My Poppedyn!

2008/10/31

(Designs are freebies at ScrapbookFlair Designer Collections www.ScrapbookFlair.com)

You are so beautiful

You are so beautiful
To me
You are so beautiful
To me
Can’t you see

You’re everything I hoped for
You’re everything I need
You are so beautiful
To me

You are so wonderful
To me
You are so wonderful
To me
Can’t you see

You’re everything I hoped for
You’re everything I need
You are so wonderful
To me

You are so beautiful
To me
You are so beautiful
To me
Can’t you see

You’re everything I hoped for
You’re everything I need
You are so beautiful
To me…


Advertisements

Lyk my dit is landswyd…

2008/10/30

Ek kan nie glo wat ek beleef nie!!!   Ek het eerlikwaar gedink dit is net die sotte in Amsterdam, Ermelo en Piet Retief, maar nou sit ek met presies dieselfde verskynsel in Upington.   1380km verder! 

My vraag is nou, waar de heng koop mense hulle lisensies????  Of moontlik het dit iets met die K53. 54, 55 of waar hulle nou ook al trek te doen!  Want toe ek my lisensie gekry het was daar nog nie sulke nonsens nie!  Jy het geleer vir jou ‘learners’, en as jy nie 98% gekry het nie, moes jy weer skryf.  Dan het jy gaan ry vir jou lisensie en glo my as jy een flippen fout gemaak het, het daardie man met die weglêsnor jou net daar afgelaai en jy moes weer gaan.

Nou kyk, daar is ‘n paar dinge wat my teen die mure uitdryf.

1.    ‘n Stopstraat is net dit – jy STOP!!!!!   Jy maak nie of dit ‘n toegee teken in nie!

2.     ‘n Rooi robot is rooi vir ‘n rede!!  Jy moet stop, nie links en regs kyk of daar dalk karre kom en dan met die spoed van witlig oorjaag nie!!!!

3.    Jy mag maar voor my indraai, ek KAN motor bestuur en my refleksies is goed, ek dink ek het al die helfde van my lewe op die pad deurgebring, maar om liefdeswil, as jy voor my indraai, verdomp, ry dan net, moet nie soos ‘n freaking trapsuutjies voor my poer-poer nie!!!!!

4.    Aan al die mamma’s wat se enigste ondervinding op die paaie is om net die kinders skooltoe en weer huistoe te neem, gaan ry bietjie ‘n langpad, of gaan weer vir jou lisensie…  Julle frustreer die kakkies uit my uit!  Ry!!!  Verdomp, dis nie ‘n blerrie sondagskoolpiekniek nie, dis ‘n openbare pad.

5.    As die krag af is, is ‘n robot ‘n vierrigting stop!  Ry, stop, gee toe, ry, stop, gee toe!!!!  Wat de moer is so moeilik daaraan!!!!

6.  En hier kry ek vir Dellie verskriklik jammer!!!!   Genade mense, ons het een sirkel in Upington en skynbaar is dit iets uit die buitenste ruimte!!!   Liewe kriek, wat is so moeilik daaraan.  Gee toe, die persoon wat eerste in die sirkel was het die reg om flippen eerste te ry, of hy nou drie maal om die sirkel wil ry of net by die volgende uitdraai wil uitgaan hy het die reg!!!!

Ek kan nou wragtig aangaan tot vanaand, maar teen daardie tyd sal julle my van die muur moet kom afskraap met ‘n ‘puttymes’ so ek los dit maar eerder hier….

Lekker blerrie dag verder vir julle…


Hoe slim is jy?

2008/10/28

Hierdie is nie sommer net nog ‘n quiz nie!   Hierdie is bitter belangrik.  Rerig….  

Daar is vier baie, baie hoë klapperbome en vier diere.

‘n Leeu –

 

‘n Apie –

 

‘n Kameelperd  –  

 

 

en ‘n Eekhoring  – 

 

Die vier besluit om ‘n kompetisie te hou en te sien wie kan die vinnigste ‘n piesang uit die boom uit kry…

Wie dink jy het gewen – die antwoord sal ‘n groot deel van jou persoonlikheid weggee so dink versigtig…. jy het 20 sekondes….

 

 

As jou antwoord die leeu was – jy is dof…

As jou antwoord die apie was – jy is ‘n moroon…

As jou antwoord die kameelperd was – jy is ‘n idioot…

En as jou antwoord die eekhoring was – jy is regtig nie baie slim nie…

‘n Klapperboom dra nie piesangs nie!!!!!!!!!!

Julle is duidelik almal uitgestres en oorwerk!!!!

Julle moet tyd afvat om te ontspan…

Gaan maak ‘n draai by die skoonheidsspa….

(Hierdie is net ‘n grappie) 

Geluk…

2008/10/27

Iets wat ek die afgelope tyd weereens besef het, is dat ‘n mens diep gelukkig kan wees ten spyte van alle omstandighede. Geluk is iets wat van binne kom en ek is oortuig dat eksterne omstandighede nie werklik ‘n impak op jou geluk kan hê nie. Geluk is meer as ‘n emosie of ‘n toestand van jou gemoed, dit is diep gewortel in jou menswees. Dit is iets wat van binne moet kom, geen mens kan ‘n ander gelukkig maak nie, geen mens kan ‘n ander se geluk verseker nie. Elke mens op hierdie aarde moet verantwoordelikheid aanvaar vir sy eie geluk…

Vir my is geluk om in vrede met jouself te wees. Om te weet wie jy is en wie jy nie wil wees nie, wat jy kan en nie kan doen nie, wat jy wil en nie wil doen nie. Om te weet waartoe jy instaat is en vrede te maak met dit wat jy nie kan doen of bemeester nie. Om te weet met wie jy jouself wil omring en wie jy uit jou lewe wil skuif en dan die moed te hê om dit te doen. Om met oortuiging nee te sê en nie daaroor skuldig te voel nie.

Elke mens het ‘n keuse hoe hy of sy hulle lewens wil inrig. Die keuse is joune, maak jou keuse om gelukkig te wees. Maak jou keuse om in vrede met jouself te lewe, maak die keuse om so te leef dat jy as jy in die aand in die bed klim tevrede kan terugleun en sê, dit was die moeite werd.

Gelukkig beteken nie dat jy nie meer negatiewe emosies gaan beleef nie, dit beteken nie dat jy nie hartseer of seergemaak gaan voel nie, dit beteken allermins dat jy ‘n ‘maklike’ lewe gaan hê, dit beteken bloot dat jy die beste sal doen met dit wat vir jou uitgedeel word, dat jy sal opstaan as jy val en sal voortbeur as die lewensstorms om jou slaan….

 596333vk0dp0kthd


Hamper voltooi Dellie…

2008/10/24

Die 13de Oktober het Dellie ons getag om ook ‘n hamper bymekaar te kry vir Bosparra se Missing Children projek.  Wel, liewer laat as nooit!  My hamper is op!   Ek besef volkome dat daar ‘n hele spul teenstrydigheid en meningsverskil oor hierdie aangeleentheid is, maar vir my gaan dit oor die kinders.  Ek kan/wil my nie eens indink dat een van my kiddies moet wegraak nie.  Ek sal my sinne verloor, ek is oortuig daarvan, en ek is ook oortuig dat elke ouer so sal voel….  Daarom het ek ook hier ingeval. 

 

(Kliek op die foto om al die hampers te sien)

Nou die moeilike deel – Ek moet vyf ander bloggers tag om dieselfde te doen.   Ek het omtrent my kop al opgekrap….   Netjane, Flippie Fanus, BB, Paula en Eendjie….   Julle is getag!!!   Julle ander wat nie getag is nie, gaan bie, of koop ‘n blokkie of maak ‘n donasie!  Daar is kinders wat ons hulp nodig het!  

(As julle nie weet hoe, wat en waar nie, gaan lees hier by Dellie….  Byvoorbaat dankie)


Scrap…

2008/10/24

My “Geliefde” Vriendin het gesê ek moet begin kreatief raak…   In geen onduidelike taal is ek beveel om ‘n tafeldoek te verf vir Kersfees…  Yeah Right, waar ek die tyd daarvoor gaan kry weet g’n mens, en ek moet Scrap, sy het tot vir my die link gestuur en alles.  Nouja, as sy so vriendelik sal wees om vir ‘n dag of twee my huis te kom skoonmaak, kos te kook en die kinders op te pas sal ek by die tafeldoek uitkom, intussen het Poppedyn haarself aan Wipneus se kant geskaar en was sy die helfte van die nag wakker so ek kon darem hierdie klaarkry!!!!!

 (Designs are freebies at ScrapbookFlair Designer Collections www.ScrapbookFlair.com)

Die foto’s is van my Ma en my twee goetertjies….


Ek wens..

2008/10/23

Ek wens my lewe kan net vir eenkeer plain sailing wees….  Net vir een keer wil ek nie sukkel met dreine, die internet, Telkom, mangels, sinus, bloeiende neuse, die wasmasjien, die grassnyer, ‘n kind wat gemiddeld agt keer ‘n nag wakker word, of die kar se linkeragterwiel nie…..