Rooi koekkleursel….

In hierdie hele aaklige Upington kry ek nêrens maar nêrens rooi koekkleursel nie…  Baie van hierdie vloeibare kleursel wat ‘n pragtige pienk uitkom…  Maar niks poeierkleursel wat rerige êrige rooi maak nie….    Nou sê julle nou vir my hoe versier ek ‘n spiderman koek sonder rooi versiersuiker….

1635859os56lxr9gr

32 Responses to Rooi koekkleursel….

  1. Maak hom maar pienk, dan bring dit sy sagte kant na vore.

  2. Zee says:

    Mmm… is dit nou groen en blou, of geel en iets om rooi te maak, jinne ek was lanklaas op skool. Kyk bietjie op die klei houers, ek is seker hulle sê daar hoe om kleure te meng, miskien kan jy so regkom…

  3. Pikkelik says:

    Zeee!!!! Hoe laat jy my nou lag!!! 😆 Rooi is ‘n primere kleur saam met geel en blou. Hy kannie gemeng word nie. Maar as jy blou en geel meng kry jy groen. Rooi en blou maak pers en rooi en geel maak oranje…. Maar dankie vir die raad… 😉

  4. Zee says:

    Ja toe toe, onthou ek was jare laas op skool hoor😆 😆 maar intussen het ek dit ook uitgevind na my soektog oor hoe om die kleur rooi te kry… Whahahaha, maar gaan lees gou hier oor icing, nogal interessant gewees…

    http://www.pastrywiz.com/cakes/4thofjulyicing.htm

  5. Zee says:

    Wat van die pienk met ‘n naaldpunt swart? Sal dit dan nie donkerder word nie?

  6. Zee says:

    http://www.pastrywiz.com/cakes/4thofjulyicing.htm

    Gaan loer hierso, nogal interessant om oor die icing storie te lees..

  7. Zee says:

    Jis, waar is my comments? Ek try hard om vir jou rooi te kry🙂

  8. Zee says:

    Ok, ek het nou ‘n briljante idee…..

    Die koek moet versier word soos die spiderweb. Koop dan maar een van die Spiderman mannetjies en druk hom in die koek in. En siedaar, sommer ‘n koek en ook ‘n speeldingetjie vir hom!

    Ok, nou moet ek maar gaan werk, ek praat te veel hier vandag!

  9. […] Your Room April 14, 2009 Posted by Zee in Sommer net. Tags: colour, kleur, quiz trackback Pikkie is dringend opsoek na ‘n manier hoe om rooi te kry vir haar versiering van Boeta se Spiderman […]

  10. Ogies says:

    Wat van ‘n baksteen muur koek met ‘n spiderman figuur wat daarteen opklim? Die web dalk wit?

  11. BB says:

    Daai is nou vir jou ‘n ding, ja!! Geen maar géén rooi kleursel ini hele Upington nie??😯 nie eens in Pick&Pay nie?? Wat seg die tuisnywerheid-tannies? Jy hulle al raad gevra?? Of het julle nie iemand wat roomyskoeke maak nie??
    Anyways – Zzz’tjie se plan van die web op die koek en dan figure is brilliant – en vlieë virrie web is ok maklik!! Julle’t seker darem genoeg vlieë ini dorp:mrgreen: Formalien maak hulle stokstyf!!🙄 o heng nee!! gaanie werk nie – netnou dink die kiddies dis edible – mens kry sulke plastiek vlieë wat jy in ysblokkies met water kan vries – party mense dink dis hondsnaaks om ‘n vlieg in iemand se dop te laat dryf😕
    Wanneer verjaar Boeta?? Kan ons nie vir jou rooi icing/kleursel laat courier nie?? (Ek sal ‘n pakkie vlieë gratis bysit:mrgreen: )

  12. Nelba says:

    O vrek ja! Ek weet, want Ouma het dieselfde probleem met Marco se koek gehad. Ons moes toe maar settle vir ‘n pienkerige karkoek. Dit het Marco nie gepla nie, maar ‘n pienk spiderman sal beslis nie doen nie.

    Wat sal gebeur as mens die versiersel kleur met beet? Ek verbeel my ek het dit al erens gesien as ‘n organiese alternatief vir kleursel. Mens sal seker heelwat moet bysit om die regte rooi te kry.

  13. parkes1 says:

    Magenta en Geel gee vir jou rooi
    Magenta is so pienk

  14. Carina says:

    Hierdie is seker nou lelik kroek Pikkie…maar ek het dit al gedoen.
    Koop daai papier wat ‘n mens nougat in draai – ek dink amper mens noem dit ryspapier, so pienkerige blokkies bokant. En dan, my engel, ahum, PRINT jy jou prentjie op die ryspapier. Ice jou hele koek dieselfde kleur (ek sou blou gevat ek as ek jy was) en dan sit jy net die geprinte ryspapier bladsy met spider man in sy volle glorie bo-op! My kinders het nou al die ryspapier met ink op geeet en niks oogekom nie, maar ek sou gekeer het as ek dit gesien nie. As dit kom by koeksny, haal net die ryspapier af.
    Sterkte mens. Koekbak is nie vir sissies nie!

  15. Wat ons sommer altyd doen is om ‘n prentjie op eetbare ryspapier te druk…en dan sit jy dit net bo-op die koek en versier dit verder met regte mannetjies ens.

  16. mmmmm, nou weet jy ek het nie al die kommentaar voor die tyd gelees nie…maar ten minste weet jy nou van nog kinders wat dit oorleef het om die papier te eet😉

  17. Zee says:

    Ok, jy het my tot nou toe besig gehad….. en ek weet nog steeds nie hoekom mens nie die rooi kan meng nie, jinne het dit uit die lug geval?

    Zeethan se klei het die volgende opgelewer.
    geel + pers = bruin
    bruin + wit + cream
    pient + swart + donker pers
    rooi + geel = oranje
    en woela, die naaste wat ek aan rooi kon kom…….
    oranje + pienk = ligte rooi, en dan dink ek moet jy rooi aanmaak koeldrank bygooi.
    Nou is ek moeg gegoogle en klei gespeel!

  18. Krista says:

    Wat van rooi KoolAid?

  19. Sonkind says:

    Vergeet die rooi kleursel, wees kreatief en maak ‘n helemal ander kleur Spiderman. Spiderman se rooi klere moet mos ook darem so nou en dan gewas word en die keer het hy sy wonder spaar outfit aan, die pers en groen ene, of so iets😆

  20. Sonkind says:

    PIKKIE, ONT-SPAM MY ASB!!!

  21. ding says:

    SIEN jy hoekom Ding altyd vir Krista luister?! Fokkit. Ding hou van “Bêêêd Spidy” – maak hom ‘n Bad Spidy en maak die hele outjie swart, man! Black is the new rainbow…
    Gaan jy ons ‘n prentjie wys van die koek, ‘blief? Ding is soooo lus vir jaardagkoek.

  22. Pikkelik says:

    Dankie vir almal se raad, julle sal my nie glo nie maar ek het die trick gekry met vloeibare kleursel!!!! Jy moet net wit margarine gebruik want dit lyk vir my dis die geel margarine wat die affere pienk maak. Ek kon nou nie wit margarine kry nie, maar het sommer daai Holstrom blokkies bakvet gebruik, gelukkig is die versiersuiker so soet mens proe nie die vet nie!!! 😆 OK dis nie helemal rooi nie 😳 Maar dis damn close!!! Ek sal vanaand die foto’s aflaai en more vir julle opsit! Nou moet ek bysê dis toe net ‘n blou koek met ‘n rooi web en ‘n spiderman mannetjie soos Zee gesê het.

  23. Wipneus! says:

    ♪♫♪♫

    Baie geluk aan Ouboet met sy verjaarsdag!!

    Mag hy die volgende jaar nog meer pret in julle/ons lewens plaas. Wat ‘n pragtige en kosbare seuntjie!!! Geluk ook aan jou en Mynick, Piksie!

    (((Ouboet))) “Spiderman” ek hoop jy gaan die koek en verjaarsdag gate uit geniet!! Liefde: die Tannie met die Wipneus😉
    (Pikkie jy moenie vir my spiderman pienk koeke gee nie:mrgreen: sies😉 )

  24. Zee says:

    Dankie tog Pikkie….

    ♪♪Happy birthday Ouboet ♪♪ Hoop jy neem die huis op horings🙂

  25. Dellie says:

    ♪ ♫ Veels geluk liewe Ouboet, omdat jy verjaar! ♫ ♪

    Geniet die Spidy koek!😉

  26. angrymedusa says:

    Geluk aan Ouboet! 😉

    Wys daai koek, Pik!

  27. Nelba says:

    Geluk met die verjaarsdag!

  28. flippiefanus says:

    Pikkie, ek is bly jy het die koekkleursel probleem opgelos. Soos hulle se^, ‘n boer(vrou) maak ‘n plan. Hoop Ouboet verjaar baie lekker.

  29. lanaba says:

    Is omtrent n koekstorie en n half hahahahahaha

    EK wou net inpop en hallo sê…..

    Hoe gaan dit?

    xxxx

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: