Oorgeneem….

2008/05/31

Soos dit seker maar met almal gaan in ons tegnologiese wêreld het dit nou ook met my gebeur.  Toe ek vanoggend wil post sien ek dat my rekenaar oorgeneem is.  Oi – die teleurstelling….   Ek het ‘n spesmaas hoe ek van die indringer ontslae kan raak, maar enige raad is welkom.  Ek sit ‘n foto by, gemerk “bewysstuk nommer 1″…

 

 

LEKKER NAWEEK VIR JULLE!!!!!!!!!!!!!

Advertisements

Charlie het my gebyt!!!

2008/05/30

Soms is mens gelukkig en kom op so ‘n diamant af. Dalk is dit net vir my snaaks omdat ek heeldag by my kinders is, maar ek het my gedaan gelag!!!!

Charlie bit my finger – again !


IK vs EK

2008/05/30

Toe ons nog kinders was, was daar net een manier om te sien hoe ‘slim’ jy is.  Jou IK moes getoets word.  Daarvolgens is jy in ‘n klas ingedeel en daarvolgens is jy geëvalueer.  As jy ‘slim’ was is jy in die A klas gesit en as jy ‘dom’ was is jy in die D klas gesit.  Daar is nie gewonder of jy dalk die dag van die toets siek was, of huislike/finansieële probleme gehad het, of jou troeteldier dalk dood is en of jou pa dalk sy goed gevat en getrek het nie.  Jy was of ‘dom’ of ‘slim’, punt!

Vir party mense het dit dan ook die begin of einde van ‘n goeie loopbaan beteken.  Die ‘slim’ outjies het vinnig en ver gevorder want hulle is mos slim!!  Daar teenoor het die ‘dom’ outjies letterlik dom gebly want hulle is mos nou maar eenmaal dom so hoekom sal hulle verder sukkel.

Vandag weet ons van beter, ons weet dat jy IK letterlik van dag tot dag kan verander, ons weet dat jou IK nie die ‘ultimate’ is nie.  Ons weet ook dat harde werk en deursettingsvermoë jou baie verder kan bring as die slim outjie wat ‘n luigat is.  Tot vandag toe kan ek nie verstaan hoe die lewe so onregverdig vir sommiges kan wees nie.  OK, ek was in die A – klas ingedeel.  Ek was een van die ‘slimmes’, maar my beste maatjie was nie so gelukkig nie, sy het in die C-klas ge-eindig.  Niemand het gewonder of die feit dat haar Pa nie eers ‘n maand gelede oorlede was enige verskil aan haar IK kon maak nie.  Onregverdig – beslis, maar realiteit.

Ek glo daar word deesdae meer klem op jou EK – of dan jou “Emotional Intelligence” gelê.  Is jy in staat om gebeure om jou en in jou te hanteer?  Natuurlik sal ‘breinkrag’ nog ‘n groot rol in jou lewe speel, maar sal jou breinkrag jou deur moeilike omstandighede help???

Hier is ‘n link wat jy kan volg as jy nou regtig egtig wil weet hoe ‘slim’ jy is (IK), kliek hier, en dan ook ‘n link wat jy kan volg om jou EK te toets, kliek hier.  Ek het drie verskillende IK toetse gedoen en aldrie het verskillende antwoorde gehad????  🙄

Ek wil graag met een laaste gedagte afsluit:  Daar is niemand so dom soos die slimstes van ons nie, en niemand so slim soos die domstes van ons nie…..

 


Boom, bome, plantasies…

2008/05/29

Okey Dokey, oor hierdie onderwerp kan ek dae en weke en selfs maande lank skryf.  Vandag gaan ek skryf oor die bome en plantasies in Amsterdam.  Daar is egter so baie om te vertel en so baie om te sê dat ek julle gaan verveel, so ek gaan net so ‘n vinnige oorsig skryf.

Amsterdam se hoof inkomste, werksverskaffing, ek wil amper sê sy lewensaar lê in bosbou.  Denne en Bloekombome beslaan feitlik die hele omgewing.  Op ‘n warm somersdag as jy met ‘n oop venster ry, en jy het ‘n goeie reuksintuig soos ek, kan jy letterlik ruik by watter plantasie jy verbyry…  Nou kan ek liries raak en die verskillende reuke beskryf, maar dan dwaal ek weer van die punt af.

Die bosboubedryf word hoofsaaklik in drie groot maatskappy beheer.  Daar is Komatiland, (voorheen Safcol), Mondi, en Sappi.  Sappi verbou hout vir hoofsaaklik papier en pulp.  Mondi, hoofsaaklik in papier en verpakking en Komatiland Forests se bome word meestal net so verkoop aan handelaars wat dit in planke saag en dan verkoop vir die maak van meubels ens.

Nou gaan ek net gou vir julle bietjie meer van Komatilan Forests vertel omdat ek weereens meer van hulle bedrywighede weet.  Hulle het drie plantasie-eenhede in die Amsterdam opgewing.  Roburnia, Blairmore en Jessievale.  Hulle plant hoofsaaklik net Denne, Bloekom en ‘n klein bietjie Wattle (Jy moet ‘n lisensie hê om Wattle te plant – indringer) bome aan. 

Daar is basies twee soorte denne P.Elliottii en Pinus Patula wat hulle aanplant, daar is egter ook nou ‘n nuwe genarasie spesie – P. elliotti x P. caribaea –  wat baie goed vaar.  Die eerste bome van die nuwe spesie word nou afgekap (na 20 jaar.)  Ja, die dennebome vat ongeveer 20 jaar tot dit afgekap word.

   Pinus Patula se blare lyk so.    ‘n Pinus Patula plantasie

Elliottii – plantasie, ek kon ongelukkig nie ‘n naby foto van die blare kry nie, maar sy blare is sagter en staan tog bietjie meer regop as die Patula sin.  Die Elliottii is ook meer vuurbestand as die Patula.   Die dennebome word gereeld gesnoei, die onderste takke word basies afgesaag op 1.5m, 3m, 5m en soms ook op 7m.  Dit is ‘n harde werk.  Die snoeiers kry elkeen ‘n lang paal met ‘n krom saag bo-aan vasgemaak, waarmee hulle letterlik tak vir tak afsaag.  Hulle word ook per boom betaal, so hoe meer hulle snoei hoe meer geld kry hulle.

Daar is ook verskillende spesies bloekombome wat hulle aanplant – hoofsaaklik Eucalyptus grandis en Eucalyptus Seligna (Gumtree).  Hulle vat min of meer 8 jaar voordat hulle gekap word, en dit word ook as boomstompe verkoop vir die maak van planke vir die houtindustrie.

  Uitgegroeide Bloekombome.

Net buite Amsterdam is daar dan ook ‘n plek Busby-eucalytus oil, wat bloekomolie vir die mark produseer.

Soos ek sê ek kan julle vir dae lank besig hou met hierdie onderwerp.  Ek het nog nie eers by brande, vure en brandslaan uitgekom nie, maar kom ons bêre dit vir ‘n ander dag.

Lekker dag vir julle…

(Bronne is gelink)


Mini-me…

2008/05/28

Sonkind het hiermee begin en Adrie het my getag…

Die foto’s se kwaliteit is swak, julle moet darem onthou dit was in die jare toet…

Baby-me..

Oopsy-Daizy…

Drie Jaar oud…

Vier jaar oud…

Nou wie is nog nie getag nie…  Hmmmm, ek tag vir DemoerinZee en Eendjie

 

 


Gym jy???

2008/05/27

Vandag moet ek maar bietjie spoeg en plak, want ek moet die kiddies by die dokter kry.  Nee toggie, hulle word om die dood nie gesond nie…

A WOMAN’S WEEK AT THE GYM   

 
Dear Diary,
  
For my birthday this year, my daughter (the dear)
   
purchased a week of personal training at the local health club for me.

  
Although I am still in great shape since being a high school  cheerleader 43 years ago, I decided it would be a good idea to go ahead and give it a try.

  
I called the club and made my reservations with a personal  
trainer named Brad, who identified himself as a 26-year-old aerobics instructor and model for athletic clothing and swim wear.
 
My daughter seemed pleased with my enthusiasm to get started! The club encouraged me to keep a diary to chart my progress.

  

MONDAY:
  
Started my day at 6:00 a.m. Tough to get out of bed, but found   it was well worth it when I arrived at the health club to find Brad waiting for me. He is something of a Greek god – with blond hair, dancing  eyes and a dazzling white smile. Woo-Hoo!! Brad gave me a tour and showed me the machines. I enjoyed watching the skillful way in which he conducted his aerobics class after my workout today. Very inspiring!

  
Brad was encouraging as I did my sit-ups, although my gut was already aching from holding it in the whole time he was around. This is going to be a FANTASTIC week-!!

TUESDAY:
  
I drank a whole pot of coffee, but I finally made it out the door.

  
Brad made me lie on my back and push a heavy iron bar into the air then he put weights on it! My legs were a little wobbly on the treadmill, but I  made the full mile. Brad’s rewarding smile made it all worthwhile. I feel GREAT-!! It’s a whole new life for me.

WEDNESDAY:
  
The only way I can brush my teeth is by laying the toothbrush on the counter and moving my mouth back and forth over it. I believe I have a hernia in both pectorals. Driving was OK as long as I didn’t try to steer or stop. I parked on top of a GEO in the club parking lot.
 
Brad was impatient with me, insisting that my screams bothered other club members. His voice is a little too perky for early in the morning and when he scolds, he gets this nasally whine that is VERY annoying. My chest hurt when I got on the treadmill, so Brad put me on the stair monster. Why the hell would anyone invent a machine to simulate an activity rendered obsolete by elevators? Brad told me it would help me get in shape and enjoy life. He said some other shit too. 
 

 

THURSDAY :
  
Brad was waiting for me with his vampire-like teeth exposed as his thin, cruel lips were pulled back in a full snarl. I couldn’t help being a half an hour late, it took me that long to tie my shoes.
 
Brad took me to work out with dumbbells. When he was not looking, I ran and hid in the restroom. He sent some skinny bitch to find me.

  
Then, as punishment, he put me on the rowing machine — which I sank.
 

 

FRIDAY :
  
I hate that Brad more than any human being has ever hated any other human being in the history of the world. Stupid,  
little #@*. If there was a part of my body I could move wi thout unbearable pain, I would beat him with it.
 
Brad wanted me to work on my triceps. I don’t have any 
triceps! And if you don’t want dents in the floor, don’t hand me the damn barbells or anything that weighs more than a sandwich. The treadmill flung me off and I landed on a health and nutrition teacher.
 
Why couldn’t it have been someone softer, like the drama coach or the choir director?

SATURDAY :
  
Brad left a message on my answering machine in his grating, shrilly voice wondering why I did not show up today. Just hearing him made me want to smash the machine with my planner. However, I lacked the strength to even use the TV remote and ended up catching eleven straight hours of the Weather Channel.

SUNDAY :
I’m having the Church van pick me up for services today so I can go and thank GOD that this week is over. I will also pray that next year my daughter (the little shit) will choose a gift for me that is fun — like a root canal or a hysterectomy. I still say if God had wanted me to bend over, he would have sprinkled the floor with diamonds.

😆


Toilet papier….

2008/05/26

Oi, het ek hierdie naweek ‘n uitdaging beleef.  Poppedyn (11 maande) het uitgevind tioletpapier kan afrol.  Letterlik afrol, deur die badkamer, deur die gang, deur die sitkamer, deur die kombuis, deur die slaapkamer tot weer in die badkamer.  En daar sit ek, en ek rol op, en rol op, en rol op en nie 10 minute later nie rol sy dit weer af, deur die badkamer, deur die gang….

Vir die eerste keer in my lewe dink ek toe aan die ontstaan van toiletpapier.  Wie was so slim?  Wie het besluit dat mieliestronke en blare nie rerig vir daai sagte deel van ‘n mens se anatomie gemaak is nie?  Toe gaan google ek.  Die slim man se naam was  Zeth/Seth Wheeler, (hulle kan nie besluit hoe om dit te spel nie) wat dit gepattenteer het, pattent nommer:  117,355 (US) issued July 25, 1871, maar klaarblyklik was dit al in die dertiende eeu vir die ‘Emporer’ in China geproduseer.  In 1857 het Joseph Cayetty die eerste toiletpapier wat in ‘n fabriek gemaak is verkoop.  In 1877 het Albany Perforated Wrapping Paper Co.( Wheeler se tweede maatskappy, die eerste het gevou) vir die eerste keer standaard geperforeede papier op ‘n rol verkoop.  In 1942 het die St. Andrew’s Paper Mill in England vir die eerste keer dubbellaag toiletpapier verkoop.  Dit was dan ook heelwat sagter as die ouer weergawes. 

So daar het julle dit, die allernoodsaaklikste gebruiksartikel in ‘n huis, waarvoor weermag manne sigarette ruil, waarsonder jy vir ure in ‘n publieke toilet vasgekeer kan sit, en onontbeerlik met snotneusskreebekkies.  Daar is werklik webwerwe wat net Kersfees en kamofleer toiletpapier verkoop om maar twee te noem. 

So lekker vee…

Bronne

Adrie – die een met internetgeriewe….