My Fireline stoof!

Ek wou oorspronklik geskryf het oor die sesde inbraak wat ons in 18 maande se tyd by die winkel gehad het, maar het eenvoudig daarteen besluit.  Nou skryf ek oor my stoof!!!  Die ding maak my ook mos warm onder die kraag (letterlik)!

Elke winter as die mense begin bibber en beef, kap ek hout.  Jip, dis my winter oefening! 

Hierdie is my Dover Fireline stoof wat in my kombuis staan.  Dis hopeloos te warm om hom in die somer te gebruik, maar kom winter, vergeet ek van my elektriese stoof en tree ‘Ouvrou’ in werking. 

Ek moet bieg die eerste paar kere wat ek haar maak brand het, was dit net rookwalms, verstikkend duk wat die hele huis deur getrek het, maar met ‘n bietjie oefening het ek nou haar trick uitgevind. 

Nie alleen is dit my kosmaakplek nie, maar hierdie vroutjie maak ook sommer die hele voorste gedeelte van die huis warm.  Sommer so soort van ‘n ‘two-in-one’.  Ongelukkig het die seël van die oond met die tyd verlore gegaan, so ek kan nie meer in haar bak nie, maar vir rooster en braai, is die oond ook nog eersteklas.  Omdat die stowe nie knopverstellings het nie, is dit ook nogal ‘n storie om die kos nie te laat verbrand nie.  Eintlik is dit heel eenvoudig, verskillende dele van die stoof het verskillende temprature, so jy moet maar net jou potte heen en weer op die stoof skuif.

My blink kastrolle werk nou ook nie op die stoof nie.  Die bakkeliet en plastiek word te warm en brand af of breek.  Maar die gietysterpotte werk sommer eersteklas.

Lekker dag vir julle terwyl ek nou gou-gou ‘n vuurtjie gaan maak…. 

21 Responses to My Fireline stoof!

  1. Paula says:

    Laat jy my nou vêr terugdink!
    Toe ek klein was het ons in Zeerust gebly waar beide my tannies koolstowe gehad het (hulle het so 3 huise van mekaar gebly). Ons het baie oor en weer gekuier en in die winter was dit die algemene kuierplek .. reg voor die koolstoof. Dit was goeie ou dae gewees!

  2. Dellie says:

    Ek is absoluut groen van jaloesie! Ek vrek oor ‘n koolstoof. Kom seker ook uit my kinderdae uit. Ek het altyd mince balletjies sommerso op die plaat gaargemaak wanneer Ouma-hulle geslag en vleis bewerk het. Dit was die lekkerste lekker!

  3. meermin says:

    Vriende van ons het ook ‘n koolstoof, daai ding maak die hele huis omtrent warm, ons het eendag tog te lekker gekuier om daardie koolstoof, lekker geeèt, die allerlekkerste koffie gedrink, ons wou nie daar weg nie, daai aand toe onsbuite kom, het ons almal se tande gekraak van die koue!!

    Ekke is ook GROEN van jaloesie!!

  4. Jaco says:

    Eendag as ek groot is wil ek ook so stoof in die Karooplaas se opstal hê. My lekkerste onthou is daai kuiers in ouma Bonnievale se massiewe kombuis met die koolstoof waarop daar altyd ‘n brousel koffie aan die borrel was.

    Maar eers moet ek net die klein sakie van die karooplaas platspeel

  5. Pikkelik says:

    Dellie, ons braai ook sommer ‘n vleisie so op die stoof.
    Meermin, dit is ook ons kuierplek, skrop sommer so nes om die stoof elke winter.
    Jaco, my koffie staan ook daar, in die blink ketel op die regterkant. Dalk is dit hoekom ek so sukkel om te slaap innie winter.

  6. Wipneus! says:

    Ek vrek ook oor my dover’tjie, jy moet by my ander plekkie gaan loer! Myne is oud!! Dis so lekker warm om naby hom te sit. Myne is buite, en ek maak al die eetgoed wat saam die braai gaan sommer net daar! Lekker gesellig!!

    Ek hou van jou stoof Pikkie!

  7. neykie says:

    Sondagaand met die koue sonder ophou probeer om kaggelvuur te maak-maar ook maar later moed opgegee, en net lekker warm gaan inkruip

  8. Bottertjie says:

    Sjoe, dis seker moer-oud?! Dit klink so lekker, laat my verlang na Ermelo se koue wintersaande voor my pa se koolstofie….

  9. Pikkelik says:

    Wippie, jou stofie is ougat!
    Neykie, mens maak eers ‘n klein vuurtjie met bietjie fynhout, dan sit jy die groter hout so stuk, stuk by!!!
    Bottertjie, sies vir jou, hoe kan jy sê my goed is moer-oud!!! Maar jy is reg, hier in Ermelo se wêreld vrek mens bietjies, bietjies van die koue…
    Ek wil net bysê, ek maak nie met kole vuur nie. Dit rook te veel en naderhand is die hele huis met so ‘n laag swart roet bedek. Nee wat, ek gebruik maar hout. Werk beter!

  10. Ek staan verstom….

    Ek onthou hoe my ouma ysters op dit warm gemaak het. Dan maak die die swaar yster so doef-doef op die lankens as sy stryk.
    En as sy water gooi op die yster wat te warm raak dan maak dit so sjeeeshhhh….
    En saans as jy inklim tussen daai lakens, dan ruik dit soos NIKS anders in die hele wereld nie. Nou is my hart so seer ek verlag nou so na my ouma en haar wit, skoon, lekker-ruik lakens.

  11. Paula says:

    Dankie vir die inloer Pikkie!

  12. neykie says:

    pikkie- vertel dit vir die mans hulle wil van die begin af die moerse vlamme sien. jy kan raad gee maar as hulle nie wil luister nie moet hulle voortgaan

  13. Von says:

    Laat my ook ver terugdink aan my prulle jeug op on ou plasie in Tarlton. Heerlik saans gekuier met lamplig in die kombuis met die oondjie se deur oop – die rooi gloed en die vamme wat lek-lek aan die stompe. As kind is al die dinge mos amper ooghoogte. Daardie klank van die effense klammigheid van die hout wat skiet……….. ag-ja, waars die dae heen – het nou skoon soete heimwee………….

  14. PAULA, ek hoop jy lees hier. Ek het jou blog besoek en wou ‘n kommentaar plaas oor die oulike borskankerstuk maar ek kon nie want ek het nie ‘n blogspot-blog nie. En ook oor die diabetes, sterkte.
    Jou blog is oulik.
    Hoekom kom “join” jy ons nie by wordpress nie. Is net ‘n idee, jy hoef nie as jy nie wil nie. Groete.

  15. Gert Gariep says:

    Hey, ek laaik jou stoof stukkend. En net soos die ander hierbo slaan die jaloesie groen op my uit.

    Daai stoof is nie net lekker gesellig en warm nie, dit het ook karakter.

    Ek sal 5 jaar lank elke winter bier opgee vir so ‘n stoof.

  16. Eben says:

    Hi Pikkelik … hi … staan bietjie nader aan Eben … neee nader …. vertel my saggies dat die ander nie kan hoor, ….. Waar bly julle? Daardie stoof is gemaak vir Sondae aande se Sop en Vetkoek!!!

    Weee jy(?) ek het mos op ‘n plaas groot geword waar geen krag aangele was. Ons het twee koolstowe gehad en die ligte was gas. Daardie koolstowe moes vroeg aangesteek word, dat die geyser warm kan word, dat ons darem warm water gehad het. Maar oooo liewe hemel, as daardie water warm was, is dit warmmmmm!!!

    Maar … dankie jy bring lekker herinneringe terug!! Waardeer jou “Ou vrou” …..

    askiessss waar woon jy nou presies??

  17. Pikkelik says:

    Rosa, ek het nog van daai ou strykysters, maar ek gebruik dit wragtig nie meer nie!
    Hallo Paula, welkom
    Neykie, gryp hulle aan die ore man!
    Von, kom kuier en raak van die heimwee ontslae…
    Hallo Gert, hoeveel kaste bier sal dit nou min of meer wees????
    Eben, AMSTERDAM!!!! Nie oor die water nie, sommer hier in Mpumalanga.

  18. Jo-Ann Schou says:

    Jissie nou loop ek ook op onthou se pad. Wintervakansie by tannie Ri op die plaas. Vroegoggend sakkiekoffie en varsgebakte plaasbrood in ‘n kombuis wat lekker warm is van die koolstoof waaruit die reuk van die eerste baksel anysbeskuit styg. Ek het in die hitte van daardie stoof slinger gedraai om room af te skei. Die donkie vir die warm water was buite langs die huis en ek en my broer het dit eendag te ywerig hout gevoer met die gevolg dat die warm water uit die pype ontplof het. Ons was op die rooi mat.

  19. Louisa says:

    Ag lekker…ek is baie jaloers.

  20. Wipneus! says:

    Ha ha Pikkie ons is almal groen vir jou fireline, jy beter jou deure gesluit hou!!

  21. Sonneblom says:

    Hi Pikkie,

    Jou stoof is pragtig!!! My koolstoof staan gereed en wag vir haar hout. My stofie is nou nie so mooi opgepas deur haar vorige eienaars soos joune nie, maar ek veruil haar vir niks. As ek die dag moet trek, vat ek haar weer saam. Ek sal weer plekkie maak vir haar. Ek sommer lus en gaan steek haar aan…..
    Lekker kook en warm kry 😉
    Groetetjies
    Sonneblom

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: