enige vlieg - kan jy dit glo!!!  Maar here goes nothing…

Party mense sal sê ek is van gemiddelde lengte, 1.66m in my sokkies.  Vir sommige mense mag dit dalk lank wees, vir my is dit te kort.  In my jonger dae het ek altyd die hoogste denkbare skoene gedra.  Hoe hoër hoe beter.  Tot my bittere spyt.  Vandag suffer ek met my voete, maar op daardie stadium kon ek darem meeste mense min of meer in die oë kyk.

Daar is vreeslik baie nadele daaraan om kort te wees.  Ek is oortuig dat ek een van die dae ‘n ernstige nekprobleem gaan ontwikkel, want ek moet vir 90% van alle mense opkyk.  Ek moet opkyk na die verkoopsdame in die klerewinkel, opkyk na die bankbestuurder, opkyk na my man, en ek is oortuig daarvan een van hierdie mooi dae sal ek moet opkyk na my kinders…  Verder moet ek letterlik in elke vertrek in die huis ‘n stoel hou om bo in die kaste by te kom.  In die kombuis het ek ‘n leertjie, anders kan ek nie die kos uit die boonste rak haal nie.  Ook nie die borde, bakke of teekoppies nie.  Dit is egter nog hanteerbaar, wat my die meeste frustreer is om in die kettingwinkels op die boonste rak by te kom!  Hoe in die lewe kry jy daardie goed daar af???   Ek het al opgegee.  Ek wag maar tot iemand verbyloop wat redelik lank is, en vra in my mooiste Afrikaans vir daardie persoon, Groot asseblief.  Dit is blerrie embarrising!!!

Poppedyn het dan ook ‘n lieflike ou kot waarin sy slaap.  Die voorste gedeelte skuif nie op en af soos die nuwerwedse tipes nie, hy is nog vas aan ‘n onderste gedeelte met skarniere en die hele vlap slaan dan so op en af.  Dit is ‘n heerlike groot kot en sy en Ouboet het al saam daarin geslaap maar dit is nou net by hierdie kot waar die vlieg in die salf is, of neuk is eintlik ‘n beter beskrywing!  In die nag word Poppedyn wakker, en as sy nie haar bottel kry nie raak sy aan die kerm, wat later oorgaan in ‘n allemintige geskree wat die dak sal lig as ek nie ingryp nie.  Ek staan dan maar vinnig op en loop soek haar bottel vir haar.  Ek sien hom ook gewoonlik maar dis nou net hier wat die popo die fan strike.  Want al staan ek op die punte van my tone is ek nog steeds te kort om tot binne-in die kot by te kom.  Gewoonlik gryp ek dan sommer ‘n hanger of iets om die botter vinnig mee nader te hark, maar eergisteraand kon ek nie ‘n hanger in die donker raaksien nie.  Ek dink toe so in my slaapbeneweldheid dat as ek net so 3cm verder kan rek ek die bottel kan bykry.  Ek kan nie dink waar my verstand was nie, maar toe ek weer sien verloor ek my balans en kom met ‘n allemintige slag binne in die kot te lande.  Kop en skouers binne, bene buite al wapperende in die lug…

Ek weet nie hoeveel van julle al in so ‘n posisie was nie, maar ek kan julle verseker dit is bykans onmoontlik om jouself weer daar uit te kry.  So hier lê-hang ek toe in die kot, Poppedyn dink dis speeltyd en wil haar paplag en mamma sweet, spartel en raak so effe paniekerig.  Met die derde probeerslag kry ek toe op een of ander manier genoeg gewig of momentum of wat ook al in my onderlyf om myself daar uit te kry.  Maar waar ek hier sit voel dit nog steeds of ‘n paar van my ribbes gebreek is.  Ek hou rerig erig net mooi niks daarvan om so kort te wees nie….

Ek moet dit egter sê, daar is een groot voordeel aan kort wees.  Daar is geen manier hoe iemand kan sê ek is hoogmoedig nie.  Dit is onmoontlik om teen jou neus af vir iemand te kyk as jy vir daardie persoon moet opkyk!!!               :lol:

Merc, BMW, Crystler, Bell…

Ek is ‘n motor-Amoeba…  As ‘n motor verbyry of iewers geparkeer staan is dit vir my ‘n mooi of ‘n lelike voertuig.  Ek weet nie wat die perdekrag of die topspoed of die brandstofgebruik is nie.  ‘n Wit of ‘n swart motor is vir my oor die algemeen mooi, terwyl ek nie van rooi voertuie hou nie. 

Gelukkig vir my het ek met ‘n man getrou wat gek is oor voertuie….  Hy het oor die drieduisend daarvan!  Nie grotes waarmee ‘n mens kan rondry nie, skaalmodel voertuie…  Karre, Trokke, Trekkers, voertuie waarmee aan paaie gewerk word (wat noem mens dit in Afrikaans?), renmotors…  As ek nie blog nie, loer ons by Old Toy Shop, of Modelcars, Modelspot, Scalecars of ons is besig om te bie by Bid or Buy!  My man se stokperdjie het ook myne geword!  En alhoewel ek nounog nie een motor van ‘n ander kan uitken nie, geniet ek dit amper net soveel soos hy…  As ons karre soek, soek ek vir die naam en hy kyk sommer die prentjies, iets klink vir my bietjie onregverdig daaraan, maar miskien moet ek net my luigeit laat staan en beter konsentreer.  Ek het egter ‘n idee dit is nie iets wat my verstand wil inneem nie, want na vyf jaar sukkel ek nog steeds om die verskil in die motors te sien!!!

Nuwe modelle is nie op ons prioriteitslys nie.  Ons versamel eerder die ouer motors, ten minste kan mens definitiewe verskille op hulle waarneem wat my aanbetref!  Ek wou al lankal hierdie inskrywing gemaak het, maar die kaste wat die motortjies ingepak is het glasvensters en as ‘n mens dit afneem kry jy lig waar jy dit nie wil hê nie!  Toe ons gister egter begin om die outjies in te pak het ek my kans waargeneem en vinnig ‘n paar foto’s ingekry toe die glase af is…

Natuurlik is sy “pride and Joy” sy Ayrton Senna Racing Car Collection.  Hier is ‘n loertjie en die sertifikaat wat daarmee saamgekom het…

George en Tarzan

Reg ou lewe, jy het my vir lank genoeg nou onder jou voetsool verstrap.  Nou is ek weer my ou hoppende self en nou moet jy uitkyk, jy gaan bars….   So vir nou, tot my volgende ‘down’ aanval, Voertsek!!!  Niemand hou my vir lank onder nie, ek is soos ‘n superfast balletjie….  Vinniger op as wat jy kan droom om my op die grond te gooi!!!! 

Ouboet is seker ‘George of the Jungle’ se grootste aanhanger ooit!  Ek kan daardie fliek nou al woord vir woord resiteer!  Maar sy storie het ‘n kinkel.  George is nie George nie, George is Tarzan en daar is geen manier wat jy hom anders gaan oortuig nie!  En natuurlik is ek nie meer Mamma nie, ek is Ursala!  Dis nogal soms verwarrend as hy vir Ursala roep, maar ten minste is ek nie meer Tannie Pikkie nie…  Waar die kinders ook aan alles kom gaan my verstand te bowe.

Mynick en Oupie moes toue aan die bome vasmaak dat hy deur die oerwoud kan swing!  Nou die ander dag moes ek ‘n stok vashou sodat Mnr. Tarzan teen die ‘boom’ vas kan swaai!  Dit maak nie saak hoeveel keer ‘n mens vir hom sê dit sal seer wees nie, Tarzan doen dit en sy naam is Tarzan!!!

Vanoggend kom ek in die sitkamer en skrik myself yskoud!  My brein hardloop deur sy filing soos net ‘n brein kan.  Ek blaai deur die DVD’s dink wat hy kon kyk wat hierdie ‘euwel’ kon veroorsaak!  Maar niks, ek kan eenvoudig nie dink wat my seun sover sou kry om ‘n teddiebeer aan die gordyne te ‘hang’ nie!  En ek stres, het hy dalk iets by Oupie hulle (wat ‘n skottel het) gekyk….   Uiteindelik word hy wakker en ek begin subtiel uit te vra…  ‘Het jy ietsie gesien wat snaaks was?’, ‘het jy iewers iemand gesien wat seergekry het?’, op al my vrae kry ek ‘n ‘blank’ uitdrukking.  Hy kyk my aan asof iemand sy Ma ontvoer het en ‘n alien in haar plek gestuur het.  Naderhand kan ek dit nie meer hou nie, en vra direk:  ‘Hoekom het jou jou beertjie aan die gordyn opgehang????’   Jeeeeeeeezzzzzzz  wat ‘n verligting!  “Mamma, ek het hom nie opgehang nie, dit is Tarzan!!!!”

Flip, my kind het my amper ‘n hartaanval gegee!!  Hier sien ek die wording van ‘n laksman of massamoordenaar en al waaroor dit gaan is Tarzan wat aan die gordyn swaai.  Skielik besef ek maar dit is presies soos wat my lewe op hierdie stadium is.  Ek sien hierdie verskrikking voor my en eintlik is dit niks anders as ‘n avontuur nie.

Lekker dag vir julle almal!

Die hoe en die waar - slot

Soos ek reeds geskryf het gaan trek ons iewers in Augustus Upington toe.  Maar alles is nie so eenvoudig nie.  My ouers bly nou al vir die afgelope vier jaar by ons in hulle eie houthuisie.  Dit lyk nou maar oes, want in Amsterdam groei niks in die winter nie, maar in die somer is dit ‘n lushof…  Ongelukkig is dit ook nou so dat hulle sal moet nuwe huisvesting kry want soos julle weet is ons ver van alles af.  Vir twee oumense om alleen hier agter te bly is nie alleen moeilik nie, maar ook onverskillig.

Hulle het egter ook gevestig geraak en nou moet hulle weereens hulle worteltjies uittrek en op ‘n ander plek gaan bly wat vir hulle bitter moeilik is omdat hulle gewoond geraak het aan die kleinkinders naby hulle.  Hulle is nog heeltemal selfstandig en kan nog baie goed op hul eie funksioneer, maar dit is nie maklik nie.  Baie trane het al gevloei en baie keer wil ek sommer weghardloop as ek die pyn wat hulle ervaar beleef.  Maar ons lewens moet aangaan en ons moet aan ons kinders se toekoms dink, so deurdruk moet ons deurdruk.  Ons Vader het egter ‘n uitkoms daar ook gebring, hulle help sporadies uit by ‘n ouetehuis in Randfontein (hulle hometown) en die mense het hulle gevra om permanent daar te bly, aangesien hulle rerig baie sukkel met personeel wat eerstens nie bevoeg is om na die mense om te sien nie en tweedens net maak soos hulle wil.

Verder het ek ook my Ouma om in ag te neem.  Sy bly tans in die Fanie Lombaard Oord op Amsterdam en trek ons en my ouers moet sy maar saamtrek, want ons kan haar tog nie alleen op hierdie afgesonderde stukkie aarde los nie.  Ook sy gaan haar agterkleinkinders verskriklik mis.  Die kinders is haar begin en einde en letterlik al waaroor sy praat.  Hulle is haar wêreld!!!  Maar in Upington sal sy nie oorleef nie, nie alleen is te warm nie, maar die lug is ook heeltemal te droog.  So nou begin die gesoek vir huisvesting vir haar weer van voor af.  Dit gaan net my verstand te bowe dat ‘n vrou wat vyf kinders in die wêreld in gebring het, nou met een sit wat omgee…

So daar het julle nou my hele penarie in ‘n neutedop.  Dankie vir julle goeie wense, dankie dat julle my met raad bystaan en dankie dat ek maar hier kan kla en kerm.  Lekker dag vir julle en ek dink soos ek gaan inpak, gaan ek op vele interessante inskrywings afkom…  So watch this space….

RIP “The tank”

Ek lees hier dat Mike Schutte vanoggend om 4h00 oorlede is.   Hy is op 9/12/1950 gebore in Suid Afrika.

Volgens IMDB.com die volgende inligting:

 Nickname
The Tank
Schutte
“Big” Mike Schutte

Height
6′ 5″ (1.96 m)

Trivia

Heavyweight boxing contender from South Africa in the 1970s.

Defeated heavyweight contender Chuck Wepner.

Defeated heavyweight contender Jose “King” Roman.

Knocked out by heavyweight contender Duane Bobick.

Fought professionally from 1971 to 1979.

Had a boxing record of 38-9-2 with 28 knockout wins.

In 1976 retired after defeating Neil Malpass.

Scored 9 first round knockout victories.

Undefeated in his first 14 bouts. South African Heavyweight Champion from September 1975 to August 1976.

Daar is ook ‘n Mike Scutte website wat blykbaar een van die dae aanlyn sal gaan.

Ek kan nie eers onthou hoe baie Mike Schutte grappies ek al in my lewe gehoor het nie, ek weet net dat ons land se legendes een vir een afsterf en dat daar bitter min replacements inkom…

Die hoe en die waar…

(Deel een…)

Ok, ek dink dis tyd om die ‘beans te spill’!  Die afgelope tyd het daar ‘n hele reeks vreemde en blykbaar vervelige inskrywings op my blog verskyn.  Daar is van julle wat ons alle sukses toegewens het en ander wat so nuuskierig is, hulle kan hulle lag nie hou nie…  Nou ja hier kom dit!

Ons het ons eie besigheid op hierdie pragtige stukkie aarde van ons gehad.  Ongelukkig is dit nou maar eenmaal so dat in vandag se ekonomiese omstandighede al meer en meer besighede dit nie maak nie.  Wel ons is een van daai arme drommels wat dit nie gemaak het nie…  Ons het ontsaglik baie verloor, maar kan op hierdie stadium darem nog met ons selfrespek en sonder skuld uit die hele affere uitstap!  Daar is baie verskillende faktore wat bygedra het tot ons ‘failure’, maar eintlik maak dit nie saak nie.  Dis verby, geskiedenis, in die verlede en om daaroor te kere te gaan, gal af te gaan en verwyte rond te slinger gaan absoluut niks aan ons omstandighede verander nie. 

Ons Skepper het dit goed gedink om ons uit ons ‘comfort sone’ uit te haal.  Dit is tyd dat ons en ons kinders ons vlerke moet sprei, weg uit ons afsondering.  Dit is eintlik scary hoe gemaklik ‘n mens kon raak in Amsterdam.  Dis ‘n idiliese lewe.  ‘n Maklike gemaklike lewe.  Maar as mens mooi daaroor gaan dink besef jy dat dit byna ‘n abnormale lewe is.  En nou praat ek veral van my kinders.  Alhoewel hierdie ‘n kinderparadys is, ontbreek my kinders aan die social skills wat ander kinders van hulle ouderdom het.  Een van die dae moet Ouboet skooltoe, en ons wil hom tog graag in ‘n goeie skool sit sonder om 200km ‘n dag te moet ry, of hom in ‘n koshuis te moet sit.

Verder weet sommige van julle teen die tyd dat daar ‘n 16 jaar ouderdomsverskil tussen my en Mynick is.  Jip, ek is die groen blaartjie!!!  LOL!  Maar maak bietjie sommetjies en jy kom agter dat hy al byna by aftree-ouderdom is, verder is hy ‘n man en blank.  Tel dit bymekaar en jy kom tot die slotsom dat hy nie in die mark is om vinnig werk te kry nie…

Weereens het die Hoërhand ingegryp en my man is ‘n werk in Upington, ja julle lees reg, aangebied!  Mense dis volgens die Geelbladsye se optelmasjientjie 1066 km van Amsterdam af.  En dit is nou hier waar ons met absolute blinde vertroue gaan inspring en swem.  Mynick vlieg reeds die einde van hierdie maand af om dinge vir ons agtermekaar te kry.  Vir ons ‘n huis te soek, uit te vind van kleuterskole, solank uit te kyk vir my vir werk ens…  Intussen moet ek 42 jaar se huisinhoud inpak.  Mynick bly al vir 42 jaar in ons huis.  Ek wonder of iemand sal verstaan as ek sê dat my bewondering vir my man in hierdie laaste twee weke toegeneem het!  Mense dit is meer as ‘n leeftyd se herinnirings en menswees wat uitgesorteer, weggepak en weggegooi moet word.  Intussen kom sy broers en susters (hulle is 9 kinders)  ook nog so oor die volgende paar weke ‘n draai maak om te kom uitsoek wat hulle wil neem, want ek weier om dinge wat vir hulle van waarde kon wees net so van kant te maak.

Vir eers gaan ek hier afsluit, ek sal verder met julle deel soos dinge by my opkom, maar as ek nou nog langer tik gaan julle by niemand anders se inskrywings uitkom nie…

Briljante meisiekind!

Die laaste keer wat ek soveel talent beleef het was op Zee se blog, waar haar niggie gesing het. Nou die jonge dame se naam is Connie en sy is ses jaar oud.  Sy is geen familie van my nie, (dis nogal jammer, sy is so oulik!) maar sy is briljant! Luister en geniet… Rerig, hierdie een moet jy maar refresh totdat hy deurkom… Dis fantasties…

Talent

 

Over The Rainbow

(Arlen-Harburg)

Somewhere over the rainbow
Way up high
There’s a land that I heard of
Once in a lullaby

Somewhere over the rainbow
Skies are blue
And the dreams that you dare to dream
Really do come true

Some day I’ll wish upon a star
And wake up where the clouds are far behind me
Where troubles melt like lemondrops
Away above the chimney tops
That’s where you’ll find me

Somewhere over the rainbow
Bluebirds fly
Birds fly over the rainbow
Why then, oh why can’t I?
Some day I’ll wish upon a star
And wake up where the clouds are far behind me
Where troubles melt like lemondrops
Away above the chimney tops
That’s where you’ll find me

Somewhere over the rainbow
Bluebirds fly
Birds fly over the rainbow
Why then, oh why can’t I?

If happy little bluebirds fly
Beyond the rainbow
Why, oh why can’t I?

♪♫♪♫ Happy post!!!♪♫♪♫

Hier is dan Adrie se ‘happy post’!!! Kom ons dans mense♪♫♪♫ Gryp jou geliefde en as die nie naby is nie, sommer een van jou kinders of die besem of die polisher, maar kom ons sokkie!!! Eeee… sê mens nog sokkie, ek weet nie maar dans gaan ons dans! Lekker ♪♫♪♫ Dis naweek!!! Happy days!!!!

JUANITA DU PLESSIS BOEREJOL

Moeilike besluite

Elke besluit wat ‘n mens in die lewe neem raak ander mense. Elke aksie het ‘n reaksie… Maar iewers kom ‘n mens op ‘n punt wat jou besluite net jou naastes raak. Daarby bedoel ek, jou man/vrou en kinders. Jou besluite word gebasseer op die wat vir jou die belangrikste is… Die wie se toekoms jy moet verseker… Die vir wie jy jou lewe sal gee. Daarby sê ek nie dat familie en vriende nie belangrik is nie, maar vandag is ek gatvol vir ander mense.

Mynick, ek en die kinders gaan van hier af verder. Wees dankbaar dat ons ‘n uitkoms sien, wees bly vir ons dat ons kan aangaan. Hou op om ons te veroordeel oor dinge wat buite ons beheer is. As ons dan nou ‘n doodsonde doen om van rigting te verander, so be it, dis ons besluit! Ek en my man kan julle nie meer almal dra nie, kan nie neer ALMAL se gevoelens in ag neem nie. Ons is leeggetap, so live with it!!! En as julle eendag besluit dat ons nie after all nie te kik is nie, julle weet waar om ons te kom soek!!! So vir nou, bokker of en los ons, ons het genoeg stres soos dit is, moet nie ons lewens nog moeiliker kom maak nie! Ons is lief vir julle maar julle gaan ons nie verder manupileer en seermaak nie… Sterkte vir julle en ons wens julle net die beste van alles toe.

Skadus teen die muur