Gebed – Kinders

Here dis nog vroeg,

 maar my dagtaak gaan enige oomblik begin,

 as die kinders hulle armpies lui uitstrek

 en met ogies nog styf toe vra vir ‘n vars lêmelkie.

 Maar eers wil ek net ‘n rukkie stilword,

vir U dankie sê vir die son wat stadig teen die horison opkom,

dankie sê dat ek hier waar ek voor my rekenaar sit kan sien

hoe die strale een-een hulle voete oor die top van die berg steek. 

Dankie vir my besige kinders Here. 

Dankie dat hulle volmaak is, dankie dat hulle my dae vol maak,

my so plat op die aarde hou, letterlik en figuurlik! 

Dankie dat U hulle aan my toevertrou het.  . 

Help my om hulle met liefde te dissiplineer. 

Here help my om nie my ideale op hulle af te dwing nie. 

Help my om hulle nie te wil oorbeskerm nie. 

Help my om net die beste Ma vir hulle te wees wat ek kan wees.  

Help my om in wysheid besluite te neem wat hulle toekoms raak. 

En Bo alles Here, help my om hulle na U wil groot te maak en te onderrig. 

Here seën my met net genoeg krag en geduld vir vandag,

More oggend vra ek weer vir nog ‘n dag…

Tot later dan

AMEN

 

 

12 Responses to Gebed – Kinders

  1. Zee says:

    Pikkie, dankie!!

  2. Adrie says:

    Pikkie

    Regtig, jy maak die mooiste kinders. Is jy seker jy aanvaar nie bestellings nie?

  3. Pikkelik says:

    A3 – dis nie ‘n kwessie van wil nie, dis ‘n kwessie van kannie. As jy my kinders se geskiedenis ken sal jy ook sekerlik al jou bestellings terugtrek….

  4. Roer says:

    Ag ma! Pragtig Piks. Pragtig.

  5. Adrie says:

    Pikkie

    Is dit omdat ek wit is? Huh? My een drieling is nie.

    Sies man, moet my nou nie nuuskierig maak nie. Posduif my nou die geskiedenis.

  6. Pikkelik says:

    Ek sal bietjie daaroor post en julle verveel met my storie…

  7. Dellie says:

    Dis pragtig Pikkie.

  8. Here, help my om die doel waarvoor u my kind geskape te ontdek, dit te verstaan en te ontwikkel.

    Pragtige kinders Pikkelik

  9. Die Wolf says:

    Dit is baie mooi, Pikkie!

  10. Wipneus! says:

    Ek stem, pragtige kinders….met hulle besig wees en al….
    kinders mag maar besig wees, anders is hulle siek 😉

  11. Von says:

    Dankie Pik – laat mens weer besin en perspektief kry. Die twee is te oulik. Druk hulle op!

  12. meermin says:

    Dit voel soos gister wat my twee so klein was!

Leave a reply to Wipneus! Cancel reply