Ouboet se Dinosaurs

2008/04/24

Almal weet nou al Ouboet se hele lewe wentel om dinosours. Nou ja, hierdie is sy all-time-favourite! Julle weet mos kinders het nou maar ‘n ding met liggaamsfunksies!  Nie vir sensitiewe kykers!!!!

Dinosaur farts

 En hiermee sê ek dan baai-baai tot Vrydag 1 Mei 2008.  Praat dan weer met julle.  Gedra julle asseblief, ek haat dit om te mis….

Advertisements

Mense

2008/04/24

Gister lees ek hierdie inskrywing van iemand met die verskillende kommentare daaroor.  Dit sit my toe aan die dink.  Ten spyte van verskille in ons voorkoms, ons ouderdomme, ons belangstellings ons werk, die manier waarop ons ontspan is daar nog iets wat baie van ons miskyk.

Ons weet daar is nie twee mense wat dieselfde is nie, ons weet almal verskil, dis nie nuus nie.  En ek weet ‘n mens kan dit nie so vereenvoudig soos wat ek nou gaan doen nie, maar dit is net iets wat my opgeval het wat ek nou met julle wil deel.

Daar is Mens-mense:  mense wat verlore sal wees sonder ander mense.  Vir wie ander mense om hulle so dodelik noodsaaklik is soos kos en water. 

Daar is Alleen-mense:  Mense wat verkies om eerder op hulle eie te wees as in ‘n groep.

Daar is Kinder-mense:  Mense wat kinders so na aan die hart dra dat dit byna ondenkbaar sal wees om hulle nie met kinders, hul eie of ander te assosieer nie.

Hier kan ons dit in vier katogorieë deel:  Baba-mense, kleuter-mense, kinder-mense en tiener-mense.

Daar is Oumens-mense:  Mense wat hulle beywer om die lewe vir ouer mense so gemaklik en aangenaam as moontlik te maak. 

Daar is diere-mense:  Mense wat diere so na aan die hart dra, soos wat ander mense dra.  Honde-mense, katte-mense, perde-mense en wild-mense.

Hierdie is maar net ‘n paar wat ek opnoem, natuurlik kan elke mens in meer as een of selfs in al die verskillende katogorieë val, maar wat vir my so opvallend is, is die feit dat ons as mense soms nie ander die reg gee om NIE in ‘n sekere katogorie te val nie. 

So what as jy nie ‘n baba-mens, of ‘n diere-mens of ‘n oumens-mens is nie.  God het tog elkeen van ons anders geskape.  Elkeen van ons het ‘n bepaalde doel en roeping in die lewe.  Elkeen van ons se lewens HET ‘n doel, spesiaal vir jou uitgesit, afgemeet en daargestel sodat ons in hierdie wêreld ‘n verskil kan maak.  Kan jy dink wat van ons sou geword het, as almal byvoorbeeld net baba-mense gewees het, of net mense-mense?  Daar is vreugde in verskeidenheid. 

Miskien moet ons almal op die punt kom, waar ons ander onvoorwaardelik kan aanvaar vir wie en wat hulle is.  Dat ons eerder op ander se sterk punte kan klem lê as op hulle swak punte.

Lekker dat vir julle.

 

 


Kosmegrasie…

2008/04/23

Het jy al ooit gewonder wat ‘n Suid-Afrikaner wat in ‘n ander land gaan kruideniersware koop moet deurgaan?  Kyk bietjie hierna…

 

 

 

 

 

En my absolute gunsteling!!!!!!!!!!!   😆

 

 


My Fireline stoof!

2008/04/22

Ek wou oorspronklik geskryf het oor die sesde inbraak wat ons in 18 maande se tyd by die winkel gehad het, maar het eenvoudig daarteen besluit.  Nou skryf ek oor my stoof!!!  Die ding maak my ook mos warm onder die kraag (letterlik)!

Elke winter as die mense begin bibber en beef, kap ek hout.  Jip, dis my winter oefening! 

Hierdie is my Dover Fireline stoof wat in my kombuis staan.  Dis hopeloos te warm om hom in die somer te gebruik, maar kom winter, vergeet ek van my elektriese stoof en tree ‘Ouvrou’ in werking. 

Ek moet bieg die eerste paar kere wat ek haar maak brand het, was dit net rookwalms, verstikkend duk wat die hele huis deur getrek het, maar met ‘n bietjie oefening het ek nou haar trick uitgevind. 

Nie alleen is dit my kosmaakplek nie, maar hierdie vroutjie maak ook sommer die hele voorste gedeelte van die huis warm.  Sommer so soort van ‘n ‘two-in-one’.  Ongelukkig het die seël van die oond met die tyd verlore gegaan, so ek kan nie meer in haar bak nie, maar vir rooster en braai, is die oond ook nog eersteklas.  Omdat die stowe nie knopverstellings het nie, is dit ook nogal ‘n storie om die kos nie te laat verbrand nie.  Eintlik is dit heel eenvoudig, verskillende dele van die stoof het verskillende temprature, so jy moet maar net jou potte heen en weer op die stoof skuif.

My blink kastrolle werk nou ook nie op die stoof nie.  Die bakkeliet en plastiek word te warm en brand af of breek.  Maar die gietysterpotte werk sommer eersteklas.

Lekker dag vir julle terwyl ek nou gou-gou ‘n vuurtjie gaan maak…. 


“Smallest Teenager” – Update

2008/04/21

Lyk my ek is nou maar geseënd om kronies met klein dogtertjies deurmekaar te wees.  Volgens wat ek verstaan het hierdie meisietjie – Jyoti Amge – Turnersindroom of dan dwergisme. Dit bly nog steeds hartseer.

 

Danksy Wipneus – hier is ‘n plekkie waar julle meer oor haar kan uitvind : http://www.mahalo.com/Jyoti_Amge

 

 

 

Lekker week vir almal…. 

 

 


Wie sê ek’s te oud?

2008/04/19

Lekker naweek vir almal…


Is dit moontlik?!

2008/04/18

Hospitaal sê dis infeksie – toe is dit ’n baba!

Ek lees hierdie berig http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2307130,00.html en ek wonder by myself, hoe de heng?

Die dame, mev Jenny Gouws, was klaarblyklik in die hospitaal opgeneem omdat sy ‘n blaasinfeksie gehad het.  Wat toe op die einde van die dag ‘n babatjie was wat besig was om gebore te word.  Volgens die berig het sy GLAD nie geweet sy is swanger nie.

Ek wil nou nie hoes, spoeg of skinder nie, maar dit klink vir my ongelooflik vergesog!  Sy is ‘n normale vrou, veertig jaar oud – ‘n relatief goeie ouderdom om nog kinders te hê – sy het al twee volwasse kinders, en sy WEET nie sy is swanger nie?   Ek weet nie van julle nie, maar ek het onmiddelik geweet ek is swanger!  Is so iets moontlik?

Ek sê glad nie ek trek haar woord in twyfel nie, maar jinne.  En dan die personeel by die hospitaal.  As sy blaasinfeksie gehad het, moes hulle seker haar urine getoets het?  Nee genade, hierdie storie slaan my dronk!!!!