Skoppers en Augrabies

Zee het ‘n post geskryf oor haar slaaploosheid en dit bring my nou by my probleem.  Ek kan nie slaap nie, want ek kan nie aan die slaap raak nie.  Die oomblik dat ek rustig raak, dat my lyf ontspan en dat ek ‘wegdompel’ gaan my bene aan die ruk!  En dan is ek weer wakker.  Dit nie ‘n sagte rukkie nie, dis woes.  Soos in ‘daar waai die komberse’ ruk, of  ‘Eina, blerrie, my vrou!’ ruk!   My bene het in skoppers verander…

Ek was al tot by ‘n spesialis wat my op ‘n soort epilepsie medisyne gesit het wat my natuurlik heeltemal van my kop af laat raak het.  Serious.  Ek het gehallusineer, met iemand gepraat! Die ou agter my in die spieël gevloek en amper ‘n gat in my verhemelte gedruk toe ek die tandeborsel uit die ander ou se hand wou ruk….

Nou staan ek maar op, gaan maak vir my ‘n rooibostee, lees ‘n boek, kyk TV, ry op die oefenfiets, enigiets sodat ek net so moeg moet word dat ek iewers aan die slaap kan raak….   het iemand dalk raad?

Ons was verlede Sondag vir die dag Augrabiese valle toe.  Jitte dit was mooi.   Hier is vir julle ‘n paar foto’s!

augrabies-091

augrabies-092

augrabies-094

augrabies-101

augrabies-105

augrabies-107

augrabies-111

augrabies-115

augrabies-114

41 Responses to Skoppers en Augrabies

  1. Ekke het nie raad nie…ek sukkel so om te slaap die laaste ruk en die moegheid help nie juis nie!

    Dalk moet jy jou bene aan die bed vasmaak???

    • Pikkelik says:

      Never Kaalvoeters, ek weier om my bene aan die bed vas te maak, netnou keer ek die bed om! Rerig, dis wille skoppe, en buitendien sal dit te kinky lyk…. 😈

  2. O ja, nice foudies!

  3. Adrie says:

    Ek sit die lig af (of nie) rol om en slaap. Ek sal waarskynlik deur ‘n atoomontploffing kan slaap. Tot my wekker my uit die bed pluk of die son my daar uit bak. Slapeloosheid is iets wat ek nog nie met die hand gegroet het nie. O heng, nie wat jy vandag wil hoor nie.

    Pikkie, wanneer kan ek kom kuier? Ek wil ook my eie foto’s van die Waters wat Raas he^. Ek is mal oor watervalle. Sal oor die naweek ‘n paar foto’s plaas.

    • Pikkelik says:

      Adrie, jy is altyd welkom, jy weet mos, moet net nie probeer om binne ‘n dag heen en weer te ry soos laas keer nie…. 😆 Ai, die sorgeloosheid van die jeug darem….

      • Adrie says:

        Pik

        Enige iemand kan vir ‘n dag Amsterdam toe en terug ry. Maar nie enige iemand kan daarmee spog dat hulle vir die dag (van Gauteng) Upington en terug is nie. 👿 Gee jy my nou ‘n plan. Wat doen jy more?

        • Pikkelik says:

          My se ma en pa en my se ouma kuier tans by my en dis more Ouboet se party gesponser deur sy Tannie Muriel en ek werk more oggend … en jy?

  4. Wipneus! says:

    Jy moet magnesium en kalsium pille drink Pikkie. (serious)

    Ek het ook die rukkende voete!! Maar moenie worry nie, hulle wil maar net stap en nie slaap nie! 😉
    Slaap is boring jy weet 😉
    whahahaha

    Pragtige foto’s!!

    Lekker naweek (((((Siamees)))))

    • Pikkelik says:

      ((((Siamees)))) Ek het al magnesium en kalsium pille gedrink vriendin, dit was soos in die heel eerste meds wat die dokter my gegee het…. Maar ja, slaap is boring, tot jy dit rerig nodig het! 😆 Lekker naweek vir jou ook!

  5. boendoe says:

    Ek moet kom kuier!! Ek het daai watervalle laas gesien as ‘n klein, klein dogtertjie. Beautiful!! Kan ek maar kom, Pik?? 😉

    • Pikkelik says:

      Boendoe, ek kry onmiddelik my gastekamer gereed! Rerig!!! Eie bed, eie stort, eie loo, eie wasbak, eie ketel, eie alles… Maak ‘n datum! (die veldgras neem oor, ek het dringend nog tuinhulp nodig!!! 😆 )

  6. Sammi says:

    Pikkie
    Laasjaar kon ek nie stilsit nie, adrenalien het aanmekaar deur my lyf gejaag. Was van een dokter na die ander tot hul agtergekom het nadat ‘n kamera af is in my maag dat my hele maaglyning klein seertjies het. Was daarna op ‘n lang kursus van medikasie. Dit het beter geraak, maar wou nie heeltemal weg gaan nie – toe gaan ek homeopaat toe en haar meds het wonderlik gewerk. Probleem was, dis baie duur en ek hou nie daarvan om onnodig geld uit te gee nie. Toe soek ek by Clicks se meds rakke vir die bestanddele en VOILA! vind toe Clicks se eie “brand” se Stress-B Complex. Ek neem twee ‘n dag en vind dat nie net het my maag beter geraak nie, maar ek slaap baie beter. Maar ek’s mos oud en 5/6 ure slaap is vir my oorgenoeg.
    Probeer dit, dit het cal mag, potassium, vit B’s en baie ander ou minerale en vitamiene.

  7. krista says:

    Jy moet laat my Lyfie vir jou vertel van my aan-die-slaap-raak-manewales! Ek ruk ook partykeer of laat glip ‘n “ungh” sodra ek in slaap ingaan. Lyfie skrik st g@t behoorlik af. 😳

    Dan is ek onmiddelik wakker en lê en luister of daar enige reaksie van sy kant af kom. Maar dis baie snaaks (op daardie oomblik) en dan gaan ek aan die giggel (soos in die kerk as jy weet jy mag nie lag nie).

    Dan draai ek om en slaap verder . . . geen probleme nie . . . al giggelend . . .

    • Pikkelik says:

      Krista, as dit net ‘n skop, ‘n giggel en ‘n omdraai en slaap is, sal dit my ook nie pla nie, maar dis verby, as ek die aand eers ‘n skop gegee het WEET ek dis tickets, ek sal nie daardie aand slaap nie… O die sorge…. (Maar ek moet bieg dis soms nogal blerrie funny!!)

  8. Zee says:

    Jis, ek is bly dis net slaaploosheid by my. Het alweer hier ook sommer ‘n paar tips gekry.

    Piks, wat van jy koop vir jou ‘n xxxl broek, en steek alby jou bene in die een pyp, at least weet jy darem dat jy nie die splits sal doen nie. 😆 ***koes***

    Lekker party hou!!

    • Pikkelik says:

      Whahahahahahahahaha!!!!!!!!!!!! ROFL!!!!!!!!!!!! O kriesel Zee, wie sê nogal vir jou ek gaan altwee my bene in ‘n xxxl broek se een pyp kry??? 😆 😆

      • wat van ‘n slaapsak? Dan hoef jy nie te worry of jy twee bene in een broekspyp kan kry nie(wat ek seker is jy kan doen) en dit gaan ook nie te kinky wees soos om jou aan die bed vas te maak nie 😉

        • Pikkelik says:

          Ek is oortuig daarvan jy is op een of ander Forbidden substance Voeterjasie!!! Is jy hoog????

          • Hoog? mmmmm….dalk hoog in die takke, want ek’s nie hoog bo seespieel nie. In fact, ek’s gelyk met die see. Ek bly op die 1e vloer, maar dis die hoogste ene.

            Forbidden substance…NOOIT! Nie hier nie.

  9. oopkop says:

    Ek kan nie slaap as my been nie skud nie. Ek slaap op my maag en my regterbeen gaan heen en weer tot ek aan die slaap raak. Manlief is dit nou al gewoond. Ek het nie vir jou raad nie.

    • Pikkelik says:

      LOL Oopkop wieg haarself aan die slaap! Anja, daar is ‘n hengse verskil tussen wieg en jou man se ribbes afskop!! 😈 Maar ja, my kleinboet is nou 36 of 37 ek kan nou nie so vinnig dink nie, maar hy wieg homself ook so aan die slaap!

  10. Sandra says:

    Op my ouderdom kry slaaploosheid nie soveel simpatiek nie – hulle het ‘n klinkklaar rede daarvoor :-). Mooi foto’s ek was baie lank gelede daar, weet net in die hitte was dit die plek waar ek die lekkerste koue koeldrank nog gedrink het.

  11. Kyk ne, ek weet van die restless leg sindroom (voel of jou bene nie tot rus kan kom nie en of jy wil hardloop), maar dit wat jy doen is soos om ‘n 19voetsek se skoeter aan die brand te probeer kickstart! Ons moet jou inskryf vir ‘n kickboxing fight! Jy sal net moet leer boks ook 😆

  12. Mefri says:

    Hallo Pikkie, ek het nou so lekker gegiggel vir julle kostelike kommentare. Gits, dit moet erg wees om so skop-skop te probeer slaap.

    • Pikkelik says:

      Hallo Mefri!!! Ek mis jou jong!!!! Hoe gaan dit nog daar in my hartswêreld???? Die skop-skop is nie die probleem nie, dit is rerig dat ek nie kan slaap nie. Ek is al getoets vir Rustelose Bene sindroom, maar dit is nie by my die geval nie… Ek skop soos ‘n volstruis, rerig, al my spiere is my bene trek onwillekeurig saam en ek laat waai soos ‘n propperse Bruce Lee… Ai, ek spot daaroor, maar dit is rerig erig baie swaar!

  13. Mefri says:

    Ai, ek is regtig vreeslik en opreg jammer vir jou. ((((Pikkie)))))
    Het jy al probeer om aan die slaap te raak met barokmusiek? – dit moet skaars hoorbaar wees

    Watter kleur is jou slaapkamermure geverf? Kleur kan sommige mense erg beïnvloed.

    Ek slaap nog voordat my kop behoorlik die kussing getref het en môreoggend lê ek nog presies so in dieselfde posisie op my regtersy.

    • Pikkelik says:

      ((((Mefri)))) Vriendin, musiek is my lewe!!! Die probleem kom nie in by aan die slaap raak nie, ek raak maklik aan die slaap, maar die oomblik wat my lyf ontspan ruk my bene… Ek weet nie hoe om dit anders te beskryf nie. Word jou lyf nie seer van so in een posisie slaap nie???

  14. flippiefanus says:

    Ai Pikkie, ek is jammer om te hoor dat jy so sukkel met die aan die slaap raak. Ek kan soms so in my drome skrik dat my hele lyf skud. Dan is ek ook wakker, maar ek draai gewoon weer om en slaap verder. Maar ek het ook soms probleme met slaap. Iewers op die internet het ek toe gelees dat mens gewoond raak om wakker te wees in jou bed as mens te lank so le en daarom kan mens nie weer daar aan die slaap raak nie. Daarom staan ek dan op en trek rusbank toe. Dit werk vir my. Miskien moet jy so iets probeer.

    • Pikkelik says:

      Dankie Flipsie. Ek het dit ook gelees, en dis hoekom ek nie net lê nie. My bene skop egter op die rusbank ook. Ek kom agter dat dit beter is as ek sit en slaap!

  15. Mefri says:

    Flippiefanus, jy is diervaar, ek lees opregte omgee in elke woord raak. 🙂

    • Pikkelik says:

      Jy is soooo reg Mefri, hy is darem die dierbaarste Flipsie wat ek ken. ‘n Diep seun. Ek hoop my seun word eendag ‘n man soos wat hy is.

  16. Mefri says:

    Skattebol, ek verstaan mooi van jou beentjies wat so ruk.

    My seun is ʼn Koningskind – toe ek serebrale malaria gehad het, het hy geweier om die spesialis se verdoemende uitspraak te aanvaar dat dit menslikgesproke onmootlik was dat ek dit sou kon oorleef. Hy het nag na nag langs my bed in gebed deurgebring. Sy geloof was so kragtig dat hy nie eers my man laat weet het wat op daardie tydstip in Amerika was nie. My dogter is ook diepgelowig. Ek is so geseënd.

    Gee jou kleinding vir God, soos Hannah dit gedoen het en leer hom van Jesus terwyl hy klein is, HY sal self vir die res sorg.

    Dit is een van die mooiste komplimente wat jy vir Flipsie gegee het, ek stem!

  17. flippiefanus says:

    Pikkie en Mefri, baie dankie vir die nice goed wat julle se. Ek voel nou soos Liewe Hekse wat met haar toon in die grond boor. 😳 😉

  18. BB says:

    Wat jy het is RLS, skat. Restless legs syndrome. Niks met epilepsie te doen nie. en niks te doen met ‘n odd ‘rukking’ nie – dis onbeheersde bewerasie. Yster tekort word baie keer aangedui as een van die oorsake – jy kan ook begin om groter dosisse foliensuur (folic acid) te gebruik – no fear (mens kan nie overdose met f.a. nie 😉 ) – Sekere medikasies kan die toestand vererger, waaronder anti-depressante, slaappille, sekere antihistamiene (baie keer bevat griep-medikasie wat jy oor die toonbank koop hiervan). Spatare en ook skildklier probleme kan ‘n oorsaak wees. Moet nou net nie Yster aanvullings koop en te veel daarvan gebruik nie!!! ‘n Oordosis yster gaan jou laat wens jou bene bewe eerder!! Dis baaaaaie gevaarlik. Laat jou dokter eerder jou ystervlakke toets en dan bepaal watter hoeveelheid jy kan gebruik.
    En dit bring my by dieet: daar’s baie toestande wat met dieet beheer kan word. Sny vir een week heeltemal al jou suiker uit – ook die ‘hidden sugars’ (cookies) asook beesvleis (harde vette) en meel produkte (brood, pasta, koek) , wit rys en aartappels. Los ook vrugte in die week. Eet dus baie groentes, hoender, vark (maar nie te veel), bruin rys, gebruik patats i.p.v aartappels (ek maak tot chips vir Era met patats – en hy vrek daaroor!!) Koop rogbrood of as jy nie sonder brood kan gaan nie volgraan, maar beperk die inname bietjie. Kook ‘n pot groentesop en hou dit gereed vir die hunger/lus.
    Na 7 dae hou jy so aan eet en jy voeg iets terug – soos dalk beesvleis (mince, wors, kookvleis) – monitor jou RLS alliepad. as na die 2de week dinge beter lyk is jou lyf ok met bees en dan kan jy begin pasta en/of rys terugsit in jou dieet. iewers gaan jy kan uitfigure wat dit is wat die toestand vererger of verbeter. Hierdie is nie ‘n weight-loss dieet nie – dis om te kyk waarvoor jou body sensitief is. laaste kan jy bietjies-bietjies suiker terugvoeg.

  19. Pikkelik says:

    BB, baie dankie, ek gaan dit beslis probeer… Ek is eintlik happy met alles wat ek moet uitlos, behalwe die suiker…. O maggits… Dis my dood…. En nie sweets en koek en tert en sulke goed nie, soet koffie…. Maar ter wille van ‘n goeie nagrus sal ek so waar enigiets opoffer. Thanks BB – Met Groot Waardering!

  20. BB says:

    Witgoed isse euwel het my ouma altyd gesê – moet ook nie sommer candarel of ander sweeteners gebruik nie – los die goed en drink daai koffie soosie cowboys van ouds – swart en bitter – dis dan wanneer jy jouself ‘n ware connoisseur kan begin noem 😉

Leave a reply to kaalvoetinireen Cancel reply