Boom, bome, plantasies…

Okey Dokey, oor hierdie onderwerp kan ek dae en weke en selfs maande lank skryf.  Vandag gaan ek skryf oor die bome en plantasies in Amsterdam.  Daar is egter so baie om te vertel en so baie om te sê dat ek julle gaan verveel, so ek gaan net so ‘n vinnige oorsig skryf.

Amsterdam se hoof inkomste, werksverskaffing, ek wil amper sê sy lewensaar lê in bosbou.  Denne en Bloekombome beslaan feitlik die hele omgewing.  Op ‘n warm somersdag as jy met ‘n oop venster ry, en jy het ‘n goeie reuksintuig soos ek, kan jy letterlik ruik by watter plantasie jy verbyry…  Nou kan ek liries raak en die verskillende reuke beskryf, maar dan dwaal ek weer van die punt af.

Die bosboubedryf word hoofsaaklik in drie groot maatskappy beheer.  Daar is Komatiland, (voorheen Safcol), Mondi, en Sappi.  Sappi verbou hout vir hoofsaaklik papier en pulp.  Mondi, hoofsaaklik in papier en verpakking en Komatiland Forests se bome word meestal net so verkoop aan handelaars wat dit in planke saag en dan verkoop vir die maak van meubels ens.

Nou gaan ek net gou vir julle bietjie meer van Komatilan Forests vertel omdat ek weereens meer van hulle bedrywighede weet.  Hulle het drie plantasie-eenhede in die Amsterdam opgewing.  Roburnia, Blairmore en Jessievale.  Hulle plant hoofsaaklik net Denne, Bloekom en ‘n klein bietjie Wattle (Jy moet ‘n lisensie hê om Wattle te plant – indringer) bome aan. 

Daar is basies twee soorte denne P.Elliottii en Pinus Patula wat hulle aanplant, daar is egter ook nou ‘n nuwe genarasie spesie – P. elliotti x P. caribaea –  wat baie goed vaar.  Die eerste bome van die nuwe spesie word nou afgekap (na 20 jaar.)  Ja, die dennebome vat ongeveer 20 jaar tot dit afgekap word.

   Pinus Patula se blare lyk so.    ‘n Pinus Patula plantasie

Elliottii – plantasie, ek kon ongelukkig nie ‘n naby foto van die blare kry nie, maar sy blare is sagter en staan tog bietjie meer regop as die Patula sin.  Die Elliottii is ook meer vuurbestand as die Patula.   Die dennebome word gereeld gesnoei, die onderste takke word basies afgesaag op 1.5m, 3m, 5m en soms ook op 7m.  Dit is ‘n harde werk.  Die snoeiers kry elkeen ‘n lang paal met ‘n krom saag bo-aan vasgemaak, waarmee hulle letterlik tak vir tak afsaag.  Hulle word ook per boom betaal, so hoe meer hulle snoei hoe meer geld kry hulle.

Daar is ook verskillende spesies bloekombome wat hulle aanplant – hoofsaaklik Eucalyptus grandis en Eucalyptus Seligna (Gumtree).  Hulle vat min of meer 8 jaar voordat hulle gekap word, en dit word ook as boomstompe verkoop vir die maak van planke vir die houtindustrie.

  Uitgegroeide Bloekombome.

Net buite Amsterdam is daar dan ook ‘n plek Busby-eucalytus oil, wat bloekomolie vir die mark produseer.

Soos ek sê ek kan julle vir dae lank besig hou met hierdie onderwerp.  Ek het nog nie eers by brande, vure en brandslaan uitgekom nie, maar kom ons bêre dit vir ‘n ander dag.

Lekker dag vir julle…

(Bronne is gelink)

29 Responses to Boom, bome, plantasies…

  1. Adrie says:

    Pikkie

    Die dag wanneer jy oor bosbrande wil skryf, mail my. Ek het 1000e foto’s.

  2. Pikkelik says:

    Dankie Adrie, ek gaan jou beslis opvat op daai ene…

  3. Adrie says:

    Pik

    Ek moet dit dalk meer korrek stel, nie die brande nie, maar die skade wat dit los.

    As kinders het ons langs ‘n houtwerf gebly. Daar was die Vrydagmiddag werkers afbetaal en iemand het toe ‘n brand in die houtwerf gestig. Wat al die huise in die straat bedreig het. Die hele straat was vol toeskouers en die huise was met bombers vol skuim gespuit.

    Ons het daardie middag baie lekker gespeel. Die grootmense nie.

  4. Die Wolf says:

    Jy weet nie dalk van ‘n gastehuis / gasteplaas ens. daar by Amsterdam nie?

  5. netjane says:

    Hier’s vir jou ‘n besigheidsgeleentheid Pikkie!😉

  6. Pikkelik says:

    Wolf ek stuur vir jou ‘n e-pos..
    Netjane – regtig?

  7. Mynick says:

    Goed gedoen my vroutjie..

  8. Mynick says:

    my voorstel is, skryf n bundel oor ons dorp ,vra vir peet wessels vir hulp, bemark die blerrie ding ,voer die bleddie uit in engels na china, geld kan soos bossies word vir jou…………

  9. Wipneus! says:

    Ek stem saam Mynick, goed gedoen.
    Ek sien uit na nog van hierdie skrywes.

  10. Pikkelik says:

    Oi my man, ‘n boek. Ek dink jy is bietjie optimisties!!!!

  11. demoerin says:

    Cool, ek like van die posts waar ek ook iets kan leer!

  12. Roer says:

    Wat wou! Ek’s met Mynick. Probeer is die beste geweer.

  13. Suz says:

    Dit is nou ‘n van intresante post. Ons het in Mei met daardie langnaweek met die terug kom van Sodwana af deur Amsterdam na Ermelo gery. Al die plantasies was vir my vreelik mooi. In st8 was ons daar met die veldskool. Word daar nog steeds veldskole gehou?

  14. Pikkelik says:

    Hi Suz, en welkom hier in die blik. Ja jong, ek weet nou nie in watter jaar was in in st8 nie, 😆 , maar hier word nog veldskool gehou, maar NIE soos ons veldskool geken het nie…. :mrgreen:

  15. Suz says:

    Ek sal nou maar my ouderdom verklap, ek was in 1985 daar met die veldskool. Onthou nog hoe ons id veld gelaap het, hindernis baan gedoen en dit was koud en nat gewees daardie week. En dan moet ons natuulik nie vergeet van die lanterin bekuip wat gedoek is nie en die wag staan as daar in die veld geslaap word. Dink darem ek was nog daar gewees toe dit rerig veldskool was.

  16. Pikkelik says:

    Jy is reg Suz, jy was nog in die regte veldskool era daar. Dit was darem lekker tye nè! Lekker om van jou te hoor….

  17. Suz says:

    o gaats, daar is my inskrywing 2 keer. Weetnie wat het gebeur nie.

  18. Pikkelik says:

    Toemaar Suz, klaar reggemaak. Die lyne is maar stadig vandag, ons sukkel almal so!

  19. Rustig says:

    Pik: Toe ek die eerste sin lees van jou pos toe kry ek so 5 sekonde blonde oomblik. Ek lees van plantasies in Amsterdam. Sover ek weet is daar net gragte in Amsterdam. Natuurlik praat jy toe nie van die Nederlandse stad nie. Moes maar lag vir myself.😆

  20. Pikkelik says:

    Rustig, amper lag ek myself van die stoel af. Amsterdam, Mpumalanga, geleë tussen Piet Retief, Ermelo Nerston-grenspos en Carolina… Hier is wel nog waterkanale voor die huise maar gragte – nog nie hier opgemerk nie… 😆 😆

  21. Zoekoe says:

    Haai Pikkelik. Ek is mal oor bome…. maak my siel rustig, en dit werk ook baie goed om braaivleis vuur mee te maak !!!

  22. Pikkelik says:

    Ai Zoekoe, kan jy nou meer…. Die meeste houtskool word van Wattlebome gemaak…. Dat ek dit nou kon vergeet!!!!

  23. maxie says:

    Mal oor jou skrywes Pikkie, alles is so interessant!

  24. maxie says:

    Hoekom het ek so ‘n lelike gesiggie langs my naam?😦 Sal dit help as van naam verander?

  25. Pikkelik says:

    Nee, Maxie, ‘n naamsverandering sal jou nie mooier maak nie… (Ek meen die gesiggie)! Ek het nou almal verander in monsters…. 😆

  26. Tersia says:

    Pragtig! Ek se nog altyd: Geen geld kan ‘n boom koop nie! Dit het net iets anders wat geen ander plant kan he nie!

  27. mykopop says:

    Baie mooi en interessant! As jy genoeg inligting het, hoekom nie ‘n boek skryf nie?

  28. Bosbouer vrou. says:

    Hier sit ek met heimwee. Is getroud met ‘n bosbouer, en hy het toe hy student was Amsterdam plantasie se paaie uit gemeet en help maak. Het ook die boompies daar begin plant. Dit was in die vroeer jaar 70’s. Ek het in die bos wereld groot geword, is met ‘n bosbouer getroud en het op die plantasies gebly en nou sit ek in Noordwes waar alles plat is en geen bome nie. Net lande en stof. Ag, lekker ou dae.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: