Wonderwerke???

2009/06/30

Jip, hulle gebeur nog elke liewe dag! Ek kan van baie in my lewe vertel.  Hierdie is ook ‘n besonderse een….

A little girl went to her bedroom and pulled a glass jelly jar from its hiding place in the closet.

She poured the change out on the floor and counted it carefully. Three times, even. The total had to be exactly perfect. No chance here for mistakes.

Carefully placing the coins back in the jar and twisting on the cap, she slipped out the back door and made her way 6 blocks to Rexall’s Drug Store with the big red Indian Chief sign above the door.

She waited patiently for the pharmacist to give her some attention, but he was too busy at this moment. Tess twisted her feet to make a scuffing noise. Nothing. She cleared her throat with the most disgusting sound she could muster. No good. Finally she took a quarter from her jar and banged it on the glass counter. That did it!

“And what do you want?” the pharmacist asked in an annoyed tone of voice. I’m talking to my brother from Chicago whom I haven’t seen in ages,” he said without waiting for a reply to his question.

“Well, I want to talk to you about my brother,” Tess answered back in the same annoyed tone. “He’s really, really sick..and I want to buy a miracle.”

“I beg your pardon?” said the pharmacist.

“His name is Andrew and he has something bad growing inside his head and my Daddy says only a miracle can save him now. So how much does a miracle cost?”

“We don’t sell miracles here, little girl. I’m sorry but I can’t help you,” the pharmacist said, softening a little

“Listen, I have the money to pay for it. If it isn’t enough, I will get the rest. Just tell me how much it costs.”

The pharmacist’s brother was a well dressed man. He stooped down and asked the little girl, “What kind of a miracle does your brother need?”

” I don’t know,” Tess replied with her eyes welling up. I just know he’s really sick and Mommy says he needs an operation. But my Daddy can’t pay for it, so I want to use my money.”

“How much do you have?” asked the man from Chicago

“One dollar and eleven cents,” Tess answered barely audibly.

“And it’s all the money I have, but I can get some more if I need to.”

“Well, what a coincidence,” smiled the man. “A dollar and eleven cents—the exact price of a miracle for little brothers. ”

He took her money in one hand and with the other hand he grasped her mitten and said “Take me to where you live. I want to see your brother and meet your parents. Let’s see if I have the miracle you need.”

That well dressed man was Dr. Carlton Armstrong, a surgeon, specializing in neuro-surgery. The operation was completed free of charge and it wasn’t long until Andrew was home again and doing well.

Mom and Dad were happily talking about the chain of events that had led them to this place.

“That surgery,” her Mom whispered. “was a real miracle. I wonder how much it would have cost?”

Tess smiled. She knew exactly how much a miracle cost…one dollar and eleven cents….plus the faith of a little child.

In our lives, we never know how many miracles we will need.

A miracle is not the suspension of natural law, but the operation of a higher law.

MY OATH TO YOU…

When you are sad…..I will dry your tears.

When you are scared…..I will comfort your fears.

When you are worried…….I will give you hope.

When you are confused…..I will help you cope.

And when you are lost….And can’t see the light, I shall be your beacon…..Shining ever so bright.

This is my oath…..I pledge till the end.

Why you may ask?…..Because you’re my friend.

Signed: GOD

Amen…..

Advertisements

Ek is….

2009/06/22

Keelvol verby….


Die tyd vlieg!!!

2009/06/17

14 Junie 2007

Photo  27

Photo  36

Photo  35

14 Junie 2009

140609-486

140609-495

Baie geluk met jou verjaarsdag my Bekkie!!!   Mamma lief jou stukkend!


Laaaaaaangnaweek musiek…

2009/06/12

Toekomstige Springbok…

2009/06/09

Hierdie is nou ‘n rerige erige ‘ploeg met ‘n ander man’ se kallers inskrywing!!!!  My kleinboet se seuntjie het so twee weke terug bulletjie rugby gespeel.  Hy is nou ‘n volle ses jaar oud, maar ek kan my kop op ‘n blok sit dat hierdie outjie dit nog ver gaan bring….

Kan julle glo!!!   Een dag, vyf wedstryde en nou….    drumrolllllllllll   asseblief!!!!!!!!     24 drieë!!!!!   Jip julle lees reg, VIER EN TWINTIG drieë!!!   Hulle wou hom later van die veld afhaal want die ander kinders kry nie kans om te speel nie!!!   Bwhahahahahaha!!!

Mooi skoot Johan, jou Tannie is bitter trots op jou!

Dis nou wat ek noem jou hart uitspeel!

(Boeta, ek wag nog steeds vir die foto’s – toe gaan steel ek dit van jou profile af…   Dit sal jou leer!!!)

bolla1

bolla2

bolla3


Nou toe nou???!!!!

2009/06/04

Ek wou iets skryf, ek moes seker iets geskryf het…   Maar dit voel of ek ‘n paar keer deur ‘n industrieële menger is….  Ek is opgeklits…  Letterlik en figuurlik!

Nee Meneer/Mevrou die selfaangestelde what-shall-i-call-U!!!!

Ek hoef myself nie te verdedig nie…  Moontlik is ek ‘n ‘goody-two-shoe’, moontlik is ek naief en kinderagtig, moontlik is ek dom en onbegeesterd (ek hou van daai woord so tussen hakkies, ek was dit nog nooit genoem nie), moontlik is ek ‘n klakous en morbied, moontlik is ek al die ander dinge wat jy met soveel ‘deernis’ uitwys, MAAR EK IS NIEMAND SE FOOL NIE!!!!!

Gaan vind vrede in jou onbeskofdheid….   Ek hoop jy voel gou beter!!!!


Druk die ‘pause’ knoppie….

2009/06/02

Iemand vra my oor die naweek wanneer is die regte tyd om kinders te hê!      😯     HUH????   Dan is dit nog ‘n meisie van 21 wat nou maar 8 maande getroud is…   Moenie my vra nie!!!   Ek weet nie!!!  Was my antwoord.   Na baie grysstof werking, wat natuurlik gehelp het met my verkoue nie het ek die volgende lysie saamgestel….  Wees asseblief so vriendelik en verskil of voeg by waar moontlik!

850319cad3org21a

1.    Wanneer jy bereid is om vir maande aan een met ‘n naarheid wat net duskant voedselvergiftiging omdraai te loop…

2.    Wanneer jy bereid is om vir die volgende vyf jaar nie meer as twee ure op ‘n slag te slaap nie….

3.    Wanneer jy bereid is om iets tussen ‘n melkbottel en ‘n vrou te wees vir ‘n jaar of twee….

4.    Wanneer jy bereid is om ten minste (afhangende van die hoeveelheid kinders wat jy gaan hê) in hierdie geval twee kinders, ten minste 6 duisend doeke gaan ruil…

5.    Wanneer jy bereid is dat ‘me-time’ net ‘n vae begrip kan wees van iets wat jy ook eenkeer gedoen het.

6.   Wanneer jy bereid is om vir die volgende 5 jaar nooit weer sonder ‘n spoeg, tandepaste, ontbytpap, melk of diarreeblerts by die werk aan te kom nie.

7.    Wanneer jy bereid is om vyf keer soveel wasgoed te was en stryk…  (kinders trek NIE een keer ‘n dag aan nie!)

8.    Wanneer jy bereid is om vir die volgende vyf jaar nie weer sommer ‘n warm bord kos met ‘n mes en ‘n vurk te eet nie.

9.   Wanneer jy bereid is om drasties van rokgrootte te verander…

10.   Wanneer jy bereid is om vir die volgende vyf jaar nie weer alleen toilet toe te gaan sonder om een op jou skoot te hê en die ander een te vermaak met stories nie….

11.   Wanneer jy bereid is om te glo dat 2 minute noodles en maalvleisbolletjies ‘n 5 ster ete is…

12.   Wanneer jy bereid is om vir die volgende (ten minste) vyf jaar nie weer grimering te hê wat ampertjies soos grimering lyk nie!

13.   Wanneer jy bereid is om heeldag, elke dag, speelgoed op te tel en weg te pak…

14.   Wanneer jy bereid is om heeldag, elke dag, speelgoed te sidestep en ‘n 8 ste sintuig te ontwikkel sodat jy deur ‘n deurmekaar kamer kan beweeg sonder om af te kyk en nog steeds nie speelgoed raaktrap nie…

15.   Wanneer jy bereid is om vir die volgende paar jaar nooit weer meer as een sin op ‘n slag in ‘n boek te lees nie…

16.   Wanneer jy bereid is om jouself in ‘n koma in te lag vir al die sêgoed wat onvermydelik deel van hul woordeskat gaan wees.

17.   Wanneer jy bereid is om soveel liefde te ervaar dat die voel of jou hart gaan bars…

18.   Wanneer jy bereid is om soveel hartseer te ervaar dat dit voel of jou hart gaan breek….

19.   Wanneer jy bereid is om saam met hulle te huil oor ‘n speelding wat gebreek het en nie ge’superglue’ kan word nie.

20.   Wanneer jy bereid is om ‘n boudjie te soen omdat hulle baie seergekry het toe hulle van die skopfiets afgeval het.

21.   Wanneer jy bereid is dat jou kombuis in ‘n skopfiets renbaan verander…

22.   Wanneer jy bereid is om dubbeld so lank te vat om by ‘n winkel uit te klim, kinders uit hul stoeltjies te haal, inkopies te doen, en kinders weer in hul stoeltjies vas te gespe.

23.  Wanneer jy ‘n dowe oor ontwikkel…

24.   Wanneer jy leer om te onthou waar elke stukkendeplekkie is en dadelik raak te sien as daar ‘n nuwe een is.

25.   Wanneer jy bereid is om met ‘n stukkende hart werk toe te gaan, want jou telgies wou nie vandag skool toe gegaan het nie.

26.   Wanneer jy bereid is om ‘n handsak vir ‘n doekesak te verruil en later weer bereid is om ‘n doek, wet-wipes, sweets, speelgoed en tjips in jou handsak rond te dra.

27.   Wanneer jy bereid is om ure lank op jou knieë langs jou bed deur te bring en te vertrou en te glo dat hulle net vir jou geleen is en dat jy hulle nie alleen kan grootmaak nie.

28.   Wanneer jy die dag bereid is om te aanvaar dat JY nie in beheer is nie en jy hulle nie teen alles en almal kan beskerm nie.

29.  Wanneer jy die dag weet dat GOD hulle pappa is en dat jy nie sonder Sy krag en genade daardie kinders gaan grootkry nie…

b