…maar ek kon nie…

Dit broei nou al ‘n geruime tyd hier in my binneste.  Ek het dit al oorweeg, heroorweeg, daarvoor besluit en dan weer daarteen besluit.   Dis eenvoudig nie ‘n maklike besluit nie.  Vir maande nou al wil ek hierdie blog delete.  Uitwis, wegvee en gisteraand besluit ek vanaand is die aand.

Ek het voor my rekenaar gaan sit, gereed, oorgehaal…  en besluit toe om vir oulaas net weer ‘n paar goed te lees.  Dit was die grootste fout denkbaar.  Vir die helfte van die nag het ek aan die blog gelees.  Van die heel eerste inskrywing af, elke liewe een.  Ek het elke song geluister en elke foto gekyk.

Weereens gelag dat die trane loop en ook gehuil dat die trane loop.

Nodeloos om te sê, ten spyte van die feit dat ek eenvoudig nie meer die tyd het om te skryf nie, dat ek nie werklik eers meer die ‘muse’ het om te skryf nie, kon ek eenvoudig nie die stukkie van my lewe uitvee nie.

Want skielik het ek besef dat die blog ook ‘n plek het in my lewe, en al skryf ek dan nie so gereeld as ek wil nie, en al is daar bitter min van die oorspronklike klomp kêkkelkouse oor.  Is daar nuwe mense om te lees, nuwe stories om oor te lag en nuwe idees om te deel.

So dit wil al vir my voorkom of hierdie bloggie maar hier gaan sit met sporadiese nuwe inskrywings tot die dag wat ek my kop neerlê.

Be kinder than necessary; for everyone you meet is fighting some kind of battle.

9 Responses to …maar ek kon nie…

  1. Xena Phoenix says:

    😆 😆

    Dit is vir my interessant hoe mense altyd groet en ‘n paar weke later weer antwoord gee. Al is hulle blog delete. As dit eers in jou is, is dit soos ‘n kind. Een wat jy nie sommer skade doen nie.

  2. seegogga says:

    So wou ek jare lank my dagboek van my jongjare delete, ek bedoel verbrand, maar het nooit daarby uitgekom nie. Eind verlede jaar gebeur daar toe iets wat my my ou dagboek laat soek en lees. Nou is ek sooooo dankbaar dat ek nie al daardie herinneringe, goed sowel as sleg, vernietig het nie. Glo my, hoe ouer jy word, hoe belangriker word die verlede. Jy gaan eendag in die ouetehuis lekker sit en lees! Print sommer jou blog uit ook, vir die wis en die onwis……

  3. Son says:

    Dankie tog jy het nie! Dis waar wat Herrie sê, dit sal so goed wees jy vermoor een van jou kinders!

  4. En nou en dan sluit daar nuwe bloggers aan en lees tog te lekker hier. Hou dit!

  5. turksvy says:

    Nou wat sal ek nou se? 😳
    Besig met my derde blog, en ek treur nog oor een en twee. En voel nog nie tuis in my nuwe vel nie. Nee wat, vat dit nou van ‘n ou blog-deleter: MOENIE!!!

  6. netjane says:

    Ek wou ook ‘n ruk terug verdwyn, omdat ek deesdae so min hier op WordPress verskyn, maar het darem nie.

    Ons klomp “ou” bloggers sal maar altyd hier rondhang Piks! Bly jy is ook nog hier

    • Zee says:

      Snaaks dat ‘n hele paar van ons so voel. Ek het eers myne op pvt gesit en later eers weer bietjie gedink hoekom ek eintlik die blog oopgemaak het. Ek het toe besluit om dit maar weer oop te maak, al word daar net een mensie gehelp…

      So bly jy het nie die delete knoppie gedruk nie Piks…

      So waar Netjane… ek sal seker maar soos ‘n vinkie hier rondhang, al maak ek nie sommer meer inskrywings nie, sal seker as my “muse” besluit dis nou weer tyd 🙂

  7. Kopbeen says:

    Delete is darem maar ‘n drastiese stap, maak hom dan eerder net toe met ‘n password.
    Of as jy hom regtig wil delete, export hom eers sodat jy die file kan stoor en dalk later weer kan gebruik.

Leave a reply to turksvy Cancel reply