Mag jy in vrede rus…

2008/07/30

Totsiens my vriendjie, in die kort tydjie wat ek van jou geweet het, het jy ook van my ‘n beter mens gemaak!  Jy het my laat besef hoe kosbaar gesondheid is en meer nog, hoe kosbaar kinders is…

Jou lewetjie was nie maklik nie, Nathan, maar mag jy sag in Sy arms rus, en hardloop en speel en kindwees, ongebonde, los van jou aardse beperkinge… 

Carina, wat sê ‘n mens….   Sterkte, ek en elkeen van ons dra jou op in ons gebede, ons dink aan jou en asseblief laat weet ons as ons enigiets vir jou kan doen…

Advertisements

Smile

2008/07/30

Net ‘n groot smile vir julle om te sê julle moet ‘n heerlike dag hê! 


Ek kan nie…

2008/07/28

Soms wens ek, ek kon net my hande in die lug gooi en ten hemele skree:  ‘Ek kan nie!!!’  maar nou weet elke Mamma dat dit eenvoudig nie moontlik is nie, en voor ek nou weer oor ‘n paar uur met my voet in my mond sit moet ek sê dat ek weet my lewe is eintlik easy in vergelyking met ander sin.  Maar dit maak nie my gevoelens minderwaardig of minder intens as ander sin nie.

Ek ervaar daagliks letterlik honderde emosies…  En ongelukkig is dit nou so dat my emosies die afgelope tyd tussen irritasie, magteloosheid, woede en swartgalligheid wissel.  Ek raak moedeloos en raak ongelukkig en voel of ek net aan die skree kan gaan…  Soos ‘n besetene dinge kan stukkend gooi, sommer net aan die hardloop kan gaan, maar dit gaan my niks in die sak bring nie.  Ek sal maar net weer moet skoonmaak en terughardloop want ek het verantwoordelikhede.  Ek het mense wat op my vertrou, wat op my staatmaak om gebalanseerd te bly, om ‘normaal’ te reageer.  Dis byna hopeloos…

Maar dan kom ek soos vanaand in die sitkamer, en daar sit Ouboet en Winnie the Poo kyk, sommer so tussen die bokse, met ‘n stukkend plastieksaag in sy hand ( die speelgoed is al ingepak en daar is inderdaad net stukkende, verwoesde, geroeste, moes lankal weggegooi gewees het speelgoed in die huis.) Hy trek hansworsgesigte vir ‘n vale! ‘Nee, man dis nou genoeg snaakses, gee my nou ‘n mooi foto!’ – ‘maar Mamma so ene sal vleeslik, velskliklik mooi wees…!’   Nou hoe stry ‘n mens met so ‘n redenasie, dis dan nou so vreeslik, verskriklik mooi!!

Ek gaan maak ‘n draai in die kamer en Poppedyn lê soos ‘n paddatjie, vas aan die slaap en ek weet teen die tyd dat ek tot ruste kom is haar ergste roes afgeslaap en is dit al amper weer speeltyd, en ek kan nie help dat my hart swel van trots nie, sy is my geskenk. 

God het my waardig genoeg geag om hierdie twee wesens in my sorg toe te vertrou.  En maak nie saak wat my omstandighede is nie, hulle is en bly my verantwoordelikheid, en ongeag my buie en gevoelens, hulle is onvoorwaardelik lief vir my.  My engeltjies, my plat-op-die-aarde-houers, my moenie-moed-opgee-nie aansporing.  My man en my kinders is my lewe en as ek soms galbraak en afgaan is dit net omdat ek maar net ‘n mens is, ‘n vrou wat ook maar al die emosies en probleme het.  En weereens vergewe ek myself.  Belowe ek myself om maar net een dag op ‘n slag aan te pak, uur vir uur, en maar so op my knieë te bly, want Sy genade is groter as my probleme.

 

I cannot tell you how much I have loved you,
Nor give you an accounting of my joy,
Nor share with you the hopes with which I’ve held you,
Nor shadow forth the dreams I would employ.
You cannot know the pleasure that you gave me,
Nor grasp the grace in which I’ve spent my days,
Nor understand the standing that would save me
Whenever darkness met my morning gaze.
You’ve been to me a moment everlasting,
Though lasting but the moment of us all,
And given me a glimpse of what, in passing,
Must pass for what awaits beyond the wall.
Such love I wish for you as I have known,
But that must come from children of your own.

Copyright by
Nicholas Gordon


Ek’s verslaaf…

2008/07/27

Spesiaal vir my Siamees!!   Ek het ‘n ernstige siekte, belowe!  Ek is verslaaf aan skoene koop!  En nee nie vir myself nie, vir my meisiekind!  Ek weet dit is belaglik, hulle groei verskriklik vinnig en kry skaars kans om dit te dra, maar ek kan myself nie help nie, ek kan nie verby ‘n mooi dogtertjieskoen loop nie!  En dit is nie my skuld nie!!!  Dit is beslis skoenvervaardigers wat die goedertjies so mooi maak dat mamma’s wens daar was sulkes in hulle grootte se skuld.  En ‘n paar skoene maak tog ‘n uitrusting dan nie???

‘n Dame moet darem ordentlike skoene hê om saam met ‘n denim of ‘n sweetpak aan te trek…

En vir die strand…

En vir die kerk…

En as dit reën…

En as dit koud is…

Ag en squekerskoene is so oulik…  (hulle het ‘n fluitjie in en so ver sy loop squek! die skoene)

Hmmmm, nog vir kerk….

Pantoffels is so belangrik om die voete warm te hou…

Hmmmmm, nog vir kerk…

En vir DANS!!!! 

Whahahahahaha!!!!

 


Sondag Advertensie…

2008/07/27

As iemand my iets vra en hulle vra so mooi kan ek mos nie weier nie!!!  Ek weet nie eers vir wie hy almal gevra het nie, maar dit maak ook nie saak nie. 

“Wil jy nie asseblief iets skryf oor al die “Free Afrikaanse” musiek wat vanaf my website onder “Independent SA Artists” afgelaai kan word. Al die musiek daaronder is verniet in mp3 formaat. Ons maak geen geld nie ons probeer net die kunstenaars bevorder.”

Frans ek dink dit is ‘n wonderlike initiatief en ek sit dit graag vir jou op.  Wildhorse Entertainment het ‘n blokkie daar waar hy gratis MP3 musiek van onbekende kunstenaars kan aflaai, ek het gaan kyk en dit is rerig mooi!  Ek kan ook sê my kompie het deesdae ‘n ‘state of the art’ antivirus program in, en hy het nie eers een keer vir my geskree nie.  Die site is veilig sover dit my program aanbetref. 

As ek nou nie so tegnologies gestremd was nie het ek ook so ‘n Spelertjie in my sidebar gesit sodat julle ook na die musiek kan luister, maar miskien kan Frans my sommer daarmee help???  LOL…


Ek doen dit alweer….

2008/07/26

Julle weet nou mos al dat ek gek is oor ‘n goeie inskrywing.  Wel vanoggend het ek weer op ‘n briljante inskrywing afgekom en omdat ek weet nie almal lees daar nie gaan ek dit hier link, dis ‘n moet, dit is heerlik lekker en so vol idees, feite, planne…  En boonop is dit so goed nagevors, gelink en met sorg uiteengesit!!!!   Nikita, dit was ‘n fees!!!


Die rede hoekom mans nie moet saam gaan shop nie…

2008/07/25

Ek is nie ‘n groot spoeg en plakker nie, maar aarde hierdie was briljant…  Ek moet dit net deel! 

———————

Proof of what can happen if a wife drags her husband along to go shopping….

 Dear Mrs. Murry,

 Our store is considering banning your family from ever shopping with us,
 unless your husband stops his antics.
 Below is a list of offences over the past few months all verified by our
 surveillance cameras.

MEMO

 Re: Complaints
 15 Things Mr. Wayne Murry has done while his spouse is shopping:

 1. June 15: Took 24 boxes of condoms and randomly put them in people’s
 carts when they weren’t looking.

 2. July 2: Set all the alarm clocks in housewares to go off at 5-minute
 intervals.

 3. July 7: Made a trail of tomato juice on the floor leading to tampons
 section.

 4. July 19: Walked up to an employee and told her in an official tone,
 “Code 3” in housewares…..
   and watched what happened.

 5. August 4: Went to the Service Desk and asked to put a bag of M&M’s on
Lay-by.

 6. September 14: Moved a ‘CAUTION – WET FLOOR’ sign to a carpeted area.

 7. September 15: Set up a tent in the camping department and told the
 shoppers he’d invite them
   in if they’ll bring pillows from the bedding department.

 8. September 23: When a clerk asks if they can help him, he begins to
 cry and asks,
   “Why can’t you people just leave me alone?”

 9. October 4: Looked right into the security camera; used it as a
 mirror, picked his nose, and ate it.
0. November 10: While handling guns in the hunting department asked the
 clerk if he knows where
    the antidepressants are.

 11. December 3: Darted around the store suspiciously, loudly humming the
 “Mission Impossible” theme.

 12. December 6: In the auto department, practised his “Madonna look”
 using different size funnels.

13. December 18: Hid in a clothing rack and when people browse through,
 yelled “PICK ME!” “PICK ME!”

14. December 21: When an announcement came over the loud speaker he
 assumes the foetal position and screams
     “NO! NO! It’s those voices again!!!

 And; last, but not least!

 15. December 23: Went into a fitting room, shut the door, waited a
while; then yelled, very loudly,
     “There is no toilet paper in here!”