Mary’s Lamb…

2008/03/31

att000141.jpg

Mary’s Lamb

Mary, had a little Lamb,

His fleece was white as snow.

And everywhere that Mary went,

The Lamb was sure to go.

He followed her to school each day,

T’wasn’t even in the rule.

It made the children laugh and play,

To have a lamb at school…

And then the rules all changed one day,

Illegal it became;

To bring the Lamb of God to school,

Or even speak His Name!

Every day got worse and worse,

And days turned into years.

Instead of hearing children laugh,

we heard gun shots and tears.

What must we do to stop the crime,

That’s in our schools today?

Let’s let the Lamb come back to school.

And teach our kids to pray!

att0001ppp.gif

Advertisements

4 x 4 Raakgelag!!!

2008/03/30

Ek het vanoggend hierdie berig in die Ermelo Highvelder raakgelees of eerder raakgelag!  Wat nog Suid Afrika?

 img149-nr3.jpg


Wanneer MA’S vir hulle kinders bid

2008/03/29

Een van die boeke wat ek tans besig is om te lees, is die boek van Stormie Omartian “Wanneer MA’S vir hulle kinders bid” 

Die boek is baie eenvoudig en sistematies uitgelê.  ‘n Hoofstuk vir elke gebed.

Bv:  Hoe om ouers te eer en weerspannigheid te weerstaan

        Hoe om Godvresende vriende en rolmodelle aan te trek

        Hoe om die persoon te wees wat God geskep het.

Elke hoofstuk begin met ‘n kort verduideliking en dan ‘n voorbeeld (Meestal van haar en haar eie kinders), dan volg ‘n gebed en dan die wapenrusting of te wel, die teksgedeeltes waarop sy die hoofstuk baseer.

Wat my egter pla is dat dit werklik naief is.  Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek glo absoluut in die krag van gebed, maar ek glo ook dat jy nie kan bid, terugsit en glo alles gaan in jou skoot val nie. 

Sy sê:  “Ek ken ‘n moeder en vader wat ‘n moeilike vyandelike vesting van alkohol, dwelms, weerspannigheid en okkultisme in hulle sestienjarige seun weerstaan het deur Christelike aanbiddingsliedere en die Woord van God op band in sy kamer te speel terwyl hy in die skool was.  Sy weerspannigheid is uiteindelik verbreek en hy het ‘n rustige Godvresende persoon geword.”    

My vraag is dan, as dit dan so eenvoudig was, hoekom het soveel Godvresende ouers dan sulke moeilike kinders?  So sê sy ook dat jy jou kinders uit depressie uit kan bid.  My vraag:  Hoekom ly soveel predikante dan aan depressie?

Baie van wat sy sê is waar en ek stem volmondig saam dit is net vir my asof sy dinge totaal vereenvoudig.

Ouers en ander leierfigure in kinders se lewens MOET vir hulle bid, maar ons moet hulle ook onderrig, vermaan, ‘n voorbeeld stel, hulle dissiplineer en hulle beskerm.

Jy kan tog nie bid, terugsit, en dan sê, what will be, will be, nie. 

Bid ja, maar wees aktief deel van jou kind se daaglikse bestaan.


Oormekaar

2008/03/29

Die twee posts het nou oormekaar geklim!   Skies ek het nie ‘n clue hoe om dit reg te maak nie. 


Sarie – 28 Januarie 1970

2008/03/29

Ek was besig om kaste reg te pak toe ek op hierdie Sarie afgekom het.  My grootste probleem was dat ek dit nie behoorlik gescan kom kry nie.  Die tydskrif is te groot!

 Geniet die naweek….

Die Voorblad:

 img1444.jpg

img145-correction.jpg

img146-correction.jpg


Baby in a tree…

2008/03/28

Ongelooflike foto!

As jy nie die baba in die boom kan sien nie, moet nie opgee nie.  Dis werklik ongelooflik as dit verskyn.  Dis nie animasie nie, en dis nie ‘n grap nie…

baby-in-tree.gif
Jy moet met ‘n oop oog en ‘n ‘open mind’ kyk.
Moenie vir die baba soek nie, dan sal jy dit sien.
As jy dit eers sien sal al die ander goed verdwyn.
Sien jy dit?

Tip:  Die kromming in die boom regs bo is die voete.


NIKS = IETS

2008/03/28

nothing-black.jpg

Ouboet sê gister, sy hartjie is baie seer want hy het niks!  My logiese vraag was toe, ‘Niks wat?’  ‘Niks maatjies!’ Met ander woorde, niks is eintlik maatjies.

Al ooit so daaraan gedink?

Niks moet iets wees om niks te wees!

Voorbeeld:

Ek het niks om te eet nie – maar eintlik is niks kos.

Ek het niks om aan te trek nie – niks is dan mos klere.

Niks help om my gesond te kry nie – niks is dan medisyne.

Daar was niks op die rakke nie – niks wat?

Ek het niks om voor te lewe nie – daar is nie iets of iemand wat waarde aan my lewe gee nie.

Wat ek eintlik wil sê is dat niks die afwesigheid van iets moet wees.

En eintlik is niks in die meeste gevalle net ‘n gewaarwording of ‘n gedagte, ‘n behoefte aan iets.

En daarmee dan:  Ek het niks om vandag te sê nie!