Boendoe se storie…

2008/06/30

Uiteindelik!!   Boendoe, jy kan nou jou poefiestorie gaan lees…  Geniet dit en ek hoop met my hele hart dat dit sal werk!  

Advertisements

Mangels en longe….

2008/06/30

Ouboet is ‘n ‘wizecrack’!  Hy sê ‘n ding soos hy wil, hy doen ‘n ding soos hy wil en meestal maak hy ook sommer soos hy wil.   Ons stamp gereeld koppe, hard en ordentlik.  MAAR dit is my begeerte dat hy sy man moet kan staan in ons wêreld.  Ek moedig hom aan om onafhanklik te dink en te doen.  Dit is vir my belangrik dat ‘n sy eie mening oor dinge moet vorm.  Dat hy self oor ‘n ding moet redeneer.  Hy moet nie net aanvaar wat hy hoor of sien nie, hy moet ‘n argument kan voer en besef hoekom hy dan verkeerd was…

Miskien is dit nie die regte manier van doen nie, maar as ek terugdink aan my kleintyd, moedig ek hom net nog meer aan.   Ek was ‘n bitter skaam, teruggetrokke kind.  Ek het selde my mening oor iets gelig, en het nooit in ‘n argument betrokke geraak nie…   Tot vandag sukkel ek om myself te handhaaf in ‘n argument.

Maar dis nie wat ek nou vir julle wil vertel nie.   Ouboet was getreiter met mangelontsteking.  Hy was letterlik permanent siek as gevolg van sy mangels.   In Januarie pak ons toe die uittog Johannesburg toe aan en laat sy mangels uithaal.   Dit was ‘n reuse sukses, hy het sommer weer oempf!!!   Maar laasweek slaan die verkoue weer toe.  Ouboet het lugweginfeksie met ‘n hoes wat ‘n roker sal laat skaamkry!!!  Ek het hom dus nou maar drie maal ‘n dag op die ‘nebulizer’! 

Dit help regtig baie, maar hy hou niks daarvan nie.  Die masker van die masjien is vir grootmense ontwerp en maak letterlik sy hele gesig toe.  Vir kinders het hulle so ‘n verspotte gadget wat hulle in hulle mond moet hou, die stoom blaas nog steeds in hulle ogies in….   Hulle haat dit en ek het al die wêreld vol gesoek ek kry nie ‘n kindermasker te koop nie.  Ek moet ‘n hele nuwe ‘nebulizer’ spesiaal vir kinders koop net om ‘n maskertjie te kry…

Ouboet het egter met ‘n ‘briljante’ idee vorendag gekom!   “Mamma, sê vir die dokter hy moet sommer my longe uithaal!”   As mens dan beter word as jou mangels uitgehaal word, MOET jy mos beter word as jou longe uitgehaal word….    Die wysheid van die kinders!!!


Ha, ha, hatiesho!

2008/06/28

*hoes* *hoes* Ja wel, op hierdie stadium sal hierdie ou met al sy tricks en gadgets *atieshoe* my nie eers laat beter voel nie. Ek is *hoes* *hoes* hondsiek… nee, hond-hond-hond siek. Lekker naweek verder vir julle…  *atieshoe* *hoes*

MacGyver Moments


Alles kan in ‘n oogwenk verander…

2008/06/27

Hierdie volgende gedig is vir my ‘n persoonlike lewenswyse.  Ek het dit baie lank gelede in ‘n e-pos gekry en ek hou dit altyd naby my, sodat ek kan onthou.  Ek weet ‘n mens is nie elke dag ewe suksesvol in jou doen en late nie, maar dit is my strewe om altyd so te lewe. 

Alles kan in ‘n oogwenk verander.
Want God werk op vreemde wyses.
Sy weë is nie ons weë nie.
Sy gedagtes is nie ons gedagtes nie.
Sy tyd is nie ons tyd nie.
Daarom moet jy:
Diep dink
Saggies praat
Baie liefhê
Vriendelik wees
Gereeld lag
Blymoedig gee
Opreg bid
Hard werk
Voluit lewe.
Want elkeen wat goed lewe,
Lewe lank want ons lewenstyd word nie bereken
In jare, dae of ure nie……….
Onthou veral:

Vreugde sterf as jy dit nie vertroetel nie.

Daarom is dit nou tyd dat ons …
Met sagte hande aan mekaar begin vat
Met sagte oë na mekaar begin kyk
Met sagte tonge met mekaar praat en
‘n daaglikse dosis lag inkry …

 

 


Slaggate

2008/06/26

Die minister van  paaie, me. Potholes Slaggate het na ‘n onlangse foto wat deur ‘n bekommerde inwoner by een van ons nationale parke ingestuur is, besluit om ‘n wildbewaarder in diens te neem om te kyk dat geen dier weer seerkry nie!  (Yeea Right, In die land van sprokies miskien…)


Geduld…

2008/06/26

Mense julle het nie ‘n idee hoe dit hier by my gaan nie, my nerwe hang aan ‘n dun, (lees moer dun) draaitjie.  My dag het eenvoudig nie genoeg ure nie, iewers is daar ‘n klein blikemmertjie wat dan nog van die minute steel ook!  In die aand as ek in die bed neerslaan, is dit letterlik wat gebeur, so ek vra maar baie mooitjies, hou maar uit met my, hê maar geduld met my en weet dat ek my bes doen om julle post’s te lees al comment ek nie.   Ek mis nie sommer ‘n post nie, glo my!!!   Al sit ek met my bord kos of tandeborsel in die mond en lees!!!

Lekker dag vir julle!!!!


Geluk

2008/06/25

Niemand van ons word gelukkig gebore nie, maar ons almal word met die vermoë gebore om ons eie geluk te skep!   So vir vandag, maak bietjie ander mense gelukkig, ‘flash’ jy mooiste smile, knik vir iemand of gooi sommer ‘n love you e-mail in die pos…    Net vir vandag, vra iemand hoe dit gaan en gee regtig om wat die antwoord is.  Gee vir iemand jou laaste rollo en druk jou geliefdes baie naby aan jou hart vas…