Sommer net so…

Ons het nie veel van ‘n tuin om oor huistoe te skryf nie…  ‘n paar kannas, ‘n klompie inka lelies, vrugtebome, twee posseël grootte stukkies gras en verder sand.  Aan die sykant van die huis is daar dan ook ‘n ‘wanabe’ rotstuin, wat op ‘n tyd seker mooi kon gewees het.   Toe ons in die huis ingetrek het, het daar egter ‘n boom bo-op die rotstuin gelê wat eendag, iewers daar omgewaai het, en sommer net so laat staan is.   Die het ek toe afgesaag, uitgekap en opgesaag.   So die arme kaktussies sukkel maar nog om reg te kom.

So ruk terug kyk ek weer by Poppedyn se kamervenster uit en hierdie asemrowende wonder speel voor my oë af.  Ek moes uit om te gaan foto’s neem.  (die kamera se datum is nog steeds nie reggestel nie…)

011009-009

011009-010

011009-011

011009-014

011009-015

011009-016

Is dit nie opvallend dat so ‘n pragtige, rein, perfekte blom uit so ‘n stekelrige, lelike, eina ding kan uitspruit nie!   Laat mens dink, nè?….

11 Responses to Sommer net so…

  1. Louisa says:

    Wow, dis pragtig!🙂

  2. koeksister says:

    Dis nou baie mooi🙂

  3. Krista says:

    Amazing!

  4. Marhie Peyper says:

    Dit is te pragtig vir woorde! Dit is met die Here se skeppings of wat se ek! Groete Marthie

  5. Sonkind says:

    Sjoe, die pienk is vreeslik mooi!

  6. Ogies says:

    Sjoe, dis mooi! So mooi pienk by die pienk poppie se venster!

  7. Dellie says:

    Wow! Baie mooi Piks!

  8. Wipneus! says:

    Hi Piks

    Dis magical!! Jou woorde lui deur, ja uit die lelikste kom die mooiste, soms kos dit net bietjie soek en moeite doen! 😉
    (Piksie ek het jou boodskappie geky, baie dankie, dis nou te laat om terug te bel of te sms, môre-middag vertel ek jou)😉
    x x

  9. anbourke says:

    Hi Pikkelik
    Wow, Ek hou van kaktus blomme. Dit laat my altyd dink dat daar moet iets mooi in alles en almal wees want tot die Kaktusse stem saam as hulle sulke pragtige blommetjies uitskiet.
    Gogga

  10. Nou watse blomme is daai?

    Die blom self lyk vreeslik sag!

  11. Tersia says:

    Hierdie kaktusse bly maar ‘n wenner! Kom maak nou ‘n draai sodat jy vir jou kan kom plante uithaal hier by my!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: