Elke week se langnaweek…

2009/03/31

Met die dat ek nie Maandae werk nie voel dit nou mos vir my of ek elke week ‘n langnaweek het!   Eish!!!   Ander sal nou dink dis die lewe maar my brein wil nie so lekker inskop met hierdie affêre nie!!!   Elke Vrydag sien ek uit na die naweek.  Kan nie wag om tuis te kom nie, en teen Saterdagaand as Mynick by die huis kom is ek poegaai  ‘naweek’  gehou!   Maar dan sien ek darem uit na ‘n Sondag wat ons gesinsdag is.   Almal tuis, almal ontspanne (soortvan)  ‘n lekker ete en verder rustig wees…..    En dan kom Maandag en soos ek deur die huis en tuin loop beleef ek die chaos!!!

Maria!!!!!   Wanneer laas het jy die kaste politoer gegee!!!    Maria!!!!!   Kyk hoe lyk die stort in die kinders se badkamer!!!   Maria!!!!   Stofsuig jy dan nooit onder die beddens nie!!!   Ouboet!!!!!   Nee kriesel man, tel op hierdie speelgoed!!!    Poppedyn!!!!!    Moenie die koeldrank uit die beker suig en dan op die hond uitspoeg nie!!!!     Bêrend!!!!!   Wat hang jy dan weer vanoggend so op die graaf!!!   Bêrend!!!!   Ek kan nie naby jou kom nie, jy ruik die ene gefermenteerde wyn!!!  En so kan ek aanhou en aanhou en aanhou!!!

So kom dit toe gister dat Maria haar stert vir my in ‘n krul in wip oor die stof onder die glasblad van die spieëlkas!!!   Sy het dan nou nie geweet sy moet daar ook skoonmaak nie en om als te kroon kom Bêrend al sylende by die werk aan…  So dronk soos ‘n afkophoender!   En Maandae is ons waterpomp dae….   Omdat ons uit die kanaal uit water kry en ons met 4 ander huise deel, kan ons net Maandae en Donderdae die pomp gebruik…  En as ons nie ons damme en tenks kan vol pomp nie het ons nie water nie!!!

Nou ja ek suiker toe af met Poppedyn op die rug en Ouboet aan die hand kanaal toe…  ‘Start’ die pomp, loop die 800  meter terug huistoe en maak krane oop en toe soos ek aangaan…   Die pad is vol dorings en ‘n pendoring steek dwarsdeur Ouboet se hardloopskoen tot binne in sy hak…  Dit is nog ongeveer 400 meter huis toe.  Besluite, besluite….   Kan nie vir Popsie daar los en eers vir Ouboet huistoe vat nie…  Kan ook nie vir Popsie huistoe vat en dan vir Ouboet kom haal nie want die kind is in pyn en om by die huis te kom is nog ‘n paar draaie en hy gaan my dan nie meer sien nie…  so kom dit toe dat Ouboet op my rug klim en Poppedyn aan my voorkant land soos ‘n apie en ek al kreunend en steunend die pad opbeur met my 35kg las!   Tuis, slaan ek soos ‘n os op die bank neer om eers weer asem te kry terwyl Ouboet NOG onverpoos grens oor sy seer voet en Poppedyn soos ‘n 7 single wat vashak:  Perdjie hy, Perdjie hy!!!!!

Om alles te kroon stuur ek toe mos vir Maria om net die 20 liter emmer met die steriliseerder in die huisdam te gaan gooi en haar voet hak vas en sy struikel…  Sy het nie seer gekry nie, maar R23,50 is in hulle maai in….

Ek was vanoggend sooooo bly dit is Dinsdag….

9mrt09-276More meer hieroor en …

monopoly_boardhieroor….                       😈

Moenie skrik as dinge vinnig verander en vreeslik vreemd voorkom nie!!!   Die Blik is besig om ‘n Bakkies-plakkie te ondergaan….

Advertisements

Nie ‘n oomblik te vroeg nie!

2009/03/27

Hierdie naweek kon werklik nie nader gewees het nie! En nou gaan dit nie eers ‘n behoorlike naweek wees nie, want Ouboet het ontpop in ‘n ongelooflike sosiale wese en het hierdie naweek drie partytjies om by te woon!   Vanmiddag een, een more oggend en een more middag.  Ek glo nie hy besef wat dit sy mamma kos nie, maar dit daar gelaat!

‘n Heerlike naweek vir julle almal en ons praat weer Dinsdag…  (ek het mos elke naweek ‘n langnaweek!!! )                      😈

In Your Eyes

Some people fall in love

In rooms that are so dark.

They can’t see where they are going

And they lose their hearts.

But when I saw your face,

It was a light so strong!

I could feel a long night coming on…!
In your eyes…!

In your eyes…!
And I saw driving down to the river;

Laughing in the rain;

Dancing out in the moonlight;

Papers in bed!

And I saw your delights as a lover

Until the break of day!

And oh… every time I look

It’s you and me together… in your eyes.
Some people say that time changes everything.

With love there’s no way of knowing

What the world may bring.

But I don’t mind at all, because it’s you and me!

And all I’ve ever wanted, I can see…
In your eyes…!

In your eyes…!
And we are driving down to the river;

Laughing in the rain;

Dancing out in the moonlight;

Papers in bed.

And I feel your delights as a lover

Until the break of day!

Oh and every time I look

It’s you and me together in your eyes!
In your eyes…!

In your eyes…!
And I feel your delights as a lover

Until the break of day!

And oh every time I look

It’s you and me forever… in your eyes!
In your eyes…!

In your eyes…!
Driving down to the river…

Your delights as a lover…

Dancing out in the moonlight…

PS:    Mefri???   Is jy nog iewers daar buite???  Ek mis jou jong!!  Gooi maar net ‘n ou spoegie hierdie kant toe ook dat ek darem weet jy is nog orraait???

Will you speak Inglish???

2009/03/26

Kyk ek het geen probleem daarmee om Engels te praat nie. Ek is trots Afrikaans, maar as ek myself wil duidelik maak, sal ek Afrikaans, Engels of Zoeloe praat, make your pick!!! Maar, en hier is die groot maar, ek kannie Duits, Koreaans, Portugees, Russies of Italiaans praat nie en ek WEET dit!  Hoekom sal ek dan nou een van daardie tale wil praat as ek om de dood weet ek gaan myself nie verstaanbaar kan maak nie???

Almal weet nou-al ek werk by ‘n vee-arts winkel…  Nie by die diere oppas en gesond maak gedeelte nie…  (bless my soul!)  by die kos, voer, entstof, medisyne gedeelte.  Nou kyk, in Upington praat ALMAL Afrikaans.   Dis selde ooit of amper nooit dat mens iemand ‘n ander taal hoor praat, en as iemand Engels of iets praat, kyk die boere anties so oor hulle neuse vir mekaar met daai “Uitlanders” kyk….

Sal hier nou vanoggend ‘n vrou my bel.  Ek raak sommer weer so vieserig aan die giggel as ek net daaraan dink!!!       😆

Naam van besigheid’  Goeie more, Pikkie wat praat…. – Sê ek toe ewe ordentlik…

Good morning, will you help me? I not know Afrikaans??? (Met daai aksent???   Moontlik kan ek, maar of ek wil is ‘n ander saak dink ek toe so in my enigheid)

Sure, what can I do for you?

I need the give for the mouses…..

(Dis nou hier waar Pikkie bietjie verboureerd raak….)  Pardon, can you please repeat that?

I say, I need the give for the mouses!!!!!

Skielik gaan daar vir my ‘n liggie aan…  of so dink ek!                                        😈

Did you say you need to give some medicine to your mice?

NO, no, not mice…  many mouses…

You need to give some medicine to ‘many mouses’ then, how many ‘mouses’?

Lots and lots, the mouses is everyplace, in the zink, in the hangkas, in the bed….

Dit is toe nou net hier waar ek so ‘n bietjie my cool verloor en toe sommer in elke dag se Afrikaans vra?

Wil jy medisyne vir jou muise hê wat die hele huis vol is?  Is die muise dan siek?

No not sick, everyplace….  Me want to kill them!!!

My eerste gedagtes sal ek nie uittik nie….

Wil jy gif hê om die muise mee dood te maak?????

Yes, I said the give for the mouses….

mice

Nou ja, die dame is toe gehelp met die ‘give’ vir haar ‘mouses’…  O help my…..


Drie plae

2009/03/25

flies_bigVlieë….

gnatMuggies…..

aen1bfMuskiete….

As ons nie nog doodgaan van een of ander onbehoorlike siekte wat die gedroggies aandra nie, gaan ons onsself nog doodslaan…..


Oorlewing van die sterkstes…

2009/03/24

So ‘n paar dae gelede het Boendoe by my kommentaar gelos. Ek haal ‘n gedeelte daaruit aan: “Ek weet die ‘delete’-knoppie is nie nou ter sprake nie, maar vir my, persoonlik, beteken dit die wereld om te lees van ‘n ma wat met TWEE woelwatertjies moet…cope…klink ook nie na die regte woord nie, maar hopelik weet jy wat ek bedoel.”

En nou wil ek graag hierop antwoord. Sy het my behoorlik aan die dink gesit met hierdie een sinnetjie. ‘Cope’ – Ja beslis die regte woord! Oorleef! Wat ek nou gaan sê gaan ek sê met soveel liefde en versigtigheid, want ek weet ek gee myself nou weer uit vir ‘n toffie… Ek gaan gekou word….

1301833h56mtev2hm1

Ek het my kinders bitter baie lief. Hulle is my lewe. Hulle is my opstaan en my gaan slaap. Maar EK weet wel dat ek net cope! Ek is nie altyd die mamma wat ek graag wil wees nie, nee jitte, dis ‘n leun, ek is selde die mamma wat ek graag wil wees. Ek is nie meer ‘n jong meisie wat alles in my stride vat nie. Ek het nie meer die eindelose bonnels energie wat ek 10 of 20 jaar gelede (wat ‘n goeie kinderbaar tyd vir my sou wees…) gehad het nie. Ek het nie meer altyd die lus om vir ure aaneen op die mat met Lego te speel nie, ek het nie altyd meer die stamina om vir ‘n middag lank ‘n popwaentjie wat letterlik 50cm hoog is rond te stoot nie!

Dit gaan nie meer so maklik om tot bo op die jungle gym te kom en my boude dan in die glyplank in te pas nie. 😆
Ek twyfel of die swaai se toue nog sterk genoeg is om my gewig te dra en as ek op die trampolien spring voel dit vir my of my voete tot op die grond afsak…. Dit is nie vir my lekker om nounog 4 of 5 keer ‘n nag op te staan om te hoor waaroor die kinders huil nie, en meer nog, dit is wragtig nie vir my lekker om agter hulle skoon te maak as hulle siek was nie. Dis nie vir my lekker as hulle soos kat en hond baklei vandat hulle ogies oopgaan totdat dit weer toegaan nie. Sien, hulle het altwee baie sterk persoonlikhede en waar Poppedyn nou haar plek in die hierargie wil vestig is Ouboet nie van plan om een millimeter terug te staan nie.

Ja, ek is kwaai, ek raas en baklei, en slaan soms hulle boude aan die brand en dit is ook nie vir my lekker nie. Soms voel dit of ek hulle teen die muur kan vasspyker en ‘n goue raam kan omsit! En as ek aan die toekoms dink kry ek kou rillings. Ander vroue van my ouderdom maak reg vir kinders op universiteit, ander gaan binnekort ouma word, ander se lewens is gesettle, en myne????

Alles en alles…. Ja, ek cope maar net. Ek doen maar net die beste wat ek kan doen en bid vuriglik dat die Here in Sy groot genade sal help dat my kinders die beste volwassenes sal wees wat hulle kan wees. Dat hulle ten spyte van my as Ma, tot ‘n mate gebalanseerde grootmense sal wees. Wat meer kan ek doen… Het iemand dalk vir my raad???

520545y9rr4uvp1z

Maar as ek moet terugsit en alles oorweeg, is my kinders nog steeds my grootste vreugde en plesier in die lewe en kan ek nie my lewe sonder hulle voorstel nie.  Ek wil hulle nie anders hê nie, ek wil hulle nie ouer hê nie, en ek wil op ‘n punt kom waar ek hulle elke sekonde van my lewe geniet…


History Mystery

2009/03/20

History Mystery

Have a history teacher explain this—– if they can.

Abraham Lincoln was elected to Congress in 1846. abraham-lincoln-6251
John F. Kennedy was elected to Congress in 1946.

Abraham Lincoln was elected President in 1860.
John F. Kennedy was elected President in 1960.

Both were particularly concerned with civil rights.
Both wives lost their children while living in the White House.

Both Presidents were shot on a Friday.
Both Presidents were shot in the head

Now it gets really weird.

Lincoln ‘s secretary was named Kennedy. john_f_kennedy
Kennedy’s Secretary was named Lincoln .

Both were assassinated by Southerners.
Both were succeeded by Southerners named Johnson.

Andrew Johnson, who succeeded Lincoln, was born in 1808.
Lyndon Johnson, who succeeded Kennedy, was born in 1908.

John Wilkes Booth, who assassinated Lincoln, was born in 1839.

Lee Harvey Oswald, who assassinated Kennedy, was born in 1939.

Both assassins were known by their three names.
Both names are composed of fifteen letters.

Now hang on to your seat.
Lincoln was shot at the theater named ‘Ford’. Kennedy was shot in a car
called ‘ Lincoln ‘ made by ‘Ford’.

Lincoln was shot in a theater and his assassin ran and hid in a warehouse.
Kennedy was shot from a warehouse and his assassin ran and hid in a theater.

Booth and Oswald were assassinated before their trials.

And here’s the kicker…
A week before Lincoln was shot, he was in Monroe , Maryland
A week before Kennedy was shot, he was with Marilyn Monroe.

WHO FIGURED THIS OUT?
INCREDIBLE
1) Fold a NEW $20 bill in half…

2) Fold again, taking care to fold it exactly as below

3) Fold the other end, exactly as before

4) Now, simply turn it over…

What a coincidence! A simple geometric fold creates a catastrophic
premonition printed on all $20 bills!!!
COINCIDENCE?
YOU DECIDE

As if that wasn’t enough…
Here is what you’ve seen…
Firstly The Pentagon on fire…

Then The Twin Towers.

..And now .. look at this!

TRIPLE COINCIDENCE ON A SIMPLE $20 BILL
Disaster (Pentagon)
Disaster ( Twin Towers )
Disaster (Osama)???

It gets even better 9 + 11 = $20!

Creepy huh?
Hey, this is one history lesson most people probably will
not mind reading!

Hierdie het ek nie self uitgedink nie!!!! 😆

Spoeg en plak vanaf my e-pos mandjie!


2009/03/19