Amsterdam, HARTSLAND

So ek is terug.  Na byna 3 jaar, sewe trekke en baie trane en pyn is ek terug in my geliefde berge.  Ek voel byna soos Heidie wat huistoe gekom het.  Ek voel vry, ek kry asem.  Ek drink die stilte in…  Ek ruik elke druppel reën wat op die stofstrate plof en voel weer die lewe deur my bruis!

Idilies is dit nou ook nie en ek is hier met meer trane as wat ek kan noem.  Drie Gewels is toe NIE my nuwe tuiste nie.  Die plek is verwoes, verniel, vernietig.  Die stowe (al drie) is uitgesteel, die toilette, wasbakke, baddens is weg.  Die koperpype is alles gesteel, met ander woorde – GEEN WATER!  Die elektriese kabel wat krag na die huis voer is bo by die munisipaliteit se inkomplek afgesaag en die hele kabel na altwee die huise is gesteel.  Die lig’fittings’ is alles gesteel en wag…  selfs die elektriese drade is uit die pype in die mure gesteel.  Daar bestaan nie meer iets soos binnedeure nie…

Wel wat ek eintlik wil sê is dat dit toe nie moontlik was om in die murasie in te trek nie.  Maar ek is hier, in ‘n ander huis.  ‘n Vuil huis, waar ek die honde mis eers met ‘n graaf van die matte moes afkrap.  Gelukkig het ons hulp van die plaas af gehad.  Twee dae lank het ses vrouens gewerk om hierdie huis skoon te kry en die derde dag het mense van Ermelo die matte kom was/skrop/steriliseer…  En toe kon ek uitpak en ek pak nog steeds uit!  En gaan seker ook nog uitpak vir die volgende paar maande.

Maar my hart juig.  My siel het tuisgekom.  Ek lewe!

10 Responses to Amsterdam, HARTSLAND

  1. Louisa says:

    Welkom terug, sterkte met die uitpak!

  2. Anna-Marie says:

    Ek het nou net teru gepage en gelees wanneeer mens gereed is om kinders te kry – uitstekend! Ek hoop jy woon nou lekker in jou hartsland. Sien uit daarna om nog van jou goeters te lees!

  3. Xena Phoenix says:

    PPPPPPIIIIIIIIKKKKKKKKKKKKIIIIIIIIIEEEEEEEEEE

    Welkom terug

  4. toortsie says:

    Nou sal ek natuurlik ‘n dag moet afvra om te gaan lees VAN WAAR AF jy terug is….
    maar WELKOM TERUG!

    • Pikkelik says:

      Ek kan jou die moeite spaar Toorts, LOL, Amsterdam, Upington, Gauteng, terug in Amsterdam. Hmmmm, klink maklik, maar sjoe – what a ride!

  5. Olga says:

    Ek was vertel die Assegaai se waters laat jou nooit tevrede wees met ander plek se water nie. Mens gaan altyd terug om nog assegaai water te drink. Maar lyk my Westoe het ook ‘n sterk roepstem.

  6. Pikkelik says:

    Dis nie Westoe wat die probleem is nie Olga, dis die Ghobosh… Ek is verlief op daai stukkie vallei, en kan ‘n hele paar stories daaroor vertel… soos byvoorbeeld dat ek en Mynick, daar gaan piekniek hou het en toe ons terugkom was ons drie… Ouboet was ook by!! 😀

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: