Ek kan ook kook….

Julle sal my seker nie glo nie, maar daar is tog ‘n paar goedjies wat ek met sukses in die kombuis kan saamslaan…  Nouwel nie baie nie, en ek is bitter skrikkerig vir nuwe idees, maar my gesin het tot nou toe darem oorleef.

Moet net nie vir my ‘n vreeslike drie bladsy resep gee nie…  my brein verdwaal by die 12de bestandeel wat nog te sê die 34 ste aanwysing…

582550klvayy93i8

Hier is een die Losmoertjies se gunstelinge:

Pikkie se Potluck! (‘n anderste resep vir almal soos ek wat rerig nie kan kosmaak nie…)

(Ek het vergeet om te sê jy moet ‘n ‘slow-cooker’ hê!!!      😀

1 Groot ui – fyn gekap

1 kg Skaapkookvleis (Dit kan sommer lekker goedkoop wees want dit gaan laaaank kook…)

1 koppie kookwyn (of die wat Saterdagaand oorgebly het)

1koppie water

1 Knorrox mutton blokkie

1 teelepel sout

1 teelepel gemengde kruie

Dis al vir eers…

Neuk nou alles in die slow-cooker en dis hier waar die geheim inkom.  As jy heeldag by die werk gaan wees, sit die pot op Auto-shift en as jy tuis gaan wees – soos op ‘n Sondagoggend sit die pot op high.

Nou gaan stort jy en trek aan, doen jou hare, plak jou bakkies op, trek die kinders aan, voer hulle Wheatbix en gaan werk toe – alternatief – klim terug in die bed of gaan speel met die kinder.

Die volgende bestanddele kan iewers gereed gekry word.

8 Wortels – geskil en in groot cubes gesny

5 Aartappels – geskil en in 8 stes gesny

4 heel soetmielies – in bite-size stukke gesny

1\2 sachet Tamatie puree.

(enige ander groente wat jou gesin eet sonder om bykans moord te skree as dit op hul borde verskyn…)

Metode vir as jy heeldag  by die huis is….

Gooi nou al bogenoemde bestanddele in die pot min of meer ‘n uur voor jy die kos gaan voorsit.   Sit ‘n potjie rys op as jy ‘n rys eter is.  Anders gaan speel nou weer met die kinders….

Metode vir as jy heeldag by die werk is….

Skakel die bediende 1 1/2 uur voor jy huistoe gaan, sê vir haar om nou die wortels en aartappels te skil en in stukke te sny.  Die mielies skoon te maak en ook in drie te sny.  Sy moet nou alles in die pot gooi en seker maak daar is nog genoeg vloeistof, anders moet sy nog ‘n halwe koppie van die wyn wat jy ingegooi het (en sy hopelik nie opgedrink het nie) bygooi.

Finale afronding

Gooi nou bietjie Chutney by en roer alles deur.

Gaan bad die kinders en dek die tafel.   Maak nou bietjie cous-cous.  (Njammies).

Bedien die gereg met die Cous-cous en ‘n vars mengelslaai.

SIEN SKOOR – EK KAN OOK KOOK!!!

16 Responses to Ek kan ook kook….

  1. Vlam says:

    😆 Dit lyk my jy kan kook! Nou’s ek lus vir so skaapbredie-deurmekaar-storie. :mrgreen:

  2. Salome says:

    Njammies!! Dit moet ek probeer, maar ek sal maar die platboom Mandela pot gebruik, want ek het nie ‘n slow-cooker nie.

    My vinnige wenner is pannekoek gevul met geblikte sardientjies. Dan gooi jy ‘n lekker witsous oor en gerasperde kaas.
    Oooh, wat van Macaroni en Kaas? Dit werk elkekeer.
    En moenie die Spagetti bolognaise vergeet nie.
    Hier by ons kan ek gelukkig vir my mense elke 2de aand pasta gee. Dis maklik, veelsydig en baie vinnig

  3. Wipneus! says:

    Baie lekker!😆

  4. Wyn wat Saterdagaand oorgebly het??? Nie in my huis nie! Het anyway nie ‘n slow cooker nie en hier’s nog minder skaapvleis, so ek sal maar uithou tot ek weer my ma sien😉

  5. mnr.muller says:

    O wee, jou resep het alreeds te veel bestanddele vir my – en ek het nie ‘n slow cooker nie!

  6. Rustig says:

    Stem saam met Kaalvoet. Hier bly ook nie wyn in my blyplek oor nie. Watse mense is julle. Niemand gaan slaap voor die wyn nie op is nie.

  7. Krista says:

    Nee wragtag, ons sal moet kom proe! Ek het nog nooit iets in ‘n slow cooker geprakseer nie!

  8. Ogies says:

    Hoekom het ek ooit groot geword!!! Ek mis my moeksie se kos!!!!!!!!

  9. Xena Phoenix says:

    Pikkie jok!

    Ek het al van haar kos geeet en dit was baie lekker.

  10. Skoor says:

    Enige huis moet ‘n slowcooker en ‘n drukkoker he.

    Dis liferafts as alles gevries is en die bekkies wil kos he!

  11. Nou Pik…. Wat nou as jy nie ‘n bediende het nie?

  12. Pikkie says:

    Ek gaan eerder niemand se kommentaar antwoord nie, want dit kom nou van verwaandheid… 😳 Ek het sowaar as parra manèl dra gisteraand – let nou mooi op – freaking gekookte eiers verbrand!!! Rerig erig… Ek dink ek is die swakste kok wat nog ooit op planeet aarde beweeg het!

  13. Mefri says:

    Dankie Pikkie, ek het ‘n wit olifant en sy naam is slow cooker. Ek gaan dit beslis probeer, dit klink heerlik!

  14. Skoor says:

    Pikkie, ek het spesiaal vir jou ‘n verspot-maklike resep loop soek en op skoorkos.wordpress gaan plaas sodat jy vanaand jouNick en die kinders se harte kan terugwen.

    Ek stel voor jy val gou daar in, en dan sit jy af winkels toe om die bestanddele te gaan kry.

    Vanaand maak julle troppie sommer saam hierdie lekkerte.

    En jy is gewaarbord dat NIKS sal brand nie, want die stoof en oond gaan af bly!

  15. Jy sien Pikkie, as ek heeldag by die huis is, is die laaste ding waaraan ek dink kook.

    En as ek die hele dag by die werk is, dink ek nooit ooit aan kos nie, soms eet ek nooit die hele dag nie.

    Ek begeer: ‘n voltydse kok in my lewe🙂

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: