The words “I love You”

2008/11/30

Ek het dit vanoggend weer gehoor en was weereens amazed!  Kan nie mooier nie!

The words ‘I love you’

There are those who think that love comes with a lifetime guarantee,
But we know from those around us, that this may not always be,
It’s the simple things that come between a father and a son,
But when they try to talk, the knives are out before they have begun;

Well that was me, and I have seen the light that shines for eternity,
Because I learned to say the words “I love you;”

So many hearts have been broken by the lies of history,
And so many arms are still open for that final mystery;
We must show respect for all the rest, and what a man believes,
And the one who died upon the cross, well he is the one for me,
And he said “Come with me and you will see the light that shines
For eternity, be strong and learn to say the words “I love you;”

And this endless road that we are on just keeps on going round,
But there’s one destination that always is here to be found;

So come with me, and you will see the light that shines for eternity,
Be strong and learn to say the words “I love you,”
Be strong and learn to say the words “I love you,” the words “I love you,”
The words “I love you,” the words “I love you.”

Advertisements

Amen

2008/11/29

Shout to the Lord

My Jesus, My Savior,
Lord, there is none like You;
All of my days
I want to praise
The wonders of Your mighty love.

My comfort, my shelter,
Tower of refuge and strength;
Let every breath, all that I am
Never cease to worship You.

Shout to the Lord, all the earth,
Let us sing
Power and majesty, praise to the King;
Mountains bow down and the seas will roar
At the sound of Your name.
I sing for joy at the work of Your hands,
Forever I’ll love You, forever I’ll stand,
Nothing compares to the promise I have in You.

Shout to the Lord, all the earth,
Let us sing
Power and majesty, praise to the King;
Mountains bow down and the seas will roar
At the sound of Your name.
I sing for joy at the work of Your hands,
Forever I’ll love You, forever I’ll stand,
Nothing compares to the promise I have in You.
Nothing compares to the promise I have
Nothing compares to the promise I have in you


Eendag….

2008/11/27

Eendag lank, laaank gelede in ‘n reënboogland vol probleme en moeilikhede, wat geknel was in ‘n finansieële krisis, wat gebuk gegaan het onder kragonderbrekings, vuil water en baie klein salarisse wat moes betaal vir alles wat daagliks duurder geword het….

Was daar ‘n vrou wat nie vol nonsens was nie….

image0011vrou

 

Maar dit was laaaank gelede en dit was net EEN dag…..

Vandag is ek daardie vrou!!!!   Wanneer ons einde Desember na ‘Lelik’ toe trek sit ons met ‘n vervoerprobleem.  Mynick sal nie 8km grondpad met die Vucka (motorfiets) kan ry nie.  My senuwees sal dit nooit hou nie!   Met ander woorde, wie gaan ry en wie bly by die huis.  Hy begin 7 uur in die oggend te werk en kom nooit voor 7 uur saans tuis nie.  Daar is nie ‘n manier hoe ons almal kan saamry nie.  Verder kan ek ook tog nie daardie tyd van die aand terug ry dorp toe om hom te gaan haal nie.  Poppedyn slaap dan al!

Maar ons Vader was goed en my man het vandag vir my ‘n karretjie gekoop.  Dis nou nie naastenby soos Bib se kar van ‘n ruk terug nie, sommer ‘n regte ‘skorra’!  Ons kan nie ‘n motorpaaiement maandeliks bekostig nie, so wat ons koop moet ons kontant koop!   Weereens het my man my verras….   Kyk net hier….   Hiehiehiehiehie…..                                                          😆

chevy_1300_ls_3d_hatch_bw_south_africa_1978

Ek kry die outjie eers more so dit is sommer ‘n internet foto.  Maar dit is ‘n 1977 Chev Hatch.  ‘n Suid Afrikaans vervaardigde motortjie.   Ek dink nog steeds dis vreeslik oulik, en snaaks en ek dink die ander mense gaan my vreeslik jammer kry omdat ek so ‘n OU karretjie ry, maar ek is in die wolke!   Ons het gekry wat ons nodig het en dit is genoeg.  Ek kan net op my knieë gaan en baie dankie sê.  Ons is geseënd.


Skip van drome!

2008/11/25

 

Elke jaar gaan kersfees gepaard met baie besluite. Waar gaan ons wees, wat gaan ons eet en wie gaan wat kry? Met Jingle Bells in jou ore breek die frustrasie van nog ‘n jaar se kersfeesinkopies aan. Jy en jou vrou is al klaar kwaad vir mekaar nog voor die eerste geskenk gekoop is.

As jy soos ek sukkel met geskenke, lees hierdie verhaal en gee dit vir iemand weg voor dit te laat is!

Waarheen is jou skip van drome oppad?

Sy het bekend gestaan as die skip van drome. Sy was agt honderd en negentig voet lank. Veertien duisend mense het aan haar gebou. Die anker het vyftien en half ton geweeg en is deur twintig perde van die fabriek af tot by die skip getrek. Die binnekant van hierdie skip het tien maande geneem om te voltooi, al te saam ‘n paar mijoen ure se werk aan Louis Quinze, Klassieke Versailles en Victoriaanse versierings, Crown Berger skilderye, Franse kaffees en Turkse baddens om maar net ‘n paar op te noem.  Sy is ook genoem: Die onsinkbare skip en in ‘n koerant van 1912 word berig dat selfs God haar nie kan sink nie.

Maar op Sondagaand 12 April 1912 sink die Titanic binne twee ure en neem 1500 lewens saam na haar watergraf.

Tydens hierdie twee ure het interessante verhale afgespeel.

Daar was te min reddingsbote. Die rykes en vernames het gesorg dat hulle eerste plek kry.

Later het die Kaptein oor sy megafoon afgekondig dat net vrouens met babatjies plek op die reddingsbote mag kry. ‘n Man met ‘n babatjie in sy arms het verby ‘n vrou gehardloop wat nie ‘n kind gehad nie. Vir haar was die afkondiging ‘n doodsvonnis.

Skielik het haar situasie verander toe die man sy kind in haar arms sit en sê: Dit is joune…hardloop vir jou plek op die reddingsboot!

Wat is jou grootste Kersgeskenk?

Ons is almal daarvan bewus dat ons lewensvaart iewers soos die Titanic gaan sink. Ons is ook bewus daarvan dat almal nie in hierdie lewe die reddingsboot van Jesus gaan haal nie.

Met Kersfees kom sit God opnuut weer sy kind in jou arms en sê: Dit is joune… hardloop na my reddingsboot.

Moenie wag tot dit te laat is nie. Wanneer ‘n skip sink word lug uitgeblaas en water ingesuig. Wag jy tot dit te laat is word jy saam ingesuig al spring jy. Die meeste mense wat hulle lewe in die Titanic ramp verloor het, het nie verdrink nie maar verkluim.

Wie wil in koue water ronddobber as Jesus reeds vir jou ‘n plek op sy onsinkbare reddingsboot voorberei het?

Miskien is daar iemand waaroor jy baie bekommerd is of wonder waar hulle wel-vaart hulle aan die einde van nog ‘n jaar gebring het? Miskien sukkel jy ook soos ek om geskenke te koop en wonder wat jy vir die of daai een sal koop hierdie jaar. Ek gee jou toestemming om hierdie kersfees-reddingsverhaal aan te stuur. Stuur dit aan as ‘n geskenk. Sit Jesus in die arms van mense wat oopoë besig is om te sink.

Dit is na alles waaroor Kersfees gaan.

“Sonder Jesus is ‘n vyftien en ‘n half ton anker te lig!”

 Matt.9:13 Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar die sondaars.

 titanic6

(Ek het hierdie gedeelte in ‘n e-pos ontvang en weet ongelukkig nie wie daarvoor moet krediet kry nie.)


Ek is ‘n sneeuman!

2008/11/24

Hier by my gaan dit woes en wild!   Ek probeer baie hard om nie heeltemal waansinnig te raak nie!!!   Rerig!!!  Ek pak, en vee die sweet af, pak en maak huisskoon, pak en gaan bad (om van die sweet ontslae te raak), pak en maak kos, pak en speel met die kinders, pak en gaan bad weer, was wasgoed en gaan bad weer, stryk en gaan bad sommer twee keer…..

Dit was Saterdag 43 grade en gister darem ‘n koeler 41 grade celcius hier by ons!!!!  Ek sal maar moet gewoond raak!!!!   As die nuwe jaar begin het ek darem ‘n plaasdam, dan gaan julle my sien swem met my komieklike lyfie in ‘n swembroek, come what may!!!!

Ok, ek is ‘n sneeuman, (dit klink so verskriklik aanloklik!)   Gaan kyk bietjie hier watse soort kersboom ornament is jy?


You Are a Snowman


Friendly and fun, you enjoy bringing holiday cheer to everyone you know!
What Christmas Ornament Are You?
Lekker week vir julle!

HULPKREET!!!!

2008/11/20

AL JULLE HONDEKENNERS – HELP MY!!!!   

Ek sit met ‘n tamaletjie!  Nee wag, eerder ‘n kougom, want dit hou langer, julle onthou mos vir Roxy en Scooby Doo!   191108-20Nou die twee maak my gek!  En nee, hulle is groot vriende, speel die gras uit, hardloop die wêreld vol, skeur en byt alles stukkend, bemors die wêreld en slaap saam, die ding is hulle wil om de dood nie droë hondepille eet nie!  As ek kookwater opgooi en dit laat afkoel sal hulle dit maar so langtand eet, maar droog – huh-uh – hulle sit nie hulle monde/bekke daaraan nie!  Hulle het al tot vir twee dae sonder kos gebly, totdat my hart dit nie meer kon hou nie en ek maar weer die hele kookwater-episode deur is….

Ek is nou nogal bekommerd want dit kan mos nie goed wees vir hulle tande om net heeltyd sagte kos te eet nie!  My honde kry glad nie oorskietkos nie, net so een maal ‘n week ‘n lekker slaghuisbeen.  Ek was nog nooit in my lewe sonder ‘n hond nie, maar hierdie een het ek nog nooit teëgekom nie.

Groot asseblief, help my!

191108-30

(BTW – hulle het ‘n lieflike mandjie om in te slaap, maar verkies die grond, ek dink hulle kry dalk te warm in die mandjie!)

Lieflike lelik en selfoongoggas!

2008/11/18

Ek het hierdie e-pos vandag in my mandjie gekry en gedink ek deel dit gou met julle. 

Kostes R25 per jaar om julle kinders se selfone te block teen pornografie.  Ek weet ons kinders is onskuldig, maar die elemente kry enige nommer in die hande en kinders kyk, want hulle verstaan nog nie hierdie goed nie.  Ons moet ons kinders beskerm.  Ek het Bronwen al 3 jaar lank hierop en ek weet sy is veilig as dit by haar telefoon kom.  

SMS 41333 en tik dan in “Block en dan die kind se telefoon nommer”.  Die kinders weet ook nie julle doen dit nie, en hulle sms julle elke jaar om die subskripsie te hernu, dit is nogal cool vir ons ouers.  Stuur dit ook aan na al julle vriende en familie wat ook kinders het.  Saam sal ons die duiwel terug stuur na die donker dieptes van die hel!!!!!!!!

Groete

(Natuurlik gaan ek nie die naam hier sit nie!!!!)

Verder is my nuus nogal opwindend!   Ek is alweer besig om te pak!  Ons trek tussen Kersfees en Nuwejaar in Lieflike Lelik in!!!   HEEEEHAAAAA!!!!!  Ongelukkig is ons huis nog nie verkoop nie, maar ons gaan daar huur met die opsie om te koop.  Niemand sal weet wat dit vir my beteken nie!  Uiteindelik kan ek weer in die grond grou, in die veld loop en skree as ek wil – (nog steeds nie te hard nie, ons het darem bure!!!  LOL), maar daar is genoeg plek om AL my meubels uit te pak, om al my bokse uit te pak en te weet dat ek nie weer binnekort hoef te trek nie!!!  Ons gaan nie meer in ‘n tou staan om te PP nie, ook nie om te bad nie!  Daar is vyf toilette, en vier storte, make your pick!!!  En nou is julle almal sommer genooi om te kom kuier in die Groen Kalahari!   Lekker week verder vir julle, ek gaan besig wees!!!