John word 7!

My grootseun word vandag sewe jaar oud.  ‘n Nuwe mylpaal, en al ek terugdink aan die pad wat hy noodgedwonge moes stap en die ‘smooth’ manier hoe hy daardeur gekom het, swel my hart van trots.

My kind is soos sy ouers.  ‘n Amsterdammer in murg en been.  Hy is gemaak om in die bome en berge rond te klim en klouter.  Hy is gemaak om alles met oorgawe te doen.  As hy praat voel hy beter as hy vinnig praat.  Hy is op sy gelukkigste as hy op die hoogste volume kan skree!  Hy wil hardloop want bene is nie gemaak om te loop nie, hy kannie sit nie (behalwe as hy kan teken, verf, met klei kan speel of ‘n nuwe projek kan aanpak).  Hy sit selfs nie eers stil as hy DVD’s kyk nie, hy moet elke trick en move wat hy sien naboots.

Maar hy is ook die sagste kind met die meeste empatie wat ek nog ooit vir iemand van sy ouderdom teegekom het.  Hy is ‘n omgeekind wat vele kere honger by die huis kom omdat hy al sy kos uitgedeel het.  Hy is die seuntjie wat twee weke nadat die skool begin het sonder sy trui by die huis gekom het omdat ‘n ander seuntjie baie koud gekry het en sy mamma nie die geld het om vir hom ‘n trui te koop nie.  Dit was vir hom die normaalste ding om sy trui vir die maatjie te gee.

Hy is ook my hanswors kind.  Iemand wat binne oomblikke ‘n moeilike situasie opsom en sonder veel moeite, almal aan die lag het.  Die een wat sy sussie met ‘n armpie om die skouers sal troos en sy ma se trane met ‘n vuil vingertjie sal afvee.

Ek is so trots op hierdie rots kind van my.  My genade kind.  John = God is genadig.   Nog nooit het ‘n naam beter by ‘n persoon gepas nie.  Nog nooit het ‘n kind sy naam beter uitgeleef as wat my seun dit doen nie.

Dankie Vader vir my klein stukkie genade.

15 Responses to John word 7!

  1. Xena Phoenix says:

    Baie geluk met jou verjaarsdag John.

    Die jaar is seker al reeds ‘n avontuur en ek is seker jy gaan dit met altwee hande mak maak.

  2. NetJane says:

    Baie geluk! John het ‘n wonderlike ma Piks, moenie dit vergeet nie!

  3. Alda says:

    Veels geluk John! Pragtig geskryf Pikkie!

  4. PlaasJuppie says:

    Baie geluk met jou verjaarsdag jong man. Mag daar nog vele wees.

  5. Twilight says:

    Ai, baie geluk! Hy word so groot…

  6. Sandra says:

    Baie geluk met John se verjaarsdag. Ek glo dat hy en julle nog vir mekaar ‘n groot blessing sal wees

  7. ELF says:

    Hey Pikkie, baie geluk met hierdie mylpaal. n Deel van mens se geaardheid word seker maar saam jou gebore, maar jy weet natuurlik dat gedrag en waardes ook n spieelbeeld is van wat hy by julle leer. 😉 Go figure! Daarom verbaas dit my glad nie – dis immers hoe ons jou leer ken het. Geniet die naweek. xx

  8. BB says:

    Blessings!! x

  9. Louisa says:

    Veels geluk John!

  10. rianabrand says:

    Baie geluk – geniet die volgende 70!

  11. Pikkelik says:

    Baie dankie almal! Nou vir die partytjie vandag! Mag dit tog net vir ‘n uur tussen 3 en 4 NIE reën nie! 😀

  12. toortsie says:

    Baie geluk, John!! So ‘n sagte hart hanswors gaan dit sommer nog ver in die lewe bring. Mooi so!

  13. Olga says:

    Baie geluk John. Mag die jaar alles wees wat jy wil hê. Pikkie, baie geluk met jou rots se bday. God seën julle een en almal.

Leave a reply to Sandra Cancel reply