Speel-speel

Vanoggend is weer een van daai oggende wat ek sonder enige motivering opgestaan het.  Ek issie lus nie.  Daar is nog berge se bokse om uit te pak, ek het ‘n bondel wasgoed wat Ararat na ‘n koppie laat lyk en die kinders het gister heeldag in die huis gespeel.  My meubels staan nog op vreemde plekke met elke moontlike kombers in die huis daaroor gedrapeer.  Sien ons het tente gebou, mens moet jouself mos beskerm teen die reën.

Later het die ‘tente’ in forte verander en ons speletjie het in ‘cowboy en indians’ verander en teen die tyd wat Nic by die huis gekom het was die tente/forte seerowerskepe en is Nic herdoop na ‘Kaptein Bloubaard’ en ons het alvier saamgespeel tot letterlik net voor slapenstyd.

Nou sit ek met die gebakte pere, Nic is by die werk, John by die skool, Cathrine is nie lus nie en ek moet skoonmaak.   Nou wonder ek, met die son wat nog steeds net so elke twee ure vir tien minute sy kop uitsteek, of ek rerig wil opruim?  Kan ons nie maar net vanmiddag aangaan waar ons gisteraand opgehou het nie.  Ons kan mos altyd nog speletjies uitdink!!!!

Daar was vir drie jaar nie tyd om net met oorgawe saam met die kinders te speel nie, en daar gaan sekerlik nog baie sulke tye kom, maar nou – hier – vandag het ek die tyd.  Vandag kan ek met die kinders speel, ek het die tyd om hulle wereld te betree, om een oomblik ‘n koningin te wees en die volgende ooblik in ‘n nare heks wat met ‘n houtlepel ‘n pot roer.  Vandag het ek die tyd om hulle hartjies bly te maak.

So vir nou vriende en vriendinne – verskoon my – maar ek is oppad om te gaan fantasie speletjies uitdink, om ou klere uit die kas te krap en in kostuums te verander – om vir ons ‘n boks kasteel te bou, en om my kinders se vreugde te deel!

Touch – Jy is aan!!  Ek gaan in my den wegkruip!

7 Responses to Speel-speel

  1. toortsie says:

    Oeeeeee ek wens ek was daar!!!!😀

  2. Krista says:

    Geniet dit!

  3. Sandra says:

    Dit was verseker die regte keuse🙂. Die kinders word so gou groot en dan kan mens nie al het jy tyd. Geniet!

  4. Xena Phoenix says:

    1

    2

    3

    Blok Vir Pikkie?

    (PS – ek sou dit verseker ook net so gelos het)

  5. Son says:

    Dis een van die lekkerste lekkers, om met kinders te speel en te vergeet dat jy self al groot is. My kinders is groot, maar soms babysit ek ander mense se kinders en dan word ek weer self ‘n kind🙂 Geniet jou kinders, Pikkie!

  6. “ek het die tyd om hulle wereld te betree, om een oomblik ‘n koningin te wees en die volgende ooblik in ‘n nare heks wat met ‘n houtlepel ‘n pot roer” – dit is ‘n wonderlike voorreg!

  7. BB says:

    Enjoy! Ek raak soms hartseer as ek dink hoe ‘n kind ek was, hoe ‘n tiener en ek wonder soms wat van hulle geword het… Geniet dit gate uit!! (Gee net die kinders kans om saam te speel😆 – party ouers speel so lekker dan sit die kinders op die sitkamerbank en kyk jou later aan of jy mal is😛 )

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: