Die tag waarin ek nie getag is nie!

Nie dat ek enigiemand kwalik neem nie, goeiste ek is dan amper nooit meer hier nie!  :roll:    Maar vir die wis en die onwis gaan ek ook hier my letsels lys want ek kan amper nie glo dat ander so min het nie! 😆

Ek sal dit maar in volgorde lys vanaf my geboorte tot met vandag:

Op 18 maande val ek in ‘n leë plaasdam in en kry ‘n hou op die kop, nege steke so in die middel rond.  Dit maak dit vandag nog moeilik om ‘n ordentlike kapsel te hê as gevolg van die kroontjies wat ontstaan het.

Op 3 jaag ek met my motorbike binne in die motorhuis deur vas en besorg myself ‘n pragtige 9 steke links bokant my oog waar die haarlyn begin.  COOL

Op 7 is ek te haastig om vir my broer te wag om sy hande klaar te was en duik sommer oor die bad om die seepbakkie by te kom.  Ongelukkig gly my voet op ‘n los matjie en ek verower 12 steke onder my ken!

Op 10 val ek uit die peerboom uit en breek my linker arm.

Op 12 het ek my eerste operasie – liesbreuk – wat toe ietwat skeefloop en die gevolg het dat ek nooit ‘n ‘ietsie bietsie bikini’ kan dra nie.

Dan volg daar ‘n stil tydperk in my lewe.   Eers weer in Matriek op ons ‘40 days’ verloor ek my balans en val agter van ‘n bakkie af.  Weereens ‘n klomp steke op my agterkop!  Dat ek enigsins nog hare het is ‘n wonderwerk!

Dan genadiglik is daar weer stilte – tot my twee keisers!  Come to think of it, met die skryf hiervan begin ek al hoe meer besef my kinders aard beslis na my! 😀

Maar al die uiterlike letsels is eintlik maar net kosmeties.   Dis die innerlike letsels wat niemand sien nie, wat mens maak wie en wat jy is.  En dan is dit natuurlik ook jou keuse hoe jy anderkant gaan uitkom, gaan jy verdrink in jou sorge, jou selfbejammering, jou bitterheid en haat – of – gaan jy sterker word, opstaan, aangaan, elke dag ‘n silly smile op jou bakkies plak en die wêreld vierkantig in die oë kyk??

Interessante een hierdie!

Almal wat nog nie getag is nie, wel, julle is nou getag!

5 Responses to Die tag waarin ek nie getag is nie!

  1. Xena Phoenix says:

    🙄

    Verskoon my – ek het jou persoonlik getag.

    http://herriemerrie.wordpress.com/2011/07/16/littekens/ Dit moes op jou engel post deur gekom het.

  2. Pikkelik says:

    Maar dit het nie!!!! Maar nou is my huiswerk mos gedoen! 🙄 Hehehehe!

  3. klippie says:

    Dit klink my jy het jou ma grys hare gegee.

  4. turksvy says:

    Genade, Pik, al daardie kop-injuries verklaar nou baie dinge! :mrgreen:
    Ek’s net bly jy was nie MY kind nie. Ek sou die grys hare op ‘n daaglikse basis moes kleur. 😆

  5. Pikkelik says:

    LOL – My Ma het goeie gene ge-erf… sy het minder grys hare as ek!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: