Ouboet en Paasfees

Die afgelope paar weke het Ouboet by die skool Paasfees behandel.  Die gebeure rondom die kruis het hom diep aangegryp en ek staan verstom.  My kind verstaan dinge wat my brein te ‘slim’ is om te verstaan…

Sy tekening op die swartbord….

photo-26Hier is die skets voltooi…

photo-30Hierdie volgende foto was eers vir my bietjie van ‘n skrikwekkende ervaring tot ek gaan sit en dink het dat kinders van 4 jaar alles om hulle en alles wat hulle hoor baie abstrak en konkreet ervaar.

photo-71photo-67Hy het self die twee plankies aan mekaar gespyker en toe sy sussie se pop daaraan vasgespyker.

Nou ‘n paar ligter foto’s om mee af te sluit…

photo-471Sonsondergang van Lelik se deck af kan eenvoudig nie geklop word nie!

photo-40Is dit ‘n glimlag of…  nie????

photo-42Ek wonder hoe gemaklik dit kan wees om SO te slaap!

photo-58Is dit dan nie die mooiste Cowboy wat julle nog ooit gesien het nie???   (en die deurmekaarste kamer???            😆          )

Geseënde Paasnaweek vir almal.  Ry veilig, bly veilig, wees lief vir mekaar en onthou elke sekonde wat vermors is kom nooit weer terug nie!

(NS – Muriel – baie, baie dankie.  Ek post volgende week vir jou ietsie spesiaals….)

13 Responses to Ouboet en Paasfees

  1. BB says:

    Waaaahahahaha!! daai Poppedyn sit soos my EMM destyds oppie loo – en sy wou nooit #2 – dit was vir haar sielswroegend – dan seg ekke vir haar: ‘Sing Heidi, my baby”… dan sing sy so terwyl sy druk: “Haaaaaaaaidi, haaaaaaaaaaaidi” – en daai uitdrukking op Poppedyn se gesiggie lyk vir my alte veel na “Haaaaaaaaidi…: :mrgreen:

  2. BB says:

    Ek’s nou nie ‘n sielkundige of watookal geleerde wat kindersketse ontsyfer en ontleed nie, maar as dit Jesus is vir wie Ouboet op daardie swartbord geteken het – sien jy die gróót hart binne in daai liggaam?? SIEN jy dit??? Dis vir my truly AWESOME!!
    A blessed Easter vir jou en joune, Pikkelikkie xx

  3. Pikkelik says:

    Dis Jesus BBtjie en my seuntjie verklaar vir almal wat wil hoor dat Jesus vir HOM aan daai houtkruis gesterf het en dat hy nou Jesus se kind is en dat Jesus hom baie lief het! Terwyl ek my kind so baie moet leer, leer hy my ook soooo baie….

  4. Carina says:

    Baie mooi foto’s Pikkie – mens leer soveel by jou kinders.

  5. Ogies says:

    Pikkie!! Jou seunskind is amazing! Sien jy hoe maak God Homself vir ons so bereikbaar deur ons kinders!!
    Geseënde Paasfees!

  6. Wipneus! says:

    Hello Piks! Ek het al uitgesien na die foto’s en ja ek het weer uitgebars van die lag vir Poppedyn se pop wat gekruisig is. 😆
    Ai! daar is darem niks so mooi soos ‘n kind se onskuld nie. Die lewe is ‘n fees uit die oë van kinders!
    *Plesier vriendin jy is vir my baie special*
    Liefde
    Geseënde Paasfees vir julle!

  7. flippiefanus says:

    Ag moeder. Die kleingoed is oulik. Verbeel ek my, Pikkelik, of is die seun van jou besig om groter te word? Wel natuurlik word hy groter, maar voel vir my in die bietjie meer as 6 maande wat ek nou al foto’s sien kan ek sien dat hy groter geword het.

  8. boendoe says:

    Dierbaar. 😉

    (Eh…nee, Pik, die deurmekaarste kamer is by my!) 😆

  9. Eendjie says:

    Hi Pikkelik! Poppedyn word groot, nê!!
    Pragtige foto’s, hoor.

  10. Krista says:

    Nice fodies Pikkie!

  11. eilandkind says:

    ja, die mooiste cowboy ooit, maar nee, ek het al kamers gesien wat meer deurmekaar is as dit.
    Ja, dit is wonderlik wat BB hier bo se, oor die groot hart in sy Jesus-tekening.

  12. Nelba says:

    Ai, hulle is so wonderlik.

Leave a reply to Krista Cancel reply