Nood leer steel….

2009/07/29

‘n Tyd gelede vertel iemand my dat daar by ‘n huis ingebreek is en net kos gesteel is.  Ek luister, dink en file.  (My brein werk ongelukkig so, as iets my nie interesseer nie word dit eenvoudig gefile – gewoonlik file thirteen….)

Maandagmiddag gaan drink ek gou koffie my Poppedyn se vorige dagmoeder.  ‘n Dierbare mens.  Sy vertel my toe dat daar by haar broer se huis in Johannesburg ingebreek is.  Die inbreker het twee pakke vleis, ‘n pak gevriesde groente, kaas, melk, koffie, suiker ‘n elektriese braaipan en ‘n braaitang gesteel.  Sy is opreg vies, want hoe eis ‘n mens dit nou van die versekering af.

En dit laat my dink….

Nou eers ‘n ou geraamtetjie uit ons familiekas ruk…   My Oupagroot is in 1933  in hegtenis geneem vir diefstal.  Die storie gaan so.  Dis depressie, hy het ses kinder (almal onder 10) en ‘n vrou wat sonder kos by die huis sit.  Net daar klim hy toe op sy fiets, ry Pretoria Dieretuin toe en skiet vir hom ‘n rooibok.  Maak toe die bok op sy rug vas en ry terug huistoe.  Daardie aand toe eet hy en die hele Mountain View rooibokvleis….   Volgende dag word hy in hegtenis geneem.  Verskyn in die hof…  Sy betoog was eenvoudig dat sy kinders en die buurt se kinders nie kos het nie, terwyl die wild in die dieretuin gevoer moet word om hulle aan die lewe te hou…  Om ‘n lang storie kort te maak…  Hy het ‘n 1 pond boete gekry…

Weer terug by my vorige gedagtegang…   Die ‘skelm’ breek in en steel net kos.  Nou ek hoef werklik nie ‘n graad in krimonologie te hê om agter te kom dat die man (of sy gesin?) honger is nie.  En nou die slegte nuus…  DIT GAAN AL MEER EN MEER GEBEUR!   Bedrog gaan al hoe meer en meer gebeur!   Mense word by die dag armer.  Broodwinners kan nie meer vir hulle gesinne sorg nie.  Ander het eenvoudig hulle werk verloor.  En daagliks verloor al meer en meer mense hulle werk.

Waar is die beloftes van werk vir alle mense?  Slegte nuus regering – daar is geen manier hoe julle misdaad gaan bekamp alvorens die volk nie hulle magies vol, dakke oor hulle koppe en krag vir bietjie hitte het nie.  PUNT!

Ek vra om verskoning vir hierdie negatiewe inskrywing, maar ek kry mense in SA so bitter jammer.  Wie van ons weet rerig hoe dit voel om honger, koud en alleen te wees…. ?   Ek weet net nie waar alles gaan eindig nie…

Advertisements

Ek en Myself

2009/07/06

Ek:  Goeie more Myself

Myself:  Goeie more Ek, hoe gaan dit?

Ek:  Nee ek gee op, wat gaan aan met daai ene?

Myself:  Ek het gedink jy sal my dalkies kan sê…   Mens weet nie meer met haar nie!

Ek:  Ten minste laat sy mens nog lag….  Ek het gedink ek kraak myself Vrydag…

Myself:  By die motorhawe, ja dit was snaaks….

Ek:  Sy ry al die pad om te gaan bande pomp, gaan die olie en die water na, ry huistoe en kry amper die piep omdat die bande nie reg gepomp is nie…

Myself:  Ek wonder of sy oud word?

Ek:  …sal nie kan sê nie, waar het jy nou gesien, sy laai die doekesak in die kar, klim in en ry.  Kom by die stopstraat en toe sy in haar truspieëltjie kyk staan die dagmoeder nog met Poppedyn op die heup en lag!

Myself:  Dit was ‘n snaakse een daai!  Ek dog sy gooi die motor om!!!   Whahahahaha!!

Ek:  En gister, wat maak jy nou van gister?

Myself:  Nee ek weet nie….   Hulle val almal nog oor die bokse….  Die huis staan nog op sy kop, van die meubels staan nog op die stoep en sy vat die hele oggend af om met haar kinders in die parkie te gaan speel, ek is seker haar kop raas…

Ek:  Nee, daar gaan ek nie met jou saamstem nie!  Die kinders worry nie oor chaos nie, hulle worry net oor hulle ma se tyd…

Myself:  Ook waar, maar toe sy by die huis kom, gaan staan sy ‘n storm en opkoop op ‘n tweeplaat stofie!!!   LOL!!!   Kon sy nie maar chips en worsies gemaak het nie!

Ek:  Sies, jy is lelik met haar!  Sy probeer…

Myself:   Ja, en laasnag toe Chippies wou uitgaan en sy nie die voordeur kon oopkry nie…

Ek:  Ek het ook nogal gedink dis snaaks, maar ek dink sy was nog goed deur die mis!

Myself:  Maar om die hond deur die venster te druk??!!!!

Ek:  Hy het nie omgegee nie!!!   Hy kon sy draai loop!

Myself:  Maar toe tel sy hom weer terug deur die venster!!   Whahahahaha!!!  En dit NADAT sy die voordeur oopgesluit het!!!

Ek:   Bwahahahahaha, ja dit was funny!!!

Myself:  Wag sy roep my, ek dink ek moet gaan…

Ek:  As jy nie omgee nie gaan ek ‘n rukkie net hier sit…  Ek geniet die stilte….

Myself:  Nes dit jou pas, sien jou later!!!

Ek:  Bye

579189rm8p75rzst