Julle sal nooit raai nie…

Julle sal vir my nou nie glo nie….    ek sal ook nie eers sê julle moet raai nie….

Bwahahahahahahahaha……   eintlik is dit nie snaaks nie…

Die veearts se assestent is afsiek, en ek, goeie werknemer wat ek is, bied toe aan om gou te help toe ‘n boer met ‘n bakkie en vyf bokramme hier stop.   Het ek myself maar beskeie en op my plek gehou…..

65870702igss4h3gbillygoatgruffmed

Maar toe is ek mos voor op die wa…..

Laat dit vir my ‘n les wees.   Die blêêêêrrie ramme het Peestersiekte….

Nooit weer nie, as julle nie weet wat die siekte is nie, baie goed!  As julle wel weet wat die siekte is, wel, ek weet nie of ek moet huil of lag of my kop in ‘n baaaaaie diep gat moet druk nie….

36 Responses to Julle sal nooit raai nie…

  1. boendoe says:

    Nee, ek weet nie, maar ek wonder of ek WIL weet?? 😯 Peestersiekte? Klink voorwaar nie baie vars nie, Pik. Maar eintlik is ek nou nuuskierig…

  2. Krista says:

    Bwhaaaaaaaaaaahahahahahaha!!!!!!!!

    Wens ek kon sien! 😉

  3. Zee says:

    Wat is Peestersiekte…. ekke wil weet! Dalk kan ons jou help om jou kop uit die baaaaaaaaaaaaie diep gat uit te hou 🙂

  4. Roer says:

    😆

  5. Nimsi says:

    Moes ook eers gaan google het…
    whahahahahahaha
    ek lag saam met jou en nie vir jou nie Pikkie!

    Nimsi

  6. boendoe says:

    O wee. Dit kan nie ‘n mooi gesig wees nie. 😯

  7. Roer says:

    Dit kom van peuter met jou peester.

  8. Alta says:

    Giggel ek nou lekker vir jou. 😆

  9. Whahahahahahahaha….me haal eers asem……whahahahahahahahahahahahaha!

    As dit nie vir landbouskool en al die vakke wat daarmee sammgaan was nie, sou ek ook moes google, maar nou het ek meer tyd om te lag!

    😆 😆 😆

    • Pikkelik says:

      Sies Kaalvoeterjasie!!! Ek wassie eers in landbouskool nie, het nie eers geweet van so ‘n siekte nie!!!! Kan jy jou my skok 😯 voorstel!

    • Ekke kan net dink en wens ek kon jou gesig sien! Ek sou op die vloer rondgekruip het van die lag! Shame man! Laat dit nou vir jou ‘n les wees! 😆

      Moet se, mens leer interessante goed so by ‘n veearts. Ek het op skool sommer vir die lekker uitgehelp as assistent en mens sien gory stuff!

  10. ekkedink says:

    “Die mees waarskynlike is dat die bul ‘n besering opgedoen het tydens ereksie -”

    Nou wonder ek; het die bul die besering opgedoen omdat hy ook “skeeftrekking tydens ereksie.” gehad het?

    Watse besering dink julle, sou die bul opgedoen het tydens besering? 🙂

    • Zee says:

      Pik, kom kom, vertel ons hoe dink jy het die besering ontstaan…. Jy wil mos vir die vet werk 😆

      • Pikkelik says:

        Ekkedink en Zee!! In hierdie geval was dit nie as gevolg van ‘n besering nie. Hulle het infeksie opgedoen en die infeksie het waarskynlik versprei omdat die ramme by die selfde blêêêêrrie ooi was!!! Antibiotika, vitamine en salf (dis by die salf waar die probleme inkom) sal hulle (hopelik) deurhaal.

  11. cebella says:

    Ag nee! Dis histeries! (die landbouweekbladbrief :lol:)

  12. Nelba says:

    Foei, Pikkie! Jy kan beslis nie kla jou werk is oninteressant nie.

  13. flippiefanus says:

    Soveel dae soveel dinge. Pikkie jy het inderdaad ‘n interessante lewe.

  14. Dellie says:

    Whahahahaha! 😆

  15. demoerin says:

    😆 Soos Flippiefanus sê – Jy kan nie sê jou lewe is nie interessant nie! Bwahahahahahaha.

  16. Wipneus! says:

    Nou weet ek ook wat dit is nadat ek moes gaan google het!!! Is dit net diere wat die siekte kry?

    Pikkie 😯 ons moet nie altyd so behulpsaam wees nie vriendin!! whhahahahahaaaa

  17. Ogies says:

    Whahahaaa! Pikkie! Dis vrek snaaks!! Ek weet (on)gelukkig wat dit is! Whahahaha

  18. Wipneus! says:

    Pikkie dankie vir daai link, ek was amper flou!!! Dis vreeslik!! 😯 Nou verstaan ek! Ek moet gelawe word!

  19. Shame dit moet baie seer wees. Pikkie ek dink jy sal goed kan werk by die veaarts!

    • Pikkelik says:

      Weet jy Rosa, as iemand 5 jaar terug dit vir my gesê het sou ek hulle hardop uitlag, maar nou wil ek al begin om met jou saam te stem… 😉 Ek is besig om verskuilde talente in myself te ontdek! En nie dek soos in ‘teel’ nie, jy sê mos ek mag net oefen! 😈

  20. […] of drie…miskien vier (afhangende van jou situasie) of as jy ‘n GROOT tuin het ‘n bok of twee, maak egter net seker van hul gesondheidstoestand! en dan om goed uit te rus… vat die […]

Leave a reply to flippiefanus Cancel reply