Niks

2009/05/28

Bwhahahahahahaha!!!!   Ek sal maar nie sê wat ek gegoogle het nie, ek is seker julle sal dit self kan uitwerk….

Gaan lees hier, dis BRILJANT!!!!

1619411uhjqqiqbke

Advertisements

Ek stop nou!!!

2009/05/27

Dis elke oggend se storie….    Ouboet is NIE ‘n oggendmens nie!   Hy staan op, dwaal rond, drink sy warm melk, dwaal rond, vertel sy Sussie (wat ‘all shiny and happy’ is innie oggend) om hom uit te los, dwaal rond….    Trek sy klere so met verdrag aan, dwaal rond, word ‘n klein bietjie wakker, eet sy pap, dwaal rond, borsel sy tande, klim in die kar, baklei nog steeds met sy sussie, gordel homself vas, baklei nog steeds met sy sussie, en sit….   En DAN begin die groot bakleiery!!!   Mamma, sussie skop die sitplek, Mamma, sussie kyk vir my, Mamma, sussie willie vir my kyk nie, Mamma, sussie blaas bubbles met haar spoeg, Mamma, sussie sus, Mamma, sussie so….   die hele 14 km tot by die skool!!!

Ek raffel uit.   Elke dag se storie.   Een oggend het ek sover gegaan om te sê ek laai hulle net daar af en ry verder!  Dit was ongelooflik traumaties vir Ouboet alhoewel Poppedyn gedink het dis ‘n hengse grap!   Het net daar besluit om dit nooit weer te sê nie.   Ander keer het ek hulle gedreig dat ek hulle met die kar daar gaan los en self verder loop…  Ouboet het homself eers amper natgepp soos hy lag en later net vertel hoe hy self die kar sal bestuur!      😯

Nou is dit maar net weer:   “As julle twee nie nou ophou nie, stop ek hierdie kar net hier en so waar as wieletjies ek looi julle boude aan die brand…”

Waar ek hier sit voel ek soos Cruella de Vil….   Vanoggend was die laaste keer dat ek gedreig het….  ek het gedoen…

796105xfyz2a5mbb


Wat te erg is….

2009/05/26

Is net te erg….   Nee genade, hoe moet mens lewe?

http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2522089,00.html


Sê JY my nou….

2009/05/22

Is hierdie rerig ‘n versamelvoëlnes of….

versamelvoelnes

Is dit miskien ‘n volstruis wat in ‘n telefoonpaal vasgevlieg het….

Who knows????


Lag ‘n slag!

2009/05/21

botox_or_buttocksclean_underwear

hidingplace

momat9monthsorso

playhard

sarahAs julle dit geniet het, kan julle gerus hier na nog gaan kyk!!!


Piet, Ding en ‘n Tier!

2009/05/20

Ek het dit gister gekry!  Onthou julle Ding het verlede jaar ‘n kompetisie gehad wat ek wragtig amper nie gewen het nie!!!  Tierie het vir my die CD’s, –  ja ek het twee gekry!!   😈   – in ‘n pakkie gesit, die mooiste briefie daarby geskryf en vir my gepos!!!   Nou kan ek met eerlikheid sê ek VLIEG – soos my malkop Siamees altyd sê!

Kyk dis lekker om na Piet van Wyk de Vries se musiek op Youtube te luister, maar dinnor dis ‘n fees om een na die ander liedjies te luister.  Sonder om knoppies te druk en sonder om te worry oorlugtyd!

Hierdie is Mynick se gunsteling!

Iemand Soos Jy

Woorde en Musiek : Piet van Wyk de Vries

Triplane Music/ EMI Publishing SA

Die stad se liggies jaag vanaand die aand aan

En haar strate maak hulle arms oop vir my

Ek het die wêreld aan my voete

Ek kan net vra en ek sal kry

Ek sal die hele ding

En als daarin verruil

Vir iemand soos jy

Ons staan in die ligte van die motors wat verby ry

En in die patrone wat teen jou kamer muur val en afgly

Loop die mense in die strate

Soos tyd by ons verby

En in die oggend aan die einde van die droom was daar net ek en

Iemand soos jy

En ek kyk op na die sterre

Hoe hulle skitter in die aand

En die see wieg vir die maan waar wense bly

En ek gaan soek bo op die berge

En in die diepste oseaan

En ek wentel op my eiland in die ruimte om die son

En wag vir iemand soos jy

Het ek jou verbeel ?

Het ek jou gedroom ?

Is dit als te veel gevra ?

‘n Wêreld net vir my

En iemand soos jy


En nou wonder ek of enigiemand kan raai wat my gunsteling is????


Peeka Boo!!

2009/05/19

Om een of ander rede slaap Poppedyn die laaste twee weke glad nie….    Ek is doodmoeg, uitgewas, uitgedroog en uitgehang om deur die wind verwaai te word!   Ek het ‘n idee dit het iets te doen met kiestande en natuurlik hoes sy vir die eerste span…

Ek het al gepaai, gedreig, geskel, getroos, op en af in die huis met haar in my arms geloop totdat dit later voel of my arms uit hulle sockets gaan uitskeur…  Sy raak aan die slaap en 20 minute later…   Mammmmmaaaaa!!!!!!!!!    Mmaaaaa!!!!   Mamaaaaaaaaaaaaaa!!!!   en as daar nie reaksie van my kant af is nie…   Hallllôôôô!!!!   Mammmmaaaa!!!!   Hallllôôô!!!

Gisteraand so teen 10h00 is ek pootuit, gedaan, opgeploeg.  Daar is stilte in die huis en ek besluit om te gaan inkruip!  Net eers gou weer by die telgies gaan inloer om te sien of hulle darem toe is…   Ouboet slaap die slaap van die onskuldiges…  Op my tone gewapen met my flitslig sluip ek in Poppedyn se kamer in.  Flitsie vinnig aansit, loer en weer vinnig afsit – vermaan ek myself….   Flitsie vinnig aan – Damn die meisiekind is wakker!   Soos blits sit ek daai flitslig af en duik aan die agterkant van die kot in waar daar nie sportjies is nie sodat sy my nie kan sien nie.  Ek staan doodstil op my hurke, haal skaars asem…   Ek hoor ‘n beweging maar dan is dit weer stil.   Versigtig kyk ek boontoe – reg is die lady se laggende gesiggie vas!   “Peeka-boo Mamma!”   Shiterasie!!!!!       En net daar was dit die einde van nog ‘n rustige nagrus….

672437jzk9uiy01u