Te en oor

Die ou mense het ‘n spreekwoord gehad dat alles met ‘n ‘te’ vooraan sleg is behalwe tevrede.   Daar steek seker meer waarheid daarin as wat ons wil glo, dink maar aan teveel, te vet, te maer, te moeg, te laat, te hard, te sag, te ver, te naby, te hoog, te laag ek kan aangaan for ever!

Nou is daar ook nog ‘n ding wat baie naby aan ‘te’ val, en dit is ‘oor’.  Die eerste ding waaraan mens dink is oorpyn wat op sigself ‘n nagmerrie is, maar ek praat van die ander oor.  Oor genoeg, oor as te veel, oorvol, oorwerk, oorlams  :lol:  maar die eintlike ding wat ek met hierdie opdraende pad wil by uitkom is oorbeskermend.

Wanneer is ‘n ouer te oorbeskermend.  Wanneer sy haar kinders elke dag by die skool gaan aflaai en optel al bly hulle net drie blokke van die skool af, en dan nog op ‘n plaasdorpie.  Wanneer jou kinders nie toegelaat word om alleen die strate in te vaar nie.  Wanneer hulle nie buite die grensdrade van die erf toegelaat word nie, bygesê die erf is 78 x 66 vierkante meter.  Ek kan eerlik nie dink daar is nie genoeg speelplek nie.  Wanneer kinders nie toegelaat word om sonder toesig met ‘n boormasjien en saag te werk nie.  Wanneer jy nog elke dag self jou 4 jarige se badwater tap en seker maak dis nie te warm nie?  Wanneer hulle onder geen omstandighede toegelaat word om met skerp voorwerke en vuur te speel nie?

Klein stupid dingetjies, maar ek weet ‘n ongeluk gebeur bitter maklik.  Ek weet hoe dit voel as jou peutertjie haar handjies verbrand omdat sy by die afvoerpyp gespeel het en jy heel onbewus daarvan die groente in die kombuis opwasbak gedreineer het.  Ek weet hoe dit voel as jy in ‘n winkel in ‘n ry staan en na 2 sekondes omkyk en jou woelwater is nie in sig nie.  Ek weet hoe dit voel as jou wilde seuntjie by ‘n muurtjie af  ‘Superman’ en opslag ‘n arm breek.  Ek weet hoe dit voel as jou kleinste teen ‘n kas opklouter en amper haar oog verloor met die afkomslag.

Maar ek weet nie hoe dit voel as jou dogter skool toe loop en ‘n paar meter van daar af ontvoer word en jy haar nooit weer in jou arms kan hou nie.   Ek weet nie hoe dit voel om magteloos toe te kyk hoe jou blyplek in vlamme opgaan en jou kinders binne verbrand nie.  Ek weet nie hoe dit voel om te hoor jou kind is seksueel aangerand by ‘n skool/dagmoeder/versorger nie…

EN EK WIL NIE WEET NIE.

So noem my met liefde oorbeskermend, noem my te, noem my net wat jy wil.   My kinders is die grootste gawe/geskenk wat nog ooit in my sorg toevertrou is, en ek sal alles in my vermoë doen om hulle in ‘n beskermde, veilige omgewing groot te maak.  Op my knieë sal ek hulle uurliks toevertrou aan my Vader se beskerming, en bid dat ek nooit daardie pyn sal beleef nie.

9 Responses to Te en oor

  1. Jen says:

    Nee wat, Pikkie, daar is nie ‘n ding soos Te versigtig nie! veral nie in hierdie land waar ons bly nie. ‘n Mens hoef net koerant te lees om te weet dat ons maar eerder bang jan as dooie jan moet wees.
    Ek kan GLADNIE verstaan hoe ouers hulle kinders deesdae alleen laat skooltoe loop, of alleen in die strate laat speel/loop/watookal nie.

  2. Hulle bly ons grootste skatte in hierdie wêreld. Geniet hulle!

  3. Rustig says:

    Dit is jou kinders en jy maak hulle groot soos dit jou hart pas en wat jy glo is goed vir jou en hulle. Ons weet nie altyd hoe lank hulle in ons sorg is nie. Geniet dit en net jy weet wanneer om die tou skiet te gee.

  4. Huisvrou says:

    Ek stem saam met Jen. As ek die kindertjies so alleen-alleen in die strate sien draal kry ek rillings langs my ruggraat af.

    Jy het hulle uit ‘n Vaderhand ontvang. Jy kan mos op die aarde nie “oor”beskermend wees nie!

    Dan is ek ook te en oor en alles van daai. Eerder so!!

  5. Huisvrou says:

    PS – hierdie “Copyscape”-ding… dit werk nie! Het dit ook my “ou” blog gehad. Ek het sopas hier by jou ge”copy” en niks het my gekeer nie!!! Ons moet iets kry wat werk.

  6. Louisa says:

    Amen! Jy slaan die spyker op die kop – ek wil ook nie weet hoe dit voel nie.

  7. Toortsie says:

    Jy weet wat veilig is vir jou kind.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: