Vroue bring balans

Dit is nou maar eenmaal so dat ‘n goeie vrou balans in ‘n huwelik kan bring.  Daar word beweer dis in ‘n vrou se mag om dit perfek te kan balanseer of dit na die of daai kant toe laat oorhel.   Hoe is soort vrou is jy?  Dink jy ooit daaraan dat harmonie in die huis van jou afhang?  Natuurlik is dit nie net jou verantwoordelikheid nie, pa en kinders moet ook hulle deel doen, maar het jy al ooit agtergekom as jy die oggend bemoerd opstaan.  Dis asof die hele huishouding deel in jou onweersbui.  Staan jy met ‘n huppel in jou stap op, wel dan verloop dinge nogal heelwat beter.  Is dit ons plig om die huis se bui te bepaal – Wel daaroor sal ons seker moet vuisslaan, maar ek dink tog hierdie dame doen darem bietjie meer as haar deel:  

 

 

 

Lekker naweek vir julle…

15 Responses to Vroue bring balans

  1. Wipneus! says:

    Ek glo sterk hieraan.

    My bui bepaal hoe die dag gaan verloop. Seker die dat almal my altyd eerste lig met vraagtekens in die oge aankyk.
    Ek is nie eindelik ‘n oggend mens, maar het vinnig aangeleer om maar net so glimlaggie in die oggend te gooi. Al is dit ook nou net ‘n skewe trekkie van die mond. Maar sodra die eerste kafein maag toe gestuur is, dan swaai ons weer almal aan die kandelare rond!

    Goeie stuk. Ek sal aan kandelare hang, maar hierdie stukkende trekker, is darem regtig te veel gevra! 😆

  2. Pikkelik says:

    Hmmmm, ek is ook gladnie ‘n oggendmens nie, voordat ek nie my kafeinboost gehad het nie, is ek nie wakker nie, seker die dat Mynick my elke oggend met TWEE koppies koffie wakker maak. Een net reg vir drink en nog een stomend en reg binne 5 minute….. OOOOOO maar ek’s bederf!

  3. Dellie says:

    Dis waar ja. Maar die omgekeerde ook. As Liefie soos ‘n brombeer opstaan, strip ek dadelik my moer en is ek ook omgekrap vir die dag!👿

    Het nou al geleer om hom wakker te soen, dan smile hy heeldag!😉

  4. Pikkelik says:

    Soen – daaraan het ek nog nooit gedink nie,,, Happy days!!!!!

  5. platterfuss says:

    Bwahhhahhaaaaaaaaaaaaaaaaaaaa!!!!

    Maar is TRUE!!!! ons IS ‘gebalanseerd’…. ewe veel k@k en moods en en en!!! 😛

  6. Pikkelik says:

    Jy is so reg Plattie, ek hou veral van daai en, en, en….

  7. Salomè says:

    In ons huis gaan dit ok maar moeilik in die oggend. Ek is ‘n oggendmens en Liefie weer nie. Maar na 17 jaar het ek nou al geleer om hom te vermy tot hy by die deur uit was om sy eerste sigaret te gaan rook. Dan kan ons maar mal gaan. Lyk darem of die seuns na ma aard. Het ‘n instelling dat hulle by my in die kombuis draai wanneer hulle wakker word en dan gee ons mekaar eers ‘n drukkie voordat dit besig raak en ons nou-nou op mekaar begin gil.
    Maar dit is so, ek dink tog ons vrouens skep die gemoed vir die dag.

  8. Von says:

    Ja – die ewewigtige moederfiguur! Ons klink almal soos ‘n spul verslaafdes, soooooooo afhanklik van ‘n bietjie kafiëne om die dag op te kikker, maar ja – ‘n feit is ‘n feit.

    Ek is nie ‘n oggendmens nie – was nog nooit ‘n buierige persoon nie, baie ewewigtig en nog meer geduld, maar daar moet tog net asseblief nie iets onguurs gebeur in die eerste halfuur nadat ek noodwendig moes opstaan nie. Die kafiëne moet darem eers inskopkans kry dan is alles hunky-dory. O, ja – my buie word ook maar baie bepaal deur Beterhelfte s’n. Hy kan soms soos ‘n moerige grotbewoner opstaan en dou voor dag al brom soos ‘n beer met ‘n seer toon – wie’s dan nou eintlik lus vir wakker soen? Definitief nie ek nie!

    Ek stem 100% saam met Wippie, maar vind ook groot weerklank met Dellie.

  9. As ‘n man beduiweld is en die vrou vriendelik is, is die huis gou gou vriendelik. As die man vriendelik is en die vrou beduiweld is, is die atmosfeer in die huis gou gou baie bedruk.

    Vrouens bepaal defnitief die atmosfeer in die huis.

  10. boendoe says:

    My man is ‘n engel, so saggeaard en dierbaar. As dit van hom afgehang het, het ons permanent in paradise gebly! Dis ek en my moods wat die huis soms versuur!

  11. Jy dames moet maar die balans hou die naweek. Ek het gou kom groet. Ek gaan die naweek op ‘n mannekamp. Praat Maandag weer.

  12. Rustig says:

    Ek wonder of die bed al vier voete het. Dit kan tot tragedie lei!

  13. Pikkelik says:

    Welkom Salomè, lekker om jou hier te sien.
    Hallo Rustig – Nevermaaind tragedie – nagmerrie!!!😆

  14. Adrie says:

    Ek het dit al iewers vir ‘n feit gelees. Het dit nog nie juis in ons huis opgetel nie. Maar dan, ons is stapelgek.

    Ek is nie ‘n oggendmens nie, geen koffie, sigarette of drukkies gaan dit verander nie. Ek is elke oggend moerig. Ek kom dalk deur die dag reg, maar dit is maar selde.

  15. […] het Pikkie ’n post gehad wat hierdie post geinspireer het.Ek is iemand wat erg aan PMS ly.  Julle […]

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: