Ter afsluiting!!!

2009/04/30

‘n stukkie belewenis vir julle. Ek kan nie glo ek spoor dit nou eers op nie… So baie van my gunstelinge op een video??? WOW… Gebookmark, beslis… Lekker luister.

Ek hoop julle het almal ‘n vreugdevolle, vredevolle, rustige naweek. Geniet alles wat julle doen, doen alles ten volle en stuur groete vir almal wat ek nie ken nie.

Advertisements

Tik-Tik

2009/04/29

Tik of te wel ‘crystal meth’ is VOLOP in Upington en die Noord Kaap.  Net vandag weer in die plaaslike koerant, die Gemsbok is daar ‘n artikel wat as volg lees…


PABALLELO:  Die Suid Afrikaanse Polisie van Paballelo het inligting ontvang dat stokkielekkers in die omloop is in Upington en omgewing wat Tik-tik bevat.

Alle ouers en kinders word vriendelik gewaarsku om op die uitkyk te wees vir verdagte eetgoed en lekkers waarmee daar dalk gepeuter kan wees.  Kinders word versoek om nie sommer enige eetgoed of lekkers in spesifiek stokkielekkers by ‘n vreemde persoon of kafee op straat in die woonbuurt te koop nie.  Ouers word versoek om hul kinders tog deeglik bewus te maak hiervan.

Tik-Tik is ‘n baie gevaarlike dwelm wat in die omloop is en waaroor daar al so baie berig is in die media.

Volgens ‘n artikel in Health 24 is dit een van die gevaarlikste dwelms…

According to Grant Jardine, director of the Cape Town Drug Counselling Centre (CTDCC), the increased rate of crystal meth usage is dramatic. “It is something we haven’t seen before. It is the greatest challenge the CTDCC has ever had to face.”Health professionals are concerned about the devastating effects of this drug on the user – among its many effects, crystal meth induces psychotic symptoms, such as seeing or hearing things that are not there, and violence, making it a far more dangerous drug than most other drugs available in South Africa.

Verder lees ek dat dit ‘n populere manier is om gewig te verloor en dat baie vrouens in die strik val….  Dit is skrikwekkend!

In Upington is ‘n gebreekte liglens aan motors niks snaaks nie.   Die lense word eenvoudig met ‘n klip of harde voorwerp stukkend geslaan, jou gloeilampies word verwyder en dan gebruik hulle hierdie gloeilampies om die poeier of kristal in warm te maak en dit te rook…  DIT IS PRESIES HOE EK VANDAG BY HIERDIE INSKRYWING UITGEKOM HET!

Die korttermyn uitwerking van die dwelm is feitlik onmiddelike euforie.  Die persoon beleef ongelooflike energie en word letterlik vir dae lank nie honger nie.

Die langtermyn uitwerking is egter nog meer skrikwekkend.

Crystal meth affects many parts of the central nervous system. According to the treatment guidelines issued by the US Center for Substance Abuse Treatment, “some of the most frightening findings about meth suggest that its prolonged use not only modifies behaviours, but literally changes the brain in fundamental and longlasting ways”.

There is also an increased risk of being infected with HIV or other sexually transmitted infections, because many users become more sexually active when on a high, often describing hours of wild sex with little concern for practising safer sex.

Die liggaam bou ook baie vinnig ‘n toleransie op vir die bepaalde hoeveelheid wat ‘n persoon gebruik, so hoër dossisse moet gereeld geneem word.  Wat hierdie dwelm nog gevaarliker maak is die feit dat dit in enige kombuis aanmekaar geslaan kan word.   Niemand weet ooit WERKLIK wat daarin is nie….

Gaan lees gerus hier, hier, en hier by Zee meer daaroor.


In die kas

2009/04/28

Hierdie is familie, bloedfamilie al is dit ‘n entjie verlangs…

My Oupa hulle was ‘n hele swetterjoel kinders, nege of tien, ek is nou nie seker nie.  My Oupa-grootjie was ‘n ‘blacksmith’ van ses voet sewe en het 355 pond geweeg die dag toe hy dood is.  Nie vet nie mense, GROOT!!!   ‘n Harde man, ek het so baie stories om oor hom te vertel, soos byvoorbeeld dat my Ouma-grootjie twee 6 pond hammers, een aan elke hand, met rieme aan sy arms vasgemaak het en dat hy dan ‘oorkruis’ geslaan het.  Dan was daar Ouma-Groot Kalla, net so ‘n groot vrou, wat haar spannetjie met ‘n ysterhand regeer het.  En saans as die brood uit die oond kom, het sy nie die brood in snye gesny soos ons dit ken nie, sy het die brood sommer so in die breedte gesny en elkeen het so ‘n laaaang sny brood met varkvet gekry.

Oupa-groot se teleurstelling het nie einde geken toe die eerste kind gebore word en dis ‘n dogter nie.  Hy kom toe seker op ‘n punt waar hy die onvermydelike maar (moet) aanvaar en vertel toe vir die wêreld dat sy tweede kind beslis ‘n seun gaan wees.  Vertel selfs wat sy name gaan wees.  Toe die tweede enetjie gebore word en dit is wèèr ‘n dogter kry die arme kind toe nou die familiename….  Christoffel Petrus Andries…    Jip.  Dit was haar name en dis oor haar wat hierdie storie eintlik gaan.

Toe sy begin rooi hakskeentjies kry het my Oupa-grootjie dan ook vir haar ‘n man loop soek.  Sy het egter viervoet vasgesteek en met sulke name neem ek nie vir Oupa kwalik dat hy haar maar laat begaan het nie.  Wel sy soek toe self vir haar ‘n man uit, hulle trou en trek weg…  nie te ver nie, net ver genoeg dat hulle hulle eie lewens kan ly en ook darem net ver genoeg dat haar man, (sê maar oom Piet, want as ek sy regte naam moet gebruik kan ek dalk later met probleme sit…) nie by Oupa se Blacksmith-winkel hoef te werk nie, want hy was maar klein van postuur en sag van hart.

Wel Oom Piet het die begin van sy lewe by Yskor gewerk, maar van daardie tyd weet ek nie veel nie, want ek was toe nog nie gebore nie…        😆     Wat ek julle wil vertel is eintlik wat ek kan onthou!   Toe ek hulle ‘leer ken’ het, het hulle op ‘n kleinhoewe buite Hartbeespoort gebly.  Oom Piet was ‘n Dahlia-boer.  Rerig, hy het rye en rye van die mooiste blomme wat ek nog in my lewe gesien het gehad.  Hy het daardie blomme versorg en vertroetel en hulle het werklik ‘n bestaan daaruit gemaak.  Natuurlik was hy toe al afgetree.  Tannie Tol het altyd die heerlikste ‘dumpling’ gemaak.  Ek belowe julle dit was uit die boonste rakke.  Eendag loop ek deur hulle huis op soek na iets, of moontlik het ek net rondgesnuffel, hoe moet ek onthou?  Ek kom toe op die toe deur af, draai die knop, maar niks.  Ek wonder toe oor die toegesluite slaapkamer, want teen daardie tyd was die kinders lankal uit die huis.  Op pad huis toe vra ek toe my Ma na die deur en daar ontrafel die ongelooflikste storie denkbaar.  Oom Piet het die een slaapkamer se vensters toegemessel, aan die binnekant rye en rye rakke gebou  en in die een hoek ‘n moe… enorme groot kas met BAIE slotte.   Al sy persoonlike besittings, van sy naelknipper tot by ‘n boormasjien of hammer het hy in daardie kas weggesluit.   Die rakke was volgepak met kruideniers, skoonmaakmiddels en toiletbenodighede en as Tannie Tol iets nodig gehad het moes sy by hom kom vra daarvoor.  Hy het dan die deur oopgesluit en presies afgeweeg en uitgehaal wat sy nodig het!   Amazing…..

Jare later, toe ek as jongmeisie na skool nog by my ouers gebly het, kom oom Piet tot sterwe.  Tannie Tol kuier toe so van een familielid tot ‘n ander en geniet die vryheid ten volle.  So kom dit toe dat sy vir ‘n week by ons aan huis kom kuier.  Ek is heel in my noppies want ek sien net weer die heerlike dumpling voor my geestesoog.  Daar gekom gaan dit te jolig want Tannie Tol was ‘n skreeusnaakse mens.  Een aand, ek was al in die bed klop sy aan my deur en vra of sy my iets belangriks kan vra.  Sy is toe later daar uit soos ‘n ware samesweerder en die volgende dag six ek toe af winkels toe en kom met die pakkie tuis.  Sy verdwyn toe in die badkamer in, dit word ‘n uur, dit word later twee ure en al wat haar verskyning maak is tannie Tol.   Later klop ek moedeloos aan die deur en dryg om die brandweer te kry as sy nie NOU die deur oopmaak nie.  En daar staan Tannie Tol, ‘n uitdrukking van verrukking op haar gesig!  Dis asof sy die mooiste gesig denkbaar gesien het.  ‘Tannie, is Tannie orraait???”

“Voel net hier, so sag soos ‘n baba se velletjie!!!”  Sê sy terwyl ‘n traan oor haar wang biggel.   Tannie Tol het vir die eerste keer in haar lewe beenhare geskeer, (Wel sy het dit ge-Nair) ek was te bang om haar met ‘n skeermes los te laat, en ook maar goed, want sy het elke denkbare stukkie vel onder haar kop onthaar.  Ek was net uiters dankbaar haar wenkbroue en hare het die storie vrygespring anders was dit ‘n uitgemaakte saak dat ek op my ‘wyse’ ouderdom nie ‘n loesing sou vryspring nie, want glo my my pa was woedend dat ek die Tannie so in die versoeking kon ly….

nair


Dankie

2009/04/24

Vir al my vleitige vinger vriendinne en vriende  (dis nou my blogmaats…)

Thank you for being a friend

Thank you for being a friend
Traveled down the road and back again
your heart is true you’re a pal and a confidant

I’m not ashamed to say
I hope it always will stay this way
My hat is off, won’t you stand up and take a bow

And if you threw a party
Invited everyone you knew
You would see, the biggest gift would be for me
and the card attached would say,
Thank you for being a Friend

Thank you for being a friend
Thank you for being a friend
Thank you for being a friend

If it’s a car you lack
I’d surely buy you a cadillac
Whatever you need, anytime of the day or night

I’m not ashamed to say
I hope it always will stay this way
My hat is off, won’t you stand up and take a bow

And when we both get older
With walking canes and hair of gray
Have no fear, even though it’s hardly here
I will stand real close and say,
Thank you for being a friend

(I want to thank you)
Thank you for being a friend
(I want to thank you)
Thank you for being a friend
(I want to thank you)
Thank you for being a friend
(I want to thank you)
Let me tell you bout a friend
(I want to thank you)
Thank you for being a friend
(I want to thank you)
Thank you for being a friend
(I want to thank you)
Thank you for being a friend

And when we die, and float away
I’ll see you there, and once again
Thank you for being a

Thank you for being a friend
(I want to thank you)
Thank you for being a friend
(I want to thank you)
Thank you for being a friend
(I want to thank you)
Thank you for being a friend
Whoa, tell you about a friend
(Thank you right now, for being a friend)
Thank you for being a friend
(I wanna tell you right now, and tell you again)
Thank you for being a friend
(I wanna thank you, thank you, for being a friend)
Thank you for being a friend


Gaan lees hier….. Sjoe!!!


Om verbete, vir lewe en dood vas te klou….

2009/04/23

Vandat ons in getrek het klou ek met al my mag aan my selfbeheersing en my sanity…   Daagliks voel dit of alles besig is om om my inmekaar te tuimel.   Dis asof ek eenvoudig nie die stukkies van die legkaart aanmekaar kan hou nie.  Druk ek een links onder in spring een weer regs bo uit.  Ek was nog nooit ‘n negatiewe mens nie, ek vat die lewe soos dit kom, haal die beste daaruit en pass die slegtes aan.

Maar om een of ander rede is dit asof ek die heeltyd bly vasklou aan dit wat ek gehad het…  Ek hou heeltyd die agterdeur oop.  Ek wil teruggaan, ek wil weer my ou lewe terughê.  Die feit dat ons nou al vir maande nie huurgeld vir ons huis in Amsterdam gekry het nie en dat ons op hierdie stadium letterlik krepeer het ook seker iets daarmee te doen, maar ek het al voorheen in my lewe swaar gekry.  Dis nie vir my nuut nie.  Wat vir my nuut is, is om my kinders te sien swaarkry.   Om so te moet kosmaak dat een ete se kos van ons ‘vorige’ lewe, nou vir drie of meer etes moet hou.  Om te moet sê ‘nee’ vir elke moontlike ietsie wat my kinders wil hê.

Om laatnag saam met my man in die bed te lê en te besluit dat Ouboet se verjaarsdag met ‘n maand of wat moet aanskuif want daar is nie geld vir koek en geskenke nie.  Om agterna op my knieë te gaan en die Here te smeek om my my kleingelowigheid te vergewe, want my kosbare vriendin sorg toe vir die hele kaboel.

En gisteraand, toe Mynick tuiskom (ja, ons ken nie meer iets soos vakansiedae nie, hy werk altyd….) en ons gesels toe tref dit my.  En ek kry skaam, so bitter skaam vir dit wat ek geword het.   In my selfbejammering, in my terugverlang, in my hardkoppigheid om vas te klou vir al wat ek werd is, het ek so baie dinge buite sig gelaat.  Nie vir een oomblik het ek daaraan gedink wat my negatiewiteit aan my gesin doen nie.

Ek en Mynick het gepraat oor werk soek.  Hy is rerig op die uitkyk vir iets anders, en ek het vir hom gesê hy moet verder kyk.  Ek gee nie om om op ‘n ander plek te gaan bly nie, solank ek net by hom kan wees.  Ons praat toe oor teruggaan Amsterdam toe, en dit is net daar waar die realiteit my tref.  Vier pond hammer teen die voorkop.  Ons KAN NIE weer terug gaan nie.  Daar is niks meer vir ons nie, behalwe ‘n dop van ‘n huis.  Daar is nie skole en dagmoeders nie, daar is nie maatjies vir die kinders nie, daar is nie werk vir my man nie, daar is nie werk vir my nie….   Dit is ‘n tyd van ons lewe wat klaar is, verby is….   history!!!!

Ek hoop dat hierdie stuk rubbish wat ek van my gemoed af gekry het, my gaan help om van vandag af vorentoe te kyk.   Om die dinge wat ek tog so lekker agter my aansleep te laat staan, om my ‘backdoors’ toe te maak.  En weer in vertroue te leef….

En hiermee die einde van ‘n baie boring post.   Behalwe vir die volgende…

‘n “Close-up”  foto van ‘n seeperdjie!             😆

seahorse_1


DIY….

2009/04/21

As jy 5 jaar oud word, en jy dink dis die belangrikste dag in jou lewe, en jou mamma het haar beurt gehad om vir jou ‘n koek te bak, en jy het self jou 5 maatjies genooi, dan besluit jy opslag dat dit nou tyd is vir bietjie DIY!!!!   Ouboet het self sy koek versier, self sy tafel gepak, self sy kersies aangesteek, self vir homself gesing en self besluit Tannie Muriel is van Saterdag 18 April 2009 af sy ander eie mamma….

john5-verjaar-01

john5-verjaar-02

john5-verjaar-03

john5-verjaar-05

john5-verjaar-24

john5-verjaar-25

john5-verjaar-28

john5-verjaar-32

Die dogtertjie is NIE sy meisie nie!!!  Dit is net sy beste ‘langhaar maatjie….’ 😆                😆

john-moegperd

Maar om ‘n partytjie te organiseer, koek te versier en al die reëlings te tref EN dan nog met die maatjies te speel is vreeslike harde werk as mens net 5 jaar oud is…..


I’d lie for you…(and that’s the truth)

2009/04/18

Sit jou speakers so hard as moontlik!!!  Die klank van hierdie video is AMAZING!!!

I’d never tell you one lie.

I’d never let you down.

I’d never leave I’d be the one who’d always be around.

Baby give me a chance.

I’d pull the sun down from the sky.

To light your darkest night.

I wouldn’t let one drop or rain fall down into your life.

Put your heart in my hands.

Baby believe me, I could never do you wrong.

And I would never paint your world blue.

And if sometimes it seems I must have lost my mind.

I might be crazy, but I’m crazy about you.

I’d lie for you and that’s the truth.
Do anything you asked me to.
I’d even sell my soul for you.
I’d do it all for you.
If you’d just believe in me.
Just take a look in my eyes.
You’ll see a love that’s blind.
Just take a hold of my hand.
I’II take you to paradise.
Ain’t a star that’s too far.
Your every wish will be a wish.
That I will make come true.
And if you want the moon.
I swear I’ll bring it down for you.
Let me into your heart.

Believe me baby.
Got your name carved on my soul.
’cause you’re the only one that I’ll give it too.
Go let’em say that I’m a fool to act this way
’cause if I’m crazy, I’m just crazy ’bout you.

I’d lie for you and that’s the truth.
Do anything you asked me to.
I’d even sell my soul for you.
I’d do it all for you.
If you’d just believe in me.
I’d lie for you and that’s the truth.
Move mountains if you want me to.
I’d walk across the fire for you.
I’d walk on the wild for you.
If you’d just believe in me.
And you will never see a day.
I’ll ever break your heart.
You’ll see the sky fall down.
Before it ever gets that far.
I’ll show you heaven.
Every second that you’re in my arms.
Baby I’m crazy, but I’m crazy ’bout you.

I’d lie for you and that’s the truth.
Do anything you asked me to.
I’d even sell my soul for you.
I’d do it all for you.
If you’d just believe in me.
I’d lie for you and that’s the truth.
Move mountains if you want me to
I’d walk across the fire for you.
I’d walk on the wild for you.
If you’d just believe in me.
I’d lie for you and that’s the truth.
Do anything you asked me to.
I’d even sell my soul for you.
I’d do it all for you.
If you’d just believe in me.
I’d lie for you and that’s the truth.
Move mountains if you want me to
I’d walk across the fire for you.
I’d walk on the wild for you.
If you’d just believe in me.
I’d lie for you and that’s the truth.