Sommer

Daar is soveel goed wat ek as kind myself belowe het, ek NOOIT aan my kinders sal doen nie.   Ongelukkig betrap ek myself al hoe meer juis presies daardie dinge doen.  Is dit nie vreemd dat mens soms in presies die gate trap wat jy ten alle koste wil vermy nie.

Dis net soveel makliker om op sekere ‘Hoekom..’s eenvoudig net ‘sommer’ of ‘omdat ek so sê’ te antwoord.

Mannetjie ek trek jou g@tvelle een vir een met ‘n tweeser af!  (Dis eintlik scary – gross – geweldadig – violent!  hoe kan ek so iets sê?   :shock:   )

As julle nie nou ophou nie, sit julle die hele middag in julle kamers!  (maar ek weet voor my heilige siel ek sal dit nooit doen nie, want dan moet ek weer die kamers opruim!)

Bly nou bietjie stil!  Ek wil net 7de Laan kyk!   (WDH – dis net ‘n program en ek kan Sondag die hele heruitsending kyk?  )

Jy moet skool toe gaan dat jy kan slim word.   (Huhh – wie fool ek – tuisonderrig sou soveel beter gewees het…)

As jy nie jou spinasie eet nie gaan jy nie groot en sterk word nie…  (maar in die meantime voer ek hulle in alle geval multi-vitamins)

Staan stil jy maak my seesiek!   (Hoekom sê ek dit, dis so commin en OUD?)

En dan die absurdste van alles waaroor ek myself kan haat, is die feit dat ek my doof en blind hou en dan op ‘n dag, vir die geringste – stupidste dingetjie hak ek heeltemal uit, gee hulle elkeen ‘n goeie loesing en staan dan agterna verstom oor die verwarde uitdrukking op hulle gesigte!   Ek dink rerig ek het ‘n wit baadjie wat agter vasmaak nodig, beter nog, ‘n opgestopte kamer.

Nee wat, ek dink dis tyd dat ek my hele ouerskapstyl in heroorweging neem….

5 Responses to Sommer

  1. turksvy says:

    Niemand is volmaak nie, maar solank mens jou foute besef en probeer regmaak, is daar mos hoop? 😉

    Ek dink jou kinders gaan eendag lag vir al jou segoed! 😆

  2. Son says:

    Nee wat, jy is so normaal soos wat enige ma normaal kan wees. My ma het al daai goed gesê en gedoen en ek het eintlik nie te sleg uitgedraai nie. Ek het al daai goed gesê en gedoen en my kinders lyk ook nog vir my heel okay😆

  3. seegogga says:

    Soms weet mens jy doen verkeerd nog terwyl jy dit doen, maar die vlees ( en die humeur!) is swak. Dis nou maar van ‘n ma- jy voel heeltyd skuldig! Moenie bekommerd wees nie, jou kinders sal”survive!”

  4. murphy says:

    Klink soos ek. Ek dink nie daar is ‘n ma op aarde wat nie die soort goed kwytraak nie.

  5. Pikkelik says:

    Julle laat my sommer beter voel, maar ek het ‘n gevoel julle is TE goed vir my. (met die klem op die te). Stres is ‘n vieslike ding en gewoonlik kry die wat die naaste aan jou is die swaarste. Maar ek werk hard daaraan!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: