21 Werksdae…

2008/12/28

Nou ja, Telkom is toe baie hulpvaardig toe ek by die regte persoon uitkom.  Nou wonder ek net hoekom kon die eerste een my nie gehelp het nie en hoekom moes dit 16 oproepe vat voordat ek ordentlik gehelp is.   Maar dit daargelaat, die feit van die saak is dat my hele rekening net so oorgeplaas kan word.  Ek behou my telefoon nommer en my e-pos adres, MAAR dit sal tot 21 werksdae neem om die hele gedoente afgehandel te kry.

Ek sal maar nie kla nie, ek is tog net te dankbaar vir my lyn.

So vir nou, gedra julle, wees goed vir mekaar, ek hang julle met ‘n voëltjiederm aan die naaste boom op as julle baklei.  Deel baaaaie drukkies uit.  Wees verdraagsaam.  Wees ordentlik en ek hoop julle mis my vreeslik baie, want ek gaan na julle verlang.  EN die heel belangrikste, moet asseblief nie julle bloggies delete nie.   Dis so ‘n wrede ding om te doen….

Words

Smile an everlasting smile, a smile can bring you
Near to me.
Dont ever let me find you down, cause that would
Bring a tear to me.
This world has lost its glory, lets start a brand
New story now, my love.
Right now, therell be no other time and I can show
You how, my love.

Talk in everlasting words, and dedicate them all to
Me.
And I will give you all my life, Im here if you
Should call to me.
You think that I dont even mean a single word i
Say.
Its only words, and words are all I have, to take
Your heart away

353592ojnt7v6td1

Advertisements

O die ‘pyn’!

2008/12/27

Ek is ernstig, besig om in te pak, alles kry ‘n plek in ‘n boks…   of dit wil of nie, en of dit pas of nie, in moet dit in ‘n boks…  So ek moet bieg die kinders is ietwat aan hulself oorgelaat, en dis nou net hier waar die spreekwoordelike, pawpaw toe die fan strike!

Dis doodstil in die huis, daardie stil wat elke ouer weet voorspel groooot marakas…  Ek soek vir Poppedyn want ek weet nou al sy het die gawe om vir groot moeilikheid te sorg.  My grootste vrees met haar is dat sy iets giftigs sal drink, want dis asof sy nie werklik omgee vir smaak nie.  Sy het selfs die anderdag haarself gehelp aan kookolie….

En ek kry haar toe, gelukkig nie ‘gedrink’ nie maar mens sou kon dink sy was in die oorlog!!!

171208-021

Die klein merrie het ‘n pak pleisters aan die hande gekry en het geplak en geplak en geplak…

171208-05

Kyk mamma, hier ‘seeeee’!

171208-07

Wel wat kan ek sê – Sy is merkwaardig selfstandig….                                😆


Dans, dans, dans….

2008/12/26

‘n Kalkoen vir Kersfees…

2008/12/24

Drie jaar gelede, dag en datum besluit ek toe om ‘n kalkoen gaar te maak.   Skoonfamilie kom oor vir Kersete en ek moet uithaal en wys.  Mynick het agt broers en susters, maar gelukkig was daar net drie met hulle families wat oorgekom het.   Nou vir die van julle wat my beter ken sal dit nou nie vreeslik snaaks wees nie, want julle wèèt ek kan nie eers water kook sonder om dit te verbrand nie.

Maar so gaan die storie…  Ons bly in Amsterdam waar niks in ‘n ry staan om te gebeur.  So bel ek toe vir Hardus ons ‘local’ slagter en ‘demand’ ‘n kalkoen.  Hy lag my te heerlik uit en sê dat die bestellings al lankal almal uit is en daar is niks beskikbaar nie.  Gelukkig is dit toe nou so dat Connie – sy vrou – juis moet ingaan Ermelo toe en dan sommer vir my ‘n kalkoen sal saambring.1303272l6rgs8nqnr

Ek sit met sterretjies in my oë en droom drome van die heerlike goudbruin kalkoen wat ek gaan gaarmaak.  Sy pootjies mooi opgebind en met daai fênsie kappiekies op die punte.   Een uur die middag bring Connie my kalkoen, ‘n lieflike grote – 5.2kg net soos ek bestel het, en ek is in my Pikkie-hemel…

103666yct142nkgd

Die voorbereiding begin, ek was vir ou kalkoentjie met ‘n vaart, maar dit gaan bietjie moeilik want hy pas nou nie rerig in ‘n skottel nie, so wasbak skrop is die inding.   En ek skrop vir hom te mooi.  Daar is nie ‘n veertjie of ‘n donsie in sig toe ek klaar is nie.  Toe die vulsel…  Maalvleis, tiemie, grasuie, pietersielie en ‘n tikkie rooipeper vir skop.   Die druk ek toe nou in sy watsenaam in en werk die nek en watsenaam gedeelte met ‘n stuk tou vas.  Ek sout en spice toe nou ook vir Kalie vir ‘n vale…  Mens wil darem nie ‘n vars kalkoen aandurf nie.

Die goue stroop en suurlemoensap staan gereed om hom so ‘n lagie oor te verf as hy nou so halfpad gaar is, net vir daai mooi ‘blink-goue’ kleur.

Daar haak ek toe bietjie vas, want nou weet ek ook nie hoe lank ‘n mens ‘n kalkoen in die oond moet druk nie.  Ek bel toe vir buurvrou wat vir my sê sy het nog nooit kalkoen gaargemaak nie, maar sy weet diè ding is taai en moet maar lank teen ‘n lae hitte gaargemaak word.

So gesê, so gedoen.  Ek besluit toe om die outjie oornag in die oond te laat gaarword, dat hy nou lekker sag en sappig is.  Agtuur gaan hy toe oond toe en kort daarna gaan ek bed toe….

112548tbdyv5klr7

Kersoggend….   Die huis is gevul met die heerlikste geur….  Dit ruik rerig lekker en ek trippel op ‘n wolkie kombuis toe.  Ek haal die pan uit die oond uit en daar lê my kalkoen…  Fyn en flenters, uitmekaar gaar….  Die hele pan vol…

Wel wat kan ek sê – die kalkoen het nie ‘n goudbruin kleur gehad nie, sy bene was niè opgebind nie, daar was niè kappiekies op die pootjies nie, maar hy was wragtig lekker….  Al was hy die hele pan vol…

Vir oulaas voor hierdie Kersfees nou uiteindelik sy opwagting maak, hier is ‘n ietsie vir julle…

Cherish His Christmas
©2004, Roger J. Robicheau

Christmas brings such a time of love
Each tender heart holds so much of

Unselfishness thrives, trust is strong
The purpose to give, send love along

A time of pleasantries, patience too
Good wishes to all, all feelings true

Thankfulness follows each fine deed
Gifts from our God, never from greed

Great the rewards that joy does bring
Like the beauty in hearing angels sing

We pray for our loved, each so dear
Especially those who can’t be near

Many leave home to bravely serve
All freedoms we have, they preserve

Do pray for our troops, as we should
And their families too, if you would

Give thanks to our Lord, His only Son
And cherish His Christmas, everyone

691863e3yw4mjtiq

(Vir die wat nog nie by BB gelees het nie, kliek op die prentjie en gaan lees…  Dit is die rerige erig…)

GESEëNDE KERSFEES VIR JULLE ALMAL…

Al my liefde


Pikkie


Liewe vrou…

2008/12/23

When God created woman he was working late on the 6th day

An angel came by and said: “Why spend so much time on that one?”

And the Lord answered:
“Have you seen all the specifications I have to meet to shape her ?”

“She must be washable, but not made of plastic, have more than 200 moving parts which all must be replaceable and she must function on all kinds of food, she must be able to embrace several kids at the same time, give a hug that can heal anything from a bruised knee to a broken heart and she must do all this with only two hands”.

The angel was impressed.

“Just two hands….impossible!”

And this is the standard model?!

“Too much work for one day….wait until tomorrow and then complete her”.

“I will not”, said the Lord. “I am so close to complete this creation, which will be the favourite of my heart”.

“She cures herself when sick and she can work 18 hours a day”.

The angel came nearer and touched the woman.

“But you have made her so soft, Lord”

“She is soft”, said the Lord, “But I have also made her strong. You can’t imagine what she can endure and overcome.”

“Can she think?” the angel asked.

The Lord answered:

“Not only can she think, she can reason and negotiate.”

The angel touched the womans cheek….
“Lord, it seems this creation is leaking! You have put too many burdens on her.”

“She is not leaking….it’s a tear” the lord corrected the angel

“What’s it for?” asked the angel.

And the Lord said:

“Tears are her way of expressing grief, her doubts,  her love, her loneliness, her suffering and her pride.”

This made a big impression on the angel; “Lord, you are genius.

You thought of everything. The woman is indeed marvellous!”

Indeed she is!

Woman has strengths that amazes man. She can handle trouble and carry heavy burdens.

She holds happiness, love and opinions.

She smiles when feeling like screaming.

She sings when she feels like crying, crys when she is happy and laughs when she is afraid.

She fights for what she belives in.

Stand up against injustice.

She doesn’t take “no” for an answer, when she can see a better solution. She gives herself so her family can thrive. She takes her friend to the doctor if she is afraid.

Her love is unconditional.

She cries when her kids are victorious. She is happy when her friends do well.

She is glad when she hears of a birth or a wedding.

Her heart is broken when a next of kin or friend dies.

But she finds the strength to get on with life.

She knows that a kiss and a hug can heal a broken heart.

There is only one thing wrong with her……

She forgets what she is worth…

1508984ymoaere6fn


XYZ – Jy is ‘n doring!!!!

2008/12/23

XYZ het vir my ‘n link gegee om te kyk of die nuwe lyn DSL kan vat, en sowaar, as Telkom se werfie reg is, is dit ‘home James’ vir Pikkie!!!

Kyk hier!

dslHulle opmerking – The exchange supports ADSL…  (Natuurlik het ek die nommer uitgeblank, sjoe, wat het julle gedink?!!!!!)  hiehiehie…

So vir nou gaan ek maar weer op die foontjie spring en kyk wat ek uit die moeg geploegte werkers, wat almal in die Krismis spirit is en nie kan kleinkry hoekom HULLE nou eintlik moet werk nie, by Telkom uitkry.

Hier is vir julle iets om oor na te dink terwyl ek sulk… ek het gisteraand gehoor Mynick werk vanaand en more aand tot 11 uur.  Verdomp dis mos Oukersaand…   Aijaijai…


Opsies???

2008/12/22

Ek het nounet uitgevind die area waarheen ons trek het nog nie DSL lyne nie… Ek sluk sommer ‘n ontwurmingspil… Enige voorstelle?? Ek is ernstig, julle daar buite, help my, wat sal my volgende stap nou wees, sonder dat ek my oretjies van my kop af betaal???