Huisvrou al dan nie…

Vir drie jaar het ek nou voltyds gewerk. Die laaste bietjie meer as ‘n jaar was ek die broodwinner, en ek was oortuig dat ek nie kan wag om weer huisvrou te wees nie. Om my volle aandag aan my kinders te kan gee, om weer die simpel goedjies te doen wat ek net nooit tyd voor gehad het nie.
En nou sit ek hier. Voltyds huisvrou, met honderde bokse wat nog uitgepak moet word, met ‘n huis wat skoongemaak moet word, wasgoed, stryk, regpak, wegpak en die kinders om my. Wel Cathrine om my en John tot een uur by die skool… en ek wil gek word! Die kinders (so lief as wat ek hulle het, en so graag as wat ek supermamma wil wees) dryf my teen die mure uit! Was hulle maar heeltyd die laaste paar jaar so erg, is dit die trek en die onsekerheid daaraan verbonde wat hulle opklits, is dit net ‘n fase wat hulle deurgaan, of is dit ek!
Iewers, het ek verander…
John het my ‘n rukkie terug daarvan beskuldig dat ek nie meer ‘n sagte mamma is nie. Ek is ‘n kwaai, raas en baklei mamma. Is hy moontlik reg?!
Is dit wat te veel stres en bekommernis aan ‘n mens doen? Is dit wat onsekerheid, ongelukkigheid en onvrede van ‘n mens maak? Of is dit net ek wat weer moet gaan selfondersoek doen, en die vrede in myself moet vind. Die kalmte en vrede wat ek weet ek besit maar iewers moes toemessel net om te kan oorleef?
Wie weet? Maar van vandag af gaan ek een enorme poging aanwend om weer daardie ‘sagte’ mamma te wees. Ek gaan alles insit om weer vir my man ‘n ‘vrou’ in die volle sin van die woord te wees en ek wil weer omgee, vir ander en almal.
Tyd om my ‘surviver-panty’ uit te trek en weer my ou self te word, of so iets. Eintlik maak ek nie eers vir myself sin nie, maar toemaar. Solank ek net weer kan verwoord wat in my gedagtes omgaan is die stryd halfpad gewen.
Ek het ook weer ‘n werksaanbod gekry wat baie goed lyk en voel, maar daar is soveel ander dinge om in ag te neem… Hier is nie naskool nie, wat van vakansies as die skool en die kleuterskool gesluit is? Wat as… Ek gaan maar net op my knieë bly en glo dat ook hier vir my ‘n brug gebou sal word.
Geseënde week vir een en elkeen!

8 Responses to Huisvrou al dan nie…

  1. Twilight says:

    Sjoe, moeilike ene daai. Die eerste ruk na ek opgehou werk het, was eintlik nogal swaar as ek nou terugdink. Ek moes weer my plek vind. Maar ek het dit nou en ek sal die lewe wat ek nou het vir niks anders verruil nie. Dit gesê, elke ou (vrou) loop maar haar eie pad en net jy en die Liewe Vader sal weet wat vir jou en julle reg is. Sterkte! Ek is bly julle is weer “tuis”.

  2. Xena Phoenix says:

    Ai Pik

    Moet nie te hard wees op jouself nie. Julle is fine en ek praat objektief. Sterkte

  3. Son says:

    Pikkie, dis nie meer iets nuuts in SA as ‘n vrou vir ‘n rukkie die broodwinner moet wees nie, maar dit vat aan ‘n mens. Ons vrouens kan hoe modern wees, maar dit voel net nie reg nie. Veral as daar jong kinders is. Dalk moet jy jouself nou eers net ‘n tydjie gee om alles te laat normaliseer. Sterkte🙂

  4. toortsie says:

    Pikkie, as mens al die lekker van “werk” geproe het, soek jy maar daardie stimulasie. As jy ‘n tydjie het, is daar nie iets wat jy van die huis af kan doen nie? Of is daar nie ‘n nuwe belangstelling wat jy lus voel om te ontwikkel nie?

  5. seegogga says:

    Ai, ek stem saam met Toortsie hierbo. Werk maak mens nogal hard en al die stress en ander goed maak jou kwaai. Ek glo dit sal regkom. Alles hoef ook nie daxdelik uitgepak te word nie. Jy kom dalk agter jy het nie al daardie goed wat nog ingepak is nodig nie! Sterkte

  6. Vlam says:

    Pikkie! Ek’s sooooo bly jy’s terug! Mwha!!

    Spanning het ‘n manier om jou lewensvreugde te steel. Dit sal nou beter gaan, ek weet dit!

  7. Pikkelik says:

    Dankie almal, ek het gister weer bietjie met die nuwe baas gesels en ons het op ‘n halfdag werk besluit, wat eintlik goed gaan werk, maar nou het ek net nog ‘n probleem met vakansies. Hier is absoluut geen sorg vir kinders tydens vakansie nie. Hopelik huppel ek nog oor daai bergie ook! 😉

  8. Olga says:

    Eisj, man sterkte. Jy is reg, kruis die berg wanneer jy daar kom. Werk in Amsterdam? Gr8. Nie geweet daar is nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: