Wippie, Kanaandruiwe en atletiek

Ek sal nou maar sulke 3 in 1 inskrywings moet doen anders gaan ek nooit opvang nie!!!

Almal weet nou-al dat daar iets baie spesiaal tussen my en Wippie is.  ‘n Vriendskap wat alle verstand te bowe gaan.  Weird, scary, precious, undescribable…   Ek het haar nog nooit in lewende lywe ontmoet nie!   Maar ons KEN mekaar.  My harts-vriendin.  Ja, ja ek weet sy is hardegat en vol draadwerk en wipperig en sy karring op plekke waar sy nie moet nie en sy is te lojaal teenoor party mense…  maar dit is juis daardie eienskappe wat haar so bitter kosbaar maak.   Verlede maand, toe ek op die punt van   ‘Here help, ek kan NIE meer nie…’ is, bel sy en ons praat en sy sê net: ‘Piksie, nou…’ en daar voorsien God in sy groot genade….     Dankie, dankie, dankie, dankie vriendin….   Ek waardeer dit meer as wat jy ooit sal weet!

‘n Enorme verrassing wag toe vir my toe ons in Lelik intrek!   Druiwe, druiwe en nog meer druiwe….   Nie die ou verpiepte trossies wat op ander plekke groei nie!!!  TROSSE druiwe!!  Ek het soos een van die twaalf verspieders van Israel gevoel wat vir die eerste keer in Kanaan ingaan… Ons het ons omtrent verlustig aan hierdie druiwe!!!  Dis heerlik, heerlik, heerlik…  hanepoot, kristal, en sommer nog ander soorte wat ek nog nie ken nie, maar so soet soos stroop!!!!

9mrt09-0652Toegegee dit lyk nie so skouspelagtig nie, toe ek dit foto bekyk het ek besef dat dit nie ‘n werklike idee gee van die ware grootte nie, toe maak ek ‘n plan….

9mrt09-070Bo-op die tros is my Lip-ice!!!   Kan julle glo die trosse is so groot!!!!    Volgende jaar stuur ek vir julle elkeen ‘n kassie druiwe, kom wat wil!!!

Intussen het Ouboet ook sy heel eerste atletiek byeenkoms gehad.   Ek weet nie rerig eers hoe om dit vir julle te vertel nie!  Ek kan net sê julle moes daar gewees het!  Ek weet nie wanneer laas in my lewe het ek so gelag nie!   Alles het soooo goed gegaan.  Die skooltjie het hul eie dirigente gehad wat almal heerlik laat “jamblikke, visblikke, drie by drie….” het!  en toe gaan ons veld toe.   Elkeen moet nou in sy eie baan hardloop…  O jittetjie, toe ek sien Ouboet kry die verste baan toe weet ek hier kom marakkas en ek was beslis nie verkeerd nie!!!  Ek staan by die wegspring en Pappa wag by die wenpaal.  Op julle merke, gereed, prrrrttttt!!!!   En daar gaan hulle…  En Ouboet hardloop dat die stof spat, heel voor…. en toe sien hy die randsteen langs hom…  Ag aarde gee my krag….   hy steek vas en spring op die rand…   Ketjieng, tralalala….  Die ketjieng is die opspringslag en die tralalala is die in die rondte draai deel…. en dan onthou hy, hy moet hardloop.  En dan trek hy weer weg vir twee meter…  sien die randsteen…  Ketjieng, tralalala….   Ek lag so dat ek sowaar nie vir hom kan skree om te hardloop nie!!!  Ek gooi ‘n oog in Pappa se rigting maar nee…   Pappa sit plat op die grond en lag en lag en lag…  en Ouboet hol ‘n entjie, spring ‘n stukkie, draai ‘n slag in die rondte en sing asof sy lewe daarvan afhang….  Ketjieng, tralalala!!!   Nodeloos om te sê dat ek van die ‘actual’ ressies nie ‘n enkele foto geneem het nie!!!

9mrt09-218Hier is Ouboet en een van sy maatjies veronderstel om te sing voor die groot oomblik!!!   (Dis nie my naam voor op sy hempie nie, dis die skooltjie s’n…)

Tot more dan…   Ketjieng, tralalala…..

13 Responses to Wippie, Kanaandruiwe en atletiek

  1. Dellie says:

    Whahaha! Ek sou wat wou gee om die resies te kon sien! 😆 ‘n Kosbare memory.

    Ketjieng, tralalala… lekker dag vir jou!😉

  2. Zee says:

    Ai Pikkie, dalk is daar een van die ander ouers wat wel ‘n ou fototjie geneem het… vra bietjie rond😉
    Ek speel hierdie resies in my gedagtes af, en kan net nie help om vir Ouboet te smile nie🙂

    Jinne, maar daardie is omtrent ‘n tros druiwe! Hoe water my mond nou!

  3. Rustig says:

    Jinne laat daardie druiwe my nou lus kry. Ek het op wynplaas groot geword en eet geen druiwe wat uit winkel kom nie nie. As ek dit nie kan eet van die boom af nie, wil ek dit nie hê nie. Onthou tog net dat die kinders nie druiwe eet wat deur die son warm gebak is nie.🙄
    Son warm vrugte laat die hele maag ontplof.

  4. Ai hoe lekker lag ek nou vir die resies! die druiwe se wonder en jou pel (ja sy is special).

    SOOOO nice om jou terug te he.

  5. boendoe says:

    Ag, ou Pik, ek HET jou gemis! 😉

    Wip is ‘n special lady. Ek kan verstaan hoekom julle close is – two of a kind…

    Gelukkige jy met sulke lekker druiwe. Ek het so lanklaas geeet – dis net eenvoudig te duur! 😦

  6. Dellie says:

    Jy is getag!😉

  7. Hehehe! Klink soos my broer wat kort-kort omgedraai het en vir sy maats gewag het om in te haal!

    Ek kan net beaam wat jy van Wippie se. Sy is inderdaad ‘n kosbare vriendin om te he en ek was bevoorreg om ‘n koffie saam met haar te kon geniet!

  8. Carina says:

    LOL kinders darem – daai druiwe lyk HEERLIK!

  9. demoerin says:

    Sjoe, maak daai druiwe my ook nou lus. Ek kan my die resies voorstel…. dit moes BAIE snaaks gewees het.

  10. Wipneus! says:

    Ek hop hier in en dink ek gaan alweer of is dit nogsteeds raas kry!! 😆 Dankie!

    Wow dis moerawiese trosse druiwe hierdie, kan julle nie wyn maak nie??? :mrgreen: Jy weet ons gooi dit alles in die een groot dam en dan trap ons dit! Ons kan groot gaan! Ons hou druiwepars partytjie!!

    Ag cute, Ouboet word nou so groot en hulle is so gelukkig om nog kinders te kan wees. Hier in die stad kry kinders nie meer kans om kinders te wees nie! Dis net ‘n gejaag!

    Ek lees sommer in jou inskrywings dit gaan goed met jou, jy is weer gelukkig, en dit sit die Wip in my stap!!!
    x x

  11. gigi says:

    Pikkelik, wil net vir jou se, ek leef myself in jou lewe in hoe jy alles beskryf!

  12. Pikkelik says:

    Dankie vir almal se kommentaar. /me buig laag en sê dankie dat julle moeite doen om te lees!
    Gigi – Baie welkom en ek is bly jy geniet dit!

  13. […] Upington gebly het.  Swartkop – die hoewe se naam was sommer ‘Lelik’.  Ek het hier en hier daaroor geskryf. Dit was die enigste gedeelte van Upington wat vir my sin gemaak het, die […]

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: