Toevallig nie!

Kyk ek weet die lewe is duur.  Ek weet venues is ‘n nagmerrie, ek weet catering kos ‘n arm en ‘n been, ek weet kinders ‘n besige, raserige,  rondspringende, laggende, onnutsige skepsels… (dis toevallig hoe ek my kinders verkies  :grin:  )

Maar daar is op hierdie aarde geen manier hoe ek dit enigsins sal oorweeg om enige plek sonder my kinders te gaan nie.  Ek kan nie 400km ry en my kinders ‘iewers’ los om ‘n freaking funksie by te woon nie!  So volgende keer as julle ons nooi vir enigiets, en dit is ‘lewensbelangrik’ dat ons daar moet wees, en almal sal tog so ‘teleurgesteld’ wees as ons dit nie kan maak nie….   Kies ‘n venue en ‘n plek waar my kinders welkom is, selfs ‘n dam of  ‘n creche sal reg wees….

Tot volgende keer

Pikkie

7 Responses to Toevallig nie!

  1. Skoor says:

    LOL dis nou duidelik gestel aan enigiemand wat nie geweet het nie!

    PS – ek hou van die eerste reel waarvolgens jy leef…

  2. Krista says:

    Ek het nie kinders nie, so dit raak my nie eintlik nie. Maar ek is bly jy staan “by” hulle. Mooi so!!

  3. oopkop says:

    Ons het die naweek ‘n troue gehad. Skoonma wou die kids die naweek hê so hulle is toe nie saam met ons troue toe nie. Mens dink jy sal ‘n naweekbreek weg van die kids geniet, maar mens verlang meer as enige iets anders. As iemand in hierdie familie iets moet reel waar kids nie welkom is nie sal daar ook maar niemand opdaag nie. Party mense verstaan net nie dat als om die kinders gereel word en dat mens hulle nie net in ‘n kas kan bêre en gaan kuier nie.

  4. turksvy says:

    Sela. Ek is in elk geval nie lief daarvoor om 400 km na ‘n funksie toe te ry nie, maar as my kiddie nie welkom is nie, is dit maar net die laaste spyker innie kis. 😉

  5. Huisvrou says:

    Hoekom voel ons almal so, maar dit bly tog ‘n voortdurende monster op uitnodigings?

    Iemand moet daai mooi jong dogtertjie vertel dat sy, skaars 5 jaar vorentoe, nie haar vriendinne se uitnodigings gaan aanvaar nie, omdat sy dan kind(ers) gaan hé.

  6. Reinhardt says:

    Ja-nee, dit maak my sommer die mo… wag, laat ek nou nie lelik begin praat hier nie.🙂

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: