John word 7!

2011/04/15

My grootseun word vandag sewe jaar oud.  ‘n Nuwe mylpaal, en al ek terugdink aan die pad wat hy noodgedwonge moes stap en die ‘smooth’ manier hoe hy daardeur gekom het, swel my hart van trots.

My kind is soos sy ouers.  ‘n Amsterdammer in murg en been.  Hy is gemaak om in die bome en berge rond te klim en klouter.  Hy is gemaak om alles met oorgawe te doen.  As hy praat voel hy beter as hy vinnig praat.  Hy is op sy gelukkigste as hy op die hoogste volume kan skree!  Hy wil hardloop want bene is nie gemaak om te loop nie, hy kannie sit nie (behalwe as hy kan teken, verf, met klei kan speel of ‘n nuwe projek kan aanpak).  Hy sit selfs nie eers stil as hy DVD’s kyk nie, hy moet elke trick en move wat hy sien naboots.

Maar hy is ook die sagste kind met die meeste empatie wat ek nog ooit vir iemand van sy ouderdom teegekom het.  Hy is ‘n omgeekind wat vele kere honger by die huis kom omdat hy al sy kos uitgedeel het.  Hy is die seuntjie wat twee weke nadat die skool begin het sonder sy trui by die huis gekom het omdat ‘n ander seuntjie baie koud gekry het en sy mamma nie die geld het om vir hom ‘n trui te koop nie.  Dit was vir hom die normaalste ding om sy trui vir die maatjie te gee.

Hy is ook my hanswors kind.  Iemand wat binne oomblikke ‘n moeilike situasie opsom en sonder veel moeite, almal aan die lag het.  Die een wat sy sussie met ‘n armpie om die skouers sal troos en sy ma se trane met ‘n vuil vingertjie sal afvee.

Ek is so trots op hierdie rots kind van my.  My genade kind.  John = God is genadig.   Nog nooit het ‘n naam beter by ‘n persoon gepas nie.  Nog nooit het ‘n kind sy naam beter uitgeleef as wat my seun dit doen nie.

Dankie Vader vir my klein stukkie genade.


Huisvrou al dan nie…

2011/04/11

Vir drie jaar het ek nou voltyds gewerk. Die laaste bietjie meer as ‘n jaar was ek die broodwinner, en ek was oortuig dat ek nie kan wag om weer huisvrou te wees nie. Om my volle aandag aan my kinders te kan gee, om weer die simpel goedjies te doen wat ek net nooit tyd voor gehad het nie.
En nou sit ek hier. Voltyds huisvrou, met honderde bokse wat nog uitgepak moet word, met ‘n huis wat skoongemaak moet word, wasgoed, stryk, regpak, wegpak en die kinders om my. Wel Cathrine om my en John tot een uur by die skool… en ek wil gek word! Die kinders (so lief as wat ek hulle het, en so graag as wat ek supermamma wil wees) dryf my teen die mure uit! Was hulle maar heeltyd die laaste paar jaar so erg, is dit die trek en die onsekerheid daaraan verbonde wat hulle opklits, is dit net ‘n fase wat hulle deurgaan, of is dit ek!
Iewers, het ek verander…
John het my ‘n rukkie terug daarvan beskuldig dat ek nie meer ‘n sagte mamma is nie. Ek is ‘n kwaai, raas en baklei mamma. Is hy moontlik reg?!
Is dit wat te veel stres en bekommernis aan ‘n mens doen? Is dit wat onsekerheid, ongelukkigheid en onvrede van ‘n mens maak? Of is dit net ek wat weer moet gaan selfondersoek doen, en die vrede in myself moet vind. Die kalmte en vrede wat ek weet ek besit maar iewers moes toemessel net om te kan oorleef?
Wie weet? Maar van vandag af gaan ek een enorme poging aanwend om weer daardie ‘sagte’ mamma te wees. Ek gaan alles insit om weer vir my man ‘n ‘vrou’ in die volle sin van die woord te wees en ek wil weer omgee, vir ander en almal.
Tyd om my ‘surviver-panty’ uit te trek en weer my ou self te word, of so iets. Eintlik maak ek nie eers vir myself sin nie, maar toemaar. Solank ek net weer kan verwoord wat in my gedagtes omgaan is die stryd halfpad gewen.
Ek het ook weer ‘n werksaanbod gekry wat baie goed lyk en voel, maar daar is soveel ander dinge om in ag te neem… Hier is nie naskool nie, wat van vakansies as die skool en die kleuterskool gesluit is? Wat as… Ek gaan maar net op my knieë bly en glo dat ook hier vir my ‘n brug gebou sal word.
Geseënde week vir een en elkeen!


Amsterdam, HARTSLAND

2011/04/08

So ek is terug.  Na byna 3 jaar, sewe trekke en baie trane en pyn is ek terug in my geliefde berge.  Ek voel byna soos Heidie wat huistoe gekom het.  Ek voel vry, ek kry asem.  Ek drink die stilte in…  Ek ruik elke druppel reën wat op die stofstrate plof en voel weer die lewe deur my bruis!

Idilies is dit nou ook nie en ek is hier met meer trane as wat ek kan noem.  Drie Gewels is toe NIE my nuwe tuiste nie.  Die plek is verwoes, verniel, vernietig.  Die stowe (al drie) is uitgesteel, die toilette, wasbakke, baddens is weg.  Die koperpype is alles gesteel, met ander woorde – GEEN WATER!  Die elektriese kabel wat krag na die huis voer is bo by die munisipaliteit se inkomplek afgesaag en die hele kabel na altwee die huise is gesteel.  Die lig’fittings’ is alles gesteel en wag…  selfs die elektriese drade is uit die pype in die mure gesteel.  Daar bestaan nie meer iets soos binnedeure nie…

Wel wat ek eintlik wil sê is dat dit toe nie moontlik was om in die murasie in te trek nie.  Maar ek is hier, in ‘n ander huis.  ‘n Vuil huis, waar ek die honde mis eers met ‘n graaf van die matte moes afkrap.  Gelukkig het ons hulp van die plaas af gehad.  Twee dae lank het ses vrouens gewerk om hierdie huis skoon te kry en die derde dag het mense van Ermelo die matte kom was/skrop/steriliseer…  En toe kon ek uitpak en ek pak nog steeds uit!  En gaan seker ook nog uitpak vir die volgende paar maande.

Maar my hart juig.  My siel het tuisgekom.  Ek lewe!


I think not…

2010/10/09

… maar ek sal beslis op ‘n dieet moet gaan!


To blog or not to blog…

2010/10/01

Ek worstel al lank met die idee om weer ‘n blog oop te maak, maar hoekom in die lewe moet ek ‘n nuwe een oopmaak as ek reeds een het. Die groot vraag is, of ek weer krag het om die gewetenloses af te weer.

Ek was vir so lank stil ek weet nie of ek weer kan nie… Kom ons sien maar hoe gaan dit. Een ding is verseker, dit gaan seker nooit weer dieselfde wees nie.

Hold thumbs…


This is the air I breathe…

2009/11/20

Totsiens almal, laat dit goed met julle gaan.  Leef gelukkig, lag hard, huil as jy moet, en bo alles, vergewe altyd…

Love You


Ten slotte…

2009/11/18

Dit was baie lekker, soms lekkerder as ander kere. Dit was goed – weereens soms beter as ander kere. Dit was leersaam, dit was pret, dit was ‘n ontladings meganisme, dit was ‘n goeie manier om my tyd te verwyl, dit was op ‘n stadium ‘n ernstige verslawing…

Maar alle goeie dinge kom tot ‘n einde – en hiermee dan die einde van hierdie blik.   Daar is geen geheime oorlog, diep onderliggende rede of een of ander onderduimse rede daarvoor nie.  Ek is net klaar geblok.

Ek weier egter om hierdie blog te delete…  net soos wat ‘n mens nie ‘n kind kan ‘delete’ nie, kan ek dit ook nie oor my hart kry om hierdie joernaal van kant te maak nie.   Ek gaan hom egter op een of ander stadium om ‘Private’ stel, sodat dit nie weer in ‘n spamboks verander nie.

Dankie vir almal wat hier gelees het, dankie vir die wonderlike vriende wat ek hier gemaak het, dankie vir die lag en die huil en die vreugde, die hartseer…  alles bymekaar.

Ek wou eers ‘n vreeslike lang inskrywing hiervan maak, met geskenkies vir elkeen – maar daar is te veel.  Hiermee dan vir elkeen wat hier lees of hier gelees het ‘n bos blomme, diep uit my hart!

Laat dit met julle goed gaan, pas julself mooi op, wees lief vir mekaar, versmoor die wat julle liefhet met drukkies en soentjies…  Sê elke dag vir jou eie dat hulle vir jou kosbaar en spesiaal is en lewe asof vandag die laaste dag van jul lewens is!

Tot wedersiens – iewers in die kuberruimte

Baie lief vir julle

Pikkie


Sommer net so…

2009/11/12

Ons het nie veel van ‘n tuin om oor huistoe te skryf nie…  ‘n paar kannas, ‘n klompie inka lelies, vrugtebome, twee posseël grootte stukkies gras en verder sand.  Aan die sykant van die huis is daar dan ook ‘n ‘wanabe’ rotstuin, wat op ‘n tyd seker mooi kon gewees het.   Toe ons in die huis ingetrek het, het daar egter ‘n boom bo-op die rotstuin gelê wat eendag, iewers daar omgewaai het, en sommer net so laat staan is.   Die het ek toe afgesaag, uitgekap en opgesaag.   So die arme kaktussies sukkel maar nog om reg te kom.

So ruk terug kyk ek weer by Poppedyn se kamervenster uit en hierdie asemrowende wonder speel voor my oë af.  Ek moes uit om te gaan foto’s neem.  (die kamera se datum is nog steeds nie reggestel nie…)

011009-009

011009-010

011009-011

011009-014

011009-015

011009-016

Is dit nie opvallend dat so ‘n pragtige, rein, perfekte blom uit so ‘n stekelrige, lelike, eina ding kan uitspruit nie!   Laat mens dink, nè?….


Weereens…

2009/11/04

Hillsong United

With All I Am into your hand

i commit again
with all I am
for you Lord

you hold my world
in the palm of your hand
and I’m yours forever

CHORUS
Jesus I believe in you
Jesus I belong to you
you’re the reason that I live
the reason that I sing
with all I am

I’ll walk with you
wherever you go
through tears and joy
I’ll trust in you

and I will live
in all of your ways and
your promises forever

CHORUS

I will worship I will worship you forever

CHORUS


Ek kan ook kook….

2009/10/27

Julle sal my seker nie glo nie, maar daar is tog ‘n paar goedjies wat ek met sukses in die kombuis kan saamslaan…  Nouwel nie baie nie, en ek is bitter skrikkerig vir nuwe idees, maar my gesin het tot nou toe darem oorleef.

Moet net nie vir my ‘n vreeslike drie bladsy resep gee nie…  my brein verdwaal by die 12de bestandeel wat nog te sê die 34 ste aanwysing…

582550klvayy93i8

Hier is een die Losmoertjies se gunstelinge:

Pikkie se Potluck! (‘n anderste resep vir almal soos ek wat rerig nie kan kosmaak nie…)

(Ek het vergeet om te sê jy moet ‘n ‘slow-cooker’ hê!!!       😀

1 Groot ui – fyn gekap

1 kg Skaapkookvleis (Dit kan sommer lekker goedkoop wees want dit gaan laaaank kook…)

1 koppie kookwyn (of die wat Saterdagaand oorgebly het)

1koppie water

1 Knorrox mutton blokkie

1 teelepel sout

1 teelepel gemengde kruie

Dis al vir eers…

Neuk nou alles in die slow-cooker en dis hier waar die geheim inkom.  As jy heeldag by die werk gaan wees, sit die pot op Auto-shift en as jy tuis gaan wees – soos op ‘n Sondagoggend sit die pot op high.

Nou gaan stort jy en trek aan, doen jou hare, plak jou bakkies op, trek die kinders aan, voer hulle Wheatbix en gaan werk toe – alternatief – klim terug in die bed of gaan speel met die kinder.

Die volgende bestanddele kan iewers gereed gekry word.

8 Wortels – geskil en in groot cubes gesny

5 Aartappels – geskil en in 8 stes gesny

4 heel soetmielies – in bite-size stukke gesny

1\2 sachet Tamatie puree.

(enige ander groente wat jou gesin eet sonder om bykans moord te skree as dit op hul borde verskyn…)

Metode vir as jy heeldag  by die huis is….

Gooi nou al bogenoemde bestanddele in die pot min of meer ‘n uur voor jy die kos gaan voorsit.   Sit ‘n potjie rys op as jy ‘n rys eter is.  Anders gaan speel nou weer met die kinders….

Metode vir as jy heeldag by die werk is….

Skakel die bediende 1 1/2 uur voor jy huistoe gaan, sê vir haar om nou die wortels en aartappels te skil en in stukke te sny.  Die mielies skoon te maak en ook in drie te sny.  Sy moet nou alles in die pot gooi en seker maak daar is nog genoeg vloeistof, anders moet sy nog ‘n halwe koppie van die wyn wat jy ingegooi het (en sy hopelik nie opgedrink het nie) bygooi.

Finale afronding

Gooi nou bietjie Chutney by en roer alles deur.

Gaan bad die kinders en dek die tafel.   Maak nou bietjie cous-cous.  (Njammies).

Bedien die gereg met die Cous-cous en ‘n vars mengelslaai.

SIEN SKOOR – EK KAN OOK KOOK!!!