‘n Nuwe Era

Met die dat ons huis ons ‘n fortuin gekos het om te herstel, en die skuldige party sy skouers optrek en weier om te betaal betree ek in hierdie nuwe jaar alweer ‘n nuwe fase in my lewe.   Ek sal eenvoudig nou maar voldag moet inspring en werk.  Maar nou sit ek met ‘n krisis van epidermiese proporsie, ons dorp het nie so iets soos naskool nie.  Dit bestaan eenvoudig nie.

Maar soos dinge nou maar gebeur, het die uitkoms alweer naby gesit.  Tydens die vakansie het ek ‘n blanke dame gehad wat drie dae ‘n week my kinders by die huis kom oppas het, nadat sy haar werk by die kleuterskool verloor het toe diè by die laerskool ingeskakel het.   Dit was werklik net te swaar vir my mamma-hart om hulle elke dag saam te neem werk toe.  Die drie dae het toe einde ten laas vier dae geword.  Sy is so wonderlik met die kinders, hulle verf, ryg krale in, maak kaartjies, bak koekies….   Ek voel skoon skuldig.

Maar die dame loseer tans by familie, en op 36 is dit ook nie altyd ‘n goeie ding nie.  Maar heelaas sy het nie werk nie, en die vooruitsigte van werk in Amdam is ook 0 %. Toe gaan sit ek en dink, en na baie gebede het ek met ‘n oplossing gekom wat ons albei soos ‘n handskoen pas.  Ons tweede huis staan leeg.  Met ander woorde ek het vir haar blyplek.  Ek het my bediende laat gaan, wat my nie een enkele traan laat pik het nie, want sowaar – ek was naby aan aanranding.  Met die samevoeging van die ‘huurgeld’ van die huis, my bediende se salaris, gratis water en ligte en ‘n klein bietjie ekstra kon ek dit regkry om haar as voltydse huishoudster en ‘nanny’ aan te stel.

Ander mense kan moontlik hulle neuse optrek, my uitkryt en slegsê, maar werk was vir my nog altyd edel.  Of jy nou strate vee, of boeke doen, toilette skoonmaak of ‘n land regeer, werk is werk.  Ek gaan wel nog iemand kry wat een maal ‘n week vir my gaan kom stryk, maar ek is vir die eerste keer in ‘n baaaaie lang ruk ontslae van ‘n berg stres.

Ek weet my kinders is behoorlik versorg.

Nou bid en vertrou ek net dat hierdie nuwe era goed sal verloop.

Tot volgende keer,

 

Pikkie

xxxx

9 Responses to ‘n Nuwe Era

  1. Son says:

    Pikkie, jy ROCK! As daar maar meer mense soos jy was. Ek het ook grootgeword met die volgende in my ingedril, saam met my mieliepap: “GEEN werk is ‘n skande nie. Al vee jy die strate, al maak jy tee, al skrop jy toilette – jy doen dit met trots en na die beste van jou vermoeens.”

    Ek is seker daardie dame is oor jou pad gestuur en jy oor hare. Hoop alles werk reg uit vir julle almal 🙂

  2. NetJane says:

    Om ‘n werk en ‘n doel te hê sorg vir menswaardigheid. Ek’s bly dinge begin (uiteindelik!?) in plek val vir julle.

  3. attie says:

    Ek dink ook dit gaan wondere doen vir haar mnswaardigheid. Jy doen ‘n mooi ding.

  4. turksvy says:

    Ai ja, ek weet van worry oor kinders! Hoop dit werk goed uit vir julle, Pik. En voorspoedige 2012! 😉

  5. sonneblomseplekkie says:

    En toe slaan jy 2 vliee met een slag! Goed vir jou. Hoop alles werk mooi uit vir julle 😉

    Groetetjies
    Sonneblom

  6. Xena Phoenix says:

    Ek sal maar die drol in die drinkwater wees, maar ek hoop regtig julle het die storie mooi deurdink. Dit is helaas baie makliker om iemand te laat in as uit te laat trek. Het julle darem ‘n kontrak opgetrek wat die bepalings en goed uitspel?

  7. Pikkelik says:

    Dankie almal, ek wou seker maar net bietjie aanmoediging gehad het. Maar tot dusver werk dit BAIE goed uit.

  8. Ek dink dis cool! Dis ‘n win-win vir almal, maar moet maar soos enige ding bestuur word. Ons is almal menslik en dis amper gewaarborg dat daar tog maar hier en daar probleempies sal opduik. ‘n Goeie attitude en oop kommunikasie het egter al menige probleme ‘n nekslag toegedien. Baie sterkte en alle sukses!

Leave a comment