Ten slotte…

Dit was baie lekker, soms lekkerder as ander kere. Dit was goed – weereens soms beter as ander kere. Dit was leersaam, dit was pret, dit was ‘n ontladings meganisme, dit was ‘n goeie manier om my tyd te verwyl, dit was op ‘n stadium ‘n ernstige verslawing…

Maar alle goeie dinge kom tot ‘n einde – en hiermee dan die einde van hierdie blik.   Daar is geen geheime oorlog, diep onderliggende rede of een of ander onderduimse rede daarvoor nie.  Ek is net klaar geblok.

Ek weier egter om hierdie blog te delete…  net soos wat ‘n mens nie ‘n kind kan ‘delete’ nie, kan ek dit ook nie oor my hart kry om hierdie joernaal van kant te maak nie.   Ek gaan hom egter op een of ander stadium om ‘Private’ stel, sodat dit nie weer in ‘n spamboks verander nie.

Dankie vir almal wat hier gelees het, dankie vir die wonderlike vriende wat ek hier gemaak het, dankie vir die lag en die huil en die vreugde, die hartseer…  alles bymekaar.

Ek wou eers ‘n vreeslike lang inskrywing hiervan maak, met geskenkies vir elkeen – maar daar is te veel.  Hiermee dan vir elkeen wat hier lees of hier gelees het ‘n bos blomme, diep uit my hart!

Laat dit met julle goed gaan, pas julself mooi op, wees lief vir mekaar, versmoor die wat julle liefhet met drukkies en soentjies…  Sê elke dag vir jou eie dat hulle vir jou kosbaar en spesiaal is en lewe asof vandag die laaste dag van jul lewens is!

Tot wedersiens – iewers in die kuberruimte

Baie lief vir julle

Pikkie

45 Responses to Ten slotte…

  1. Wipneus! says:

    ((((Pikkie)))) Dan los ek jou met jou eie strale:
    Lat jou se liggie elke dag so skyn dat die mense om jou vir jou se: “Nei Man! dim jou se lights!” Dan moet jou antwoord wees: “Die’s net my parklights – check my brights!” Sien jou een van die dae 😉

    • Pikkelik says:

      (((((((((((((((((((((((SIAMESIE)))))))))))))))))) Ek wonder of ek nou al kan begin tasse pak? Maar dis om die draai, hierdie gaan ‘n Kersfees met ‘n verskil wees!

  2. Twilight says:

    Ag dis hartseer. Ek hoop ons sien jou weer eendag om ‘n draai.

  3. Jinne… al die ou grotes pak op en waai koebaai… Dis hartseer!

    Goed gaan Pikkie! 😛

  4. koeksister says:

    ((((Pikkie)))))) Voorspoed!🙂

  5. Plaasjuppie says:

    Dit word darem nou baie erg eensaam hier op die bloggies met al die maaikies wat so oppak en trek. Aai dis jammer om jou te sien gaan Piks, maar alle voorspoed en sterkte in alles wat jy aanpak. Ons gaan jou mis hier rond.

    So bietjie van die onderwerp af. Jy kan al jou inskrywings “save” in PDF formaat en dit op jy piesie stoor om later dalk te print. Dan het jy nie noodwendig nodig om die plekkie te onderhou en passwords te bere en al daai dinge nie. Laat weet my wat is jou epos (as jy wil) dan stuur ek vir jou ‘n voorbeeld van so gestoorde dokument sodat jy kan sien hoe dit lyk.

    Mooi loop jong.

  6. Krista says:

    Ag nee . . . . !!!!!!!!!!!!!!!!!

    Check asb jou e-mail soms, ons wil vreeslik graag op ‘n stadium om ‘n tafel sit met julle. VREESLIK graag . . .

  7. Dellie says:

    *snik* Ag nee Piks man – nie jy ook nie!😥 Sorry, sorry – dis jou keuse – my hart is maar net ekstra seer omdat jy en Wip so saam koebaai sê.

    Maar dit was ‘n lekker ride né? Ons het pret gehad, gelag, gehuil, geleer, soos jy sê … en al was ek self nie baie aktief die afgelope tyd nie, het ons so met die plaas parties saam lekker gekuier.😆

    Dit gaan jou blikkies Piks – jy en daai mooi familie van jou. Ek voel geëerd om jou te kon leer ken het.

    • Pikkelik says:

      Ai Dellerasie!!! Jy het my letterlik gehelp om hierdie bloggie op die map te kry!!! 😆 Ek gaan nie weg nie … net bietjie weg? 😀 Ons sal weer praat!

  8. Vlam says:

    Ag ou Pikkelik se Blik!! 😦

    Ek gaan jou so mis!

    Kan ons nie net die tyd ‘n jaar terugdraai nie?? Ons het soveel goeie tye op die blogs gehad. WAAR is al die vreugde heen??

    Dit gaan jou goed, Pik. Bly net in touch – op Facebook, ne? (Ek sal my alie moet opjack en meer gereeld daar inloer!) 😆

    Lief jou baie!

    XXX

  9. ELF says:

    Hierdie is die een post waarna ek in niemand se blog uitsien nie, dalk waarom ek self ‘just up and leave’ om dit minder emosioneel te maak.

    ‘Dis net n blog’ hoor ek baie mense se .. maar ek hou voet by stuk n blog is meer as net n ‘url’ as mens genoeg unrehearsed brokkies van jouself daarin invest het.

    Dit word eensaam hierso op WP, toegegee. Maar ek wonder soms, is dit nie waar die toets plaasvind wat die mooi-woorde-maaitjies van die regte-maaitjies skei nie? Ek wonder net ..

    Pikkie .. ek het net goeie onthou van jou. Keep it real, always. xx

  10. maxie says:

    Ag nee….
    Mooi loop Pik.

  11. Alta says:

    😦 Alle voorspoed vorentoe Pikkie. Jy sal defnitief gemis word!

  12. demoerin says:

    Ek is seker daarvan ons sal jou nog hier en daar raaklees….

  13. Chopper says:

    Goed gaan, Pikkie, was altyd lekker om jou blog te lees.

  14. Zee says:

    (((((Pikkie)))))

  15. Ogies says:

    Hierdie staan op Mia se Little Mermaid t-shirt, maar dit is vir my so waar van jou. “Sing your dreams loud enough for all to hear!!” Dankie Pikkie.

  16. Emil says:

    Mooi loop, Pikkie.

  17. Dankie dat jy begin blog het en dankie dat jy so goeie vriendin is! Mag daar net mooi dinge op jou pad vorentoe wees! Ons gesels gou weer😉

  18. Rustig says:

    Sterkte in Upington! Moenie dat die son en sand jou onder kry nie!😉

  19. parkes1 says:

    Bye Pikkelik mag als net goed gaan vorentoe.

  20. Wille Kjind Q says:

    Koebaai Pik. Eks bly ek kon jou met die hand groet. Mooi loop

  21. demoerin says:

    As ek weer in Upington kom…. sal ons daar tussen die sand ‘n bier gaan drink!

    • Pikkelik says:

      As jy myne in wyn verander is dit ‘n deal DMI… Hou die blink kant bo en begin tog weer met die koerant dat ek ten minste elke Vrydag ‘n opsomming kan kry seblief! 😆

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: