Wie?

Hierdie bladsy sal binnekort tewysig word, die inligting is oud, hmmm, baie oud, maar ek moet weereens eers die kamera se kabel soek! So hou goeie moed. 😀

ek-en-kinders

Dis seker tyd vir ‘n ‘update’…

Ek is nog steeds alles wat ek voorheen was, ek bly nou net in Upington – van die plantasies na die Kalahari!  Gelukkig darem die Groen-Kalahari.  Hier voel die sterre en die maan soveel nader en ek kan die melkweg elke aand duidelik sien!  Ouboet is nou al 4 jaar en 6 maande en Poppedyn is 1 jaar en 3 maande.  Hierdie bly nog steeds my platvorm om my sê te sê, my wegkruipplek en my realiteitsinspuiting.  Lekker lees en dankie dat jy kom inloer het!

 

my-star

 

black-white

nic-en-kidnders

 

Ek is net nog ‘n doodgewone vrou wat op ‘n stippeltjie aarde in die plantasieryke Amsterdam in Mpumalanga bly.  Ek het ‘n wonderlike man, Nic (die beste ooit) en twee kinders, John (3) en Cathrine (9 maande).  In ons dorpie is nie ‘n kettingwinkel, ‘n apteek, ‘n Pizzaplek, ‘n Wimpy, KFC of ‘n dokter nie.  Ons het nie ‘n enkele robot of teerstrate nie,(wel hier is twee een in en een deur die dorp), ons kinders speel nog buite, klim boom en bou tonnels in die sand.  Ons leef egter nog na aan mekaar as gesin, eet gesond en kyk bitter min televisie.

Ek is mal oor lees en gesels en natuurlik om my mening te lig!

Hierdie is my platvorm om my sê te sê en (hopelik) kommentaar te kry op my mening, wat ook maar soms verwronge kan wees.

Foto-update   3 Mei 2008

Ouboet is my plaaskind, my dierekind, my dinosaurkind.  Hy is altyd aan die hardloop, speel, spring en galop en klim en klouter. ‘n Bobaas boomklimmer en tou swaaier.  Hy speel ook vir ure lank met sy denkbeeldige maats – Tiger, Piglet, Eeyor en Winnie Poo…  (Hulle moet ook saam met ons eet, ry, vakansie hou ens…)

 

 

Poppedyn is my smile kind!  Sy is ook ongelooflik besig, altyd oppad iewers heen.  Sy ondersoek alles, beproef alles en ja sit nog ALLES in haar mond.   Sy sal ook as ek die aand nie eerste begin neurie om haar aan die slaap te kry nie, sommer self begin sing….

 

44 Responses to Wie?

  1. Vonnie says:

    Haai Piks!

    Jou blik is oulik – dankie dat jy die kosbare inhoud daarvan met ons deel. Ek eet al my koekies op vir julle wat so maklik en oulik julle gedagtes kan uitspreek, terwyl ek sukkel om die bestandele bymekaar te kry! Geniet jou man, jou kroos en jou dorpie. Hier tussen die mynsand is dit maar nog steeds stowwerig.

    Liefde aan almal!

  2. Zee says:

    Pikkelik,

    Jy het die pragtigste twee kleingoed. Ek sien al hoe word Cahtrine opgetooi in al die mooiste pink kleertjies wat mens nou deesdae kry. Ouboet lyk darem maar trots op sy sussie!

  3. Marina says:

    Pikkelik,
    Ek laaik jou blog…..interessant en LEKKER om te lees.
    Gaan defnitief hier kuier!!

  4. Pikkelik says:

    Hi Marina, dankie vir die kuier. Maak maar gerus weer so!!!!

  5. Nico says:

    Ek het so rukkie terug op pad terug van Mosambiek af die detour gevat en Amsterdam deurgery – ek wil ook daar bly!!! Ek dink ‘n mens kan daar nog ‘n mens wees en mens se lewe is eenvoudiger as wat dit is in die Sodom’s en Gomorra’s wat hulle groot stede soos Pretoria noem!

  6. Adrie says:

    Pikkie

    Ek het noudie dag geterg (op Zee se blog) dat ons dalk ‘n gemeenskaplike kennis het. Lyk my ek was reg. Ek het lank naby Amsterdam gebly en ken seker die helfde van Amsterdam. As jy die hele Amsterdam ken . . . Hel, ek kan jou met die hand groet.

  7. mieliepap says:

    Amsterdam ! Hemel nou vat jy my ver terug. Ek was daar op veldskool, vreemd genoeg het die skool gedink dit was ‘n goeie idee om die seuns en dogters saam te laat veldskool !

  8. Johan Swarts says:

    hulle is pragtig🙂

    is amsterdam kleiner as askham?

  9. Pikkelik says:

    Johan, was nog nooit in Askham nie. Amsterdam het egter 2 stopstrate, ‘n Pep, ‘n LewisStores, 2 kafee’s, ‘n Poskantoor, ‘n Polisiestasie, ‘n hotel, ‘n Lodge, een en ‘n halwe vulstasie, ‘n Kroeg, 6 shebeens, 3 drankwinkels, ‘n groentewinkel wat nooit-ooit groente het nie, ‘n veldskool wat nie meer funksioneer nie, ‘n laerskool (doelbewus met kleinletters),3 slaghuise, (Ons laaik ons vleis)en seker so 10 van hierdie winkels wat die Oosterlinge oopmaak wat klere en rubbish verkoop (maar dis ‘n ander storie waaroor ek eendag moet blog) en twee meubelwinkels. In ‘n neutedop die logistiek van Amdam.

  10. mieliepap says:

    Is die huis op die blog-hofie jou huis? Dit lyk lieflik!

  11. Lizet says:

    Pikkelik, ek hou van jou blik. Geniet dit! Ek is nie so goed met die skryf van gedagtes nie. Lees maar ander se blogs.
    Mooi bly

  12. dievark says:

    Ek is mal oor jou blog. Ek sal gereeld hier kom draai!

  13. Pikkelik says:

    Welkom Dievark…. Maak so, ek is seker daar sal so nou en dan ietsie varksigs spesiaal vir jou ook deurkom…

  14. Antie Koekie says:

    pikkie, dis so lekker om te sien hoe jy lyk, en jou pragtige familie. ek sal graag wil weet hoe elkeen van my nuwe blog-vriende ly, is mos maar the eternal earth mother!
    ek stuur later info waaroor ons ge-email het, ok?
    lekker dag!

  15. elanev1 says:

    Jou blog is so oulik, pragtige familie. Poppedyn lyk so pragtig op die foto in die swembad. Geniet jou dag!

  16. Pikkelik says:

    Elane – dink net, een van die dae post jy ook foto’s van daai mannetjie… Ai, die tyd gaan so vinnig verby!!!!

  17. Jo-Ann Schou says:

    Julle is ‘n pragtige familie!

  18. amandzing says:

    jou dorp klink pragtag, wens ek was daar! so lekker stil om te kan skryf

  19. aventer says:

    So…wanneer kan ekke ko inloer vir ‘n koppie tee…ek bly in Piet Retief…

    My swak geheue sê vir my jy lyk baie bekend😉

    Dalk loop ons mekaar eebdag raak by ‘n funksie😀

  20. platkuif says:

    oulik.sal weer kom ‘kyk’.

  21. Die Brein says:

    Jou man lyk vreeslik bekend. Is hy nie van Springs nie?Ons en julle het iets in gemeen my vrou dink ook sy het die moiste en beste man wat daar is bwa ha ha ha…….

  22. Marthie says:

    Pikkewyn, wat n heerlike verrassing! Dit voel of jy langs my sit en gesels. Alle voorspoed met die nuwe besluit en ek weet as jy jou hart op iets gesit het, dan gaan jy voluit.! Met so n pragtige gesindheid kan jy net wen. Lief vir jou en julle bly altyd naby my hart al is julle hoe ver. Liefie xx

  23. Madelein says:

    Hey pikkewyn
    Wil jy weet hoe gaan my ma aan oort jou blog spot?
    As jy luister na Johannesburg in spits verkeer.. Dit klink so iets.. hehe.

    Anyway.. Dis vrek cute. Hoop dit gaan nog voor die wind en dat die kinders jou nie te besig hou terwyl die groot pak wag nie.
    Gee vir elkeen ‘n vet soen en stuur al my liefde..

    Mads:-)

  24. Justme says:

    This is crap, I can’t see what anyone would find interesting… We all have lives, but it doesn’t mean we should share it with everybody!! Why don’t you and all the other nothing-bloggers just grow up and get a live!!!!

  25. Pikkelik says:

    Justme – Thank you for your input, but as you know, you are more than welcome NOT to read my blog… Thank you for your words in any way!! As a afterthought, people leaving a comment with a e-mail adress saying ‘justme@nomail.net’ doesn’t play the game… Do you have something to hide or do you perhaps have a previous problem with me… Please let me know, my e-mail adress is on the blog, maybe we can sort it out? 😉

  26. Pikkelik says:

    Hallo Marthie, ek is bly jy het dit geniet!!! Ja ek mis julle ook… Mads, ons altwee weet mos hoe opgewonde kan jou ma oor iets raak!! 😆 😆 Dankie vir die inloer!

  27. Wipneus! says:

    Justme
    If this is not your cup of tea why do you bother to comment, just leave and carry on with your own life or get one.

    Every blog has got it’s own character. Whatever you want to share with the world you put on your blog. If a blog belongs to somebody and that body wants to share something, who are you to complain? IT’S NOT YOUR BLOG.

    In my opinion your comment was rude and uncalled for.

  28. aventer says:

    Viva Wippie!!!😆

  29. Jenny says:

    Pikkie, sal jy my asseblieftoggie ‘n epossie stuur, ek wil baie baie graag met jou gesels. Ek het op ‘n inskrywing van zee afgekom waar jy gecomment het dat jou kind ADHD het. My seunskind het ADD, maar is nie hiperaktief nie. Ek is al moedeloos gesoek na maniere om hom te help.
    Dankie!

  30. Frans Maritz says:

    Wil jy nie asseblief iet’s skryf oor al die “Free Afrikaanse” musiek wat vanaf my website onder “Independent SA Artists” afgelaai kan word. Al die musiek daaronder is verniet in mp3 formaat. Ons maak geen geld nie ons probeer net die kunstenaars bevorder.

  31. Bruinoog says:

    Ek lees nou die comments hier. Weet jy, my man het ook ADHD, baie beter “beheer” as toe hy ‘n kind was. Maar hy drink nou nog steeds medikasie daarvoor. Ek lei af uit wat sy ma vertel dat dit nogal moeilik was. So, ek wil maar net vir jou sê: “Ek hoop dit gaan goed met julle.”

  32. wipneus says:

    Ag dis te sweet!!!!

  33. jinne maar die pikke kan darem nonsens praat. bly in holland in amsterdam!🙂 se sy, en eet elke dag kaas en pannekoek.
    sy bly in uppington…… hoor.

    ek bly in parys.

  34. Pikkelik says:

    LOL @ Rosa!!!!! 😆 😆 Jaaaaa, Parys langs die Vaalrivier…. Julle weet!!!!! BTW – Slimkop… 😆 😆 /me fluister suutjies agter my hand…. Upington word met net een ‘p’ gespel!!!! 😆 😆 😆 /me koes dat die kaas en pannekoek so staan…..

  35. ooooooooeeeeee POK! ek het te peel ppp’s gehad.

    hoe loop jou klompe in die woestyn? lekker?🙂

  36. Pikkelik says:

    Soos ‘n droom Rosa, ek weet nie meer wat is skurwe voete nie, die sand werk soos skuurpapier!!!! 😆 😆

  37. Huisvrou says:

    My eerste inloer – en ek het lekker gekuier!!
    Jou kinders is pragtig – maar jou hele gesin wys dit – Liefde…

    Mooi loop en seën

  38. Sonkind says:

    Pikkie – is jy nog op facebook? Ek sou jou ook graag wou add🙂

  39. Jou prinsessie is te pragtig vir woorde!Sy gaan nog ‘n paar harte breek met daai blou ogies van haar.

  40. Zee says:

    GvdS, Sy is klaar “reserved” vir Zeethan😆 So ek weet nou nie watter harte sy sal kan breek nie🙂

  41. Pieter says:

    Hi

    Dis lekker om nog ‘n Upington Blogger raak te lees! Ek sal gereeld ‘n draai kom maak!

  42. Pikkelik says:

    Welkom Pieter, ek weet eintlik al laaaaankal van jou! 😆 Ek is mos ‘n Google addict…. Maar nouja, miskien loop ons mekaar nog iewers onderstebo?!!!!

  43. Jo-Mari Stander says:

    Ek mis die stil lewe op Amsterdam die stad se lewe is vir my te besig. Weet nie of jy my kan onthou nie, eks Hannes (van Edulis) se dogter

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: