Vermis

As iemand kan help sal ek baie dankbaar wees.  Ek is op soek na my hond (nee, dis nie die ‘Swart hond’ nie.)  Hy kan werklik enige plek wees.

Hier volg ‘n kort beskrywing.

Hy kan uitgeken word aan die volgende:

Hy het net een oor, die ander een het hy in ‘n straatgeveg verloor.

Sy linkeroog het hy onlang tydens ‘n boksgeveg met die bure se Siamees beseer en moes toe verwyder word.

Sy regter agterbeen is afgesit nadat hy uiteindelik die vierwielmotorfiets gevang het.

Hy het ‘n litteken wat vanaf sy voorpoot onder sy maag deurloop tot by sy regter agterbeen (wat geamputeer is), waar hy hom misgis het met die hoogte van die heining.

Die hare op sy rug groei plek-plek nie meer nie, nadat hy per abuis die bure se teef wou dek en toe met warm water gegooi is…

Om bogenoemde rede is hy so twee weke gelede gekastreer.

Hy reageer op die naam “LUCKY

Laat weet my maar asseblief as julle hom iewers sien, my lewe is net nie dieselfde sonder hom nie!

540957x9slahm5jk

14 Responses to Vermis

  1. boervrou says:

    ROFL nice Pikkie!

  2. Vlam says:

    😆 😆

    Reageer nogal op die naam ‘Lucky’? Bwhahahaha!!!! 😆

  3. Ogies says:

    Siestog, hy is omtrent Lucky!!!!

  4. Skoor says:

    Jy seker hy sit nie in die roosbos vas, of is saam met die vuilisverwyderaars weg nie??

  5. Wipneus! says:

    Whahahahahahaaaa😆

  6. Sonkind says:

    Pikkie, ek weet nou nie of ek moet lag of huil nie😈

  7. demoerin says:

    😆 Dit is moer snaaks!
    Ek dink ek het hom laas op ‘n vlot gesien oppad na die Augrabies valle toe….

  8. Jy seker hy lewe nog?

  9. Ek het regtig weggevoer geraak tot en met die Lucky deel… :mrgreen:

  10. Dellie says:

    Whahahaahahahaa!😆

  11. Wipneus! says:

    Hei Siamees ek wil jou naam ook Lucky gee, want ek “vermis” jou. :mrgreen: Maar moenie worry nie julle, my Lucky Siamees het darem nog altwee haar ore en ek weet vir ‘n feit sy het nie hare op haar rug nie, miskien moet ek net volgende keer seker maak:mrgreen:

  12. Alta says:

    😆 Shame man.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: