Ginkgo biloba

Daar word beweer dat die Ginkgo Biloba die oudste lewendige boom ter wêreld is.  Die spesie is glo al 250 miljoen jaar oud.  Die boom het sy oorlewing te danke aan die Boedistiese Monikke wat die bome aan die binnekant van hul kloostermure geplant het.

Daar is verskeie fossiele van die boom se blare deur die jare in Amerika, Asië en Europa gevind, die laaste oorblywende bome het omtrend 7 miljoen jaar tevore vanuit Amerika verdwyn en 3 miljoen jaar gelede vanuit Europa.  Charles Darwin het dan ook die Ginkgo as die ‘lewendige fossiel’ beskryf.

“Ginkgo works by increasing blood flow to the brain and throughout the body’s network of blood vessels that supply blood and oxygen to the organ systems. It increases metabolism efficiency, regulates neurotransmitters, and boosts oxygen levels in the brain which uses 20% of the body’s oxygen.” Lees hier:  http://www.kcweb.com/herb/Ginko.htm

Die bome word veral in stede aangeplant omdat dit help met onder meer lugbesoedeling.  Dit is ongelukkig ‘n bladwisselende boom en die wyfieboom dra vruggies was afval en ‘n taai neerlaag laat.

Nou wonder julle seker hoekom ek hieroor skryf.  Wel ek het my eie boompie.  Ek het hom 4 jaar terug met Ouboet se geboorte geplant (Moontlik ‘n verklaring vir sy Dinosaur-manie) en hy groei pragtig.

Hier is ‘n foto:

Sy blare lyk so:

Van die meer as 150 bome wat in ons erf staan (ek moet dit tog weer gaan tel) is hierdie my gunsteling. 

Bronne:   http://www.kcweb.com/herb/Ginko.htm

               http://www.xs4all.nl/~kwanten/fossils.htm

               http://www.texarkanacollege.edu/~mstorey/plants/Ginkgo.html

               http://www.stevenfoster.com/education/monograph/ginkgo.html

 

23 Responses to Ginkgo biloba

  1. en ek wou nog ‘n post daaroor skryf….*sug* hier in Korea staan lanings van die bome en is genoeg om enige plantkundige flou te laat word (wel die wat ek ken in elk geval) Dis een van my gunsteling bome en die blare is so mooi. Ek is mal oor hulle in die herfs want hulle word goudgeel en dis asemrowend hier in Korea om die geel lanings so te sien staan.

    Nice inskrywing…

  2. Wipneus! says:

    Mmmmm Pikkie ek hou van hierdie skrywe, is dit nie ‘n lekker groot pragtige tuin nie……. ek sal heeldag daarin kan rond wip….
    Gelukkig het die Monks en jy ‘n sagte plekkie vir die bome🙂

  3. Pikkelik says:

    Dis nie eers ‘n tiende van die tuin wat jy daar sien nie. Maar instandhouding is ‘n nagmerrie. Ons hou maar by struike en bome met ‘n klein bietjie fyntuin in die somer…

  4. Wipneus! says:

    Struike en bome is mooi. Groot tuin, dink net hoe sal ek aan die plant gaan? Ek het niks meer spasie in my plek nie…. kinders nodig so groot speel plek.

  5. Ek ken ook ‘n paar lewende fossiele, maar ek weet nie of hulle enigsins so merkwaardig is nie😉

  6. neykie says:

    Bome waar die wind sy blare laat roer- bring stilte in jou siel

  7. netjane says:

    Nou verlang ek vreeslik na my tuin! Nice inskrywing.

  8. Wipneus! says:

    Daar gaan Neykie aan die dig…. 😆

  9. Pikkelik says:

    Neykie jy mag want jy kan…. Doen so voort!!!!
    Ek het ‘n idee Wipneus het ‘n groen baadjie aan….

  10. Wipneus! says:

    Ek is groen van bo tot onder, mal vir tuinmaak, plant heeldag en aldag….

    Is waar Pikkie, Neykie toor met woorde…..😉

  11. boendoe says:

    Ag, dis ‘n special boom, daai. En 100 jaar van nou af, loop daar iemand anders rond en verwonder hom aan die boom, min wetende dat dit vir ‘n spesiale seuntjie geplant is. Nice gedagte.

    In elk geval, hoe lyk dit? Soek jy nie ‘n klein kremetartjie nie? Hoop nie daar is ryp by julle nie!

  12. Pikkelik says:

    Haai Boendoe, glo dit of nie, maar ons het 3 kremetart bome. Grootes, en dit ryp by ons, weet die hoe het die voorgeslagte dit so groot gekry nie, maar ja, hulle staan hier in al hulle glorie….

  13. boendoe says:

    Amazing! Gee hulle ‘n druk. Ek sweer, daai bome stuur energie oor na ‘n mens!

  14. Wipneus! says:

    Boendoe, jy is reg bome stuur energie oor na mens. Ek gaan haal heeldag energie by my ou Bonsai’ tjies

  15. demoerin says:

    Yip, plante en bome maak mens net meer rustig. Die natuur het definitief ‘n ongelooflike invloed op die mens se gemoed. Dink net bv daaraan hoe lekker jy voel as jy in die bos was.

  16. Die natuur is pragtig. Die natuur is besonders. Elke gedeelte daarvan want dit is ongeveer 6 000 jaar terug deur God geskape.

  17. Adrie says:

    Pikkie

    Bly jy dan nie binne in ‘n bos nie?

    Watse boom het jy vir Poppedyn geplant?

  18. Pikkelik says:

    Adrie – Nee man die gramadoelas! Poppedyn het nie ‘n boom gekry nie – Sy het ‘n azalea gekry. ‘N Pienke (Esmarelda)….

  19. Dellie says:

    Please excuse me for a minute, I’m going to hug a tree – I need some energy!😆

    Nice possie, Pikkie, ek mis ‘n lekker tuin…

  20. Von says:

    Aai, en die herfs is so pragtig! Hoe verlang ek nou na daardie park van ‘n tuin in Amsterdam. Dit is definitief terapeuties om bome te omhels en te druk, vergeet net so af en toe daarvan as die stress bietjie kwaai raak! Moet ‘n knoop in my geheue maak.

  21. Louisa says:

    Die Ginko is fantasties wanneer mens eksamen skryf. Kan jy joune self oes en verwerk of hou jy die boom net aan vir die mooi? (dis ‘n pragtige boom btw)😀

  22. Pikkelik says:

    Louisa – nee wat, netnou vergiftig ek my gesin… Skoenmaker hou jou by jou lees… Ek hou hom sommer vir die mooi en eendag gaan hy ‘n lekker skaduboom wees….

  23. Zee says:

    Wat ‘n pragtige boom! Ek ken nou nie juis van lewendige fossielle nie maar daardie eerste foto is darem amazing, lyk net soos jou boompie se blare!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: