Tik-Tik

Tik of te wel ‘crystal meth’ is VOLOP in Upington en die Noord Kaap.  Net vandag weer in die plaaslike koerant, die Gemsbok is daar ‘n artikel wat as volg lees…


PABALLELO:  Die Suid Afrikaanse Polisie van Paballelo het inligting ontvang dat stokkielekkers in die omloop is in Upington en omgewing wat Tik-tik bevat.

Alle ouers en kinders word vriendelik gewaarsku om op die uitkyk te wees vir verdagte eetgoed en lekkers waarmee daar dalk gepeuter kan wees.  Kinders word versoek om nie sommer enige eetgoed of lekkers in spesifiek stokkielekkers by ‘n vreemde persoon of kafee op straat in die woonbuurt te koop nie.  Ouers word versoek om hul kinders tog deeglik bewus te maak hiervan.

Tik-Tik is ‘n baie gevaarlike dwelm wat in die omloop is en waaroor daar al so baie berig is in die media.

Volgens ‘n artikel in Health 24 is dit een van die gevaarlikste dwelms…

According to Grant Jardine, director of the Cape Town Drug Counselling Centre (CTDCC), the increased rate of crystal meth usage is dramatic. “It is something we haven’t seen before. It is the greatest challenge the CTDCC has ever had to face.”Health professionals are concerned about the devastating effects of this drug on the user – among its many effects, crystal meth induces psychotic symptoms, such as seeing or hearing things that are not there, and violence, making it a far more dangerous drug than most other drugs available in South Africa.

Verder lees ek dat dit ‘n populere manier is om gewig te verloor en dat baie vrouens in die strik val….  Dit is skrikwekkend!

In Upington is ‘n gebreekte liglens aan motors niks snaaks nie.   Die lense word eenvoudig met ‘n klip of harde voorwerp stukkend geslaan, jou gloeilampies word verwyder en dan gebruik hulle hierdie gloeilampies om die poeier of kristal in warm te maak en dit te rook…  DIT IS PRESIES HOE EK VANDAG BY HIERDIE INSKRYWING UITGEKOM HET!

Die korttermyn uitwerking van die dwelm is feitlik onmiddelike euforie.  Die persoon beleef ongelooflike energie en word letterlik vir dae lank nie honger nie.

Die langtermyn uitwerking is egter nog meer skrikwekkend.

Crystal meth affects many parts of the central nervous system. According to the treatment guidelines issued by the US Center for Substance Abuse Treatment, “some of the most frightening findings about meth suggest that its prolonged use not only modifies behaviours, but literally changes the brain in fundamental and longlasting ways”.

There is also an increased risk of being infected with HIV or other sexually transmitted infections, because many users become more sexually active when on a high, often describing hours of wild sex with little concern for practising safer sex.

Die liggaam bou ook baie vinnig ‘n toleransie op vir die bepaalde hoeveelheid wat ‘n persoon gebruik, so hoër dossisse moet gereeld geneem word.  Wat hierdie dwelm nog gevaarliker maak is die feit dat dit in enige kombuis aanmekaar geslaan kan word.   Niemand weet ooit WERKLIK wat daarin is nie….

Gaan lees gerus hier, hier, en hier by Zee meer daaroor.

24 Responses to Tik-Tik

  1. Zee says:

    Ai Pikkie, en hulle het GEEN maar geen idee wat dit kos om die liglampies en lensse te vervang nie. Tsk!

    Ai, ek ys as ek dink hoeveel van ons kinders nog in een van die strikke gaan beland. Ek bid sommer nou hier hardop dat dit ons almal in die toekoms gespaar sal wees en die euwel binnekort darem bietjie in die bek geruk kan word.

    • Pikkelik says:

      Zee, dis wat so hartseer is, ‘n gloeilampie kos om en by R4.00 maar die lens kos ‘n 100 keer soveel… Die handelaars is egter op ‘n punt waar hulle weier om gloeilampies aan kinders te verkoop wat GOED is… en ek is dankbaar dat hulle standpunt inneem, dis net dat dit nou Jan alleman is wat die skade dra…

  2. Nimsi says:

    Ai ou Pikkie, ons kan maar net op ons kniee bly vir ons kinders en land se jongmense!

    Nimsi

  3. Alta says:

    Dis sad dat die kinders in hierdie verslawing val.
    Ek se, roei al wat “dealer” is uit!!!!

  4. Dis terrible om te dink dat hulle (dealers) so ver gaan om “kliente” te kry! Flippen onskuldige kinders wie se lewens so verwoes word.

    Stenig hulle Pikkie, stenig hulle!

  5. Wipneus! says:

    Hierdie goed maak my wild!!! Soveel lewens word verwoes!! Op die oomblik is ek nie in ‘n lekker plek om oor die goed te praat nie. Want ‘n klein baba is nie meer vandag hier nie, omdat sy ouers dwelms gebruik het!!! 👿

    • Pikkelik says:

      Vir my ook Siamees, my kids is nog sooo klein, as dit nou al so gaan hoe gaan dit oor 10 of wat jare verder gaan…. Hoe gaan ek hulle beskerm. Gisteraand vertel ek weer vir Ouboet om asseblief noooooiiiittt lekkers by enigiemand te van nie, behalwe by Mamma Pappa, Bibi, Oupie, Juffie en Oom H en Tannie M en dat die koerant sê daar is gif in party lekkers en dat hy hard moet skree as iemand hom pla. Hy vra toe of hy maar “Bel die polisie” mag skree. Ek sê toe ja, dit is ‘n goeie plan, en daarmee dink ek toe die saak is afgehandel. Tot half twee laas nag toe hy ons wakkerskree met nagmêrries oor mense met gifsweets!!! Ai, mens weet nie meer WAT om te doen nie…

  6. Tweelingkind says:

    Baie skrikwekkend! As mens net daai dealers kan uitroei is die saak halfpad gewonne, maar as een uitgeroei of uitgevat word, kom daar 3 in sy plek om oor te neem!

  7. BB says:

    Ek het die storie ook gehoor dat daar actually wragtig volwasse vroue is wat die goed koop virre gewigverloor… Jinne, hoe vain en hoe stoopid is die mensdom regtig???

  8. Hey Pikkelik

    Ek gaan middel Junie tot Julie vir `n ruk op Kuruman werk vir Volksblad en ek het baie lus om `n storie oor die probleem te doen. Dink jy daar is mense wat met my daaroor sal praat?

    Corli

    • Pikkelik says:

      Corli, nee nou vra jy my vas, ek het nie ‘n idee nie, ek ken nog nie die mense en die omgewing so goed nie, maar ek is doodseker die mense by die plaaslike koerant sal jou kan help. Ek sal die besonderhede vir jou aanstuur…

    • Corli, ek is ‘n Joburgse meisie en kan jou stories vertel wat jou hare sal laat rys. Nie noodwendig oor Tik self nie, maar oor hoe maklik dit is om ‘n ou poeier pakkie te kry… Met die hulp van die polisie.

  9. lanaba says:

    Ek het juis nou die dag daai artikel in die huisgenoot gelees van die huisvrouens en TIK…..smaak my dis nou die nuutste thing daar in SA….

    Ai ai ai die wereld ook..

    Troedelkies
    xxxx

    • Pikkelik says:

      lanaba – wee jy, ek het tydskrifte afgesweer, almal van hulle. Nee wat, die wereld is siek, niemand kan daaroor stry nie…

  10. More Pikkie

    Weet jy wat is hartseer. Ons is almal so bang ons kinders val in die strik, maar vergeet dat volwasse mense ook oor die tou kan trap. En dit is gewoonlik fataal.

    • Pikkelik says:

      Gilrtjie, ek hoor wat jy sê en stem saam. Ek dink dis baie hartseer dat grootmense ook daardie paadjie loop. Die ergste is hulle kan niemand behalwe hulself blameer nie. Dis verbitterlik hartseer…. My hart huil vir verslaafdes…

  11. skoor says:

    Dwelmsmouse, dwelmgebruikers en die regering maak my soooo befawk, ek het nie woorde nie.

    Want daar is altyd mense wat wil tot niet maak wat deur moeite en harde werk tot stand gebring is.

    Dis so bleddie sad. En hoe gesinne verinneweer word in die proses.

Leave a reply to Pikkelik Cancel reply