Lewensreëls….

Daar is sekere reëls waarvolgens ek my lewe leef…  en ek glo elke mens het tog ‘n manier van doen, ‘n sekere ingesteldheid waarvolgens hy/sy lewe.  Daarom het ek besluit om (aangesien almal nou weer aan die tag is…    :grin:    ) ‘n paar mense te vra om ook hulle reëls met ons te deel.  Sonder verdere omhaal, hier is myne…

1.   Doen aan ander soos jy wil hê hulle aan jou moet doen….   Ek glo almal wat hier lees weet teen hierdie tyd dat ek ‘n weergebore Christen is, dat ek in die Drie-Eenheid glo en dat my Bybel my rigtingwyser is.   By hierdie eerste reël sluit ek dan dus die volgende…   Ek het die Here my God lief met my hele hart, my hele siel, my hele verstand, my emosies, my denke, my liggaam, my gedagtes, my alles….   En ek streef daarna om ALLE mense ook so lief te hê.

2.  Deel vreugde uit soos wat Hartenbos se Kersvader sweets uitdeel…  Dis verniet en net moontlik maak ek iemand se dag….    😈

3.  Moet nooit jou persoonlike piramide vergeet nie…   Myne lyk soos volg.  Heel bo in die hoek, my God, dan my gesin, dan my familie, dan my vriende en dan alle ander mense met wie ek in aanraking kom…  Deur gefokus te bly hierop, weet ek dat ek in ‘n mate beheer behou.

4.  Leef eenvoudig.   Hoe minder jy het om jou oor te bekommer, hoe minder gaan jy jou bekommer.

5.  Kies jou argumente….   Ek laat my in geen omstandighede insleep in ander se argumente nie.  Ek kies waaroor ek ‘n hêrrie gaan opskop en waaroor nie.   Die lewensbelangrike goed sal my opgesaal met my perd op sy agterpote laat staan, maar ander dinge, dinge waaroor ek in alle geval geen beheer het nie EN die wat in any way so simpel is dat ek oor ‘n week daaroor gaan lag of bloos, laat ek net verbygaan.

6.  (wat nogal gekoppel kan word aan nommer 5 ) Ek stres nie oor twak nie…  Ek kan eerlik nie omgee of die staatspresident of die dominee of wie ook al besluit om my op ‘n Sondagaand te besoek en my huis in chaos aantref nie…  Ek, Mynick en my kinders het die dag omgespeel…  ons het leggo’s gebou en karretjie gespeel en poppe gebad en DVD’s gekyk op ‘n goeie dag en op ‘n slegte dag het ons in die tuin gewerk en modderkoekies gebak en kastele gebou en die grond en moddel peul nog deur ons tone en ons het nog nie ons vingernaels skoongemaak nie…  So jammer meneer die president, dis wie ons is, kuier of los dit…

Daar is natuurlik nog ‘n hele paar, maar almal kan op een of ander manier aansluit by wat ek alreeds gesê het.

Ek tag dan nou vir Herriemerrie, Wipneus, Vlam, Sammi, Ding, Dellie, DMI en Ogies, Sonkind BB en Krista om julle reëls neer te pen.    😆

Ek kan nie wag om julle huiswerk te lees nie!

493792ooj8thq9ra

22 Responses to Lewensreëls….

  1. Xena Phoenix says:

    Pikkie

    Gmf. Doen eers jou huiswerk – alles – en dan deel jy huiswerk uit.

  2. Wipneus! says:

    Uhmmmmm dis nou die tweede tag!!! 😳

    Jip ek ken nou van die persoonlike piramide, jy het dit nou al soos ‘n korporaal in my kop in gedril, ek raak al skoon bang as my selfoon lui!!!!!! :mrgreen: 😆

  3. Sammi says:

    Né Piksie!? Nou HOE lank presies gee jy ons om daai te doen? Ek wil weet blief, sodat ek my besige program met hierdie kan onderbreek😉
    Die weer is vandag so uiters geskik vir onder die boom gaan sit en daai veer dop te hou

  4. Sammi says:

    Allllooooooooooooooo Wipsie!!!!!

  5. Wipneus! says:

    Hello Sammi😳 ek is regtig besig met my huiswerk hoor ek werk fluks en baie hard. 😆

  6. Ogies says:

    Allrighty. Maar ek sal moet gaan dink Piks. Dit is ‘n baie belangrike tag.

  7. Vlam says:

    Ek weet ek lees altyd jou “Laat dit skyn” blokkie, en dan kry ek groot lag vir jou, maar dis presies hoe ek jou leer ken het. 😉

    Ek’s nogal bly oor hierdie tag, hoor. (Dit gebeur nie aldag nie!) :mrgreen:

  8. carina says:

    Ek is nogal bly ander mense het ook ‘n nommer ses soos myne🙂 By my moet hulle nog hulle eie koffie ook maak…

  9. ding says:

    PIKKIE!
    Hier sien Ding vir jou uiteindelik weer raak en dan jaag jy vir Ouding summier klip toe! Oi! Is reg, Pikkels, Ding sal loop klipsit en laat weet voordat Ding bos toe verkas.

  10. Krista says:

    Is jy seker jy wil myne weet? Dis maar redelik straight forward en sonder poefies jong . . .

    Sal gaan dink . . .

  11. […] 13 10 2009 Op Pikkie se versoek moet ek julle verveel met die reëls waar volgens ek lewe.   ‘n Mens kan dit […]

  12. […] ek lewe By Vlam Leave a Comment Categories: Tags en Terloops Pikkelik het my getag om die reëls waarvolgens ek lewe, te deel.  Ek dink nie ek lewe ‘n besonder voorbeeldige […]

  13. […] Posted on Oktober 14, 2009 by demoerin Pikkie het skaars haar eerste asem in die blogosfeer geblaas na haar baie, baie, baie LAAAANNNNNGGGGG […]

  14. […] 14, 2009 by Sammi Pikkie, Sammi het nog nie regtig gedink aan reëls om mee te lewe nie. Ek leef maar net en doen maar net. […]

  15. Dellie says:

    Dit het nogal bietjie dinkwerk nodig, maar ek belowe ek sal daarby uitkom😉

  16. ding says:

    Pikkie, Ding het daai loop doen op die Stoep – Ding se ook maar net.

  17. Dellie says:

    Dis gedoen Piks😉

  18. Carpe Diem says:

    […] Pikkie vra ek moet vertel van my lewensreëls. Mens dink nie aldag daaraan nie, mens lewe dit maar net. Daar is riglyne waarvolgens ek (probeer) lewe. Probeer, want ek is bo alles MENS, en geen mens is perfek nie. So, ek maak foute, soms groot foute, maar ten spyte daarvan loop ek met my hand in God s’n en ek weet Hy ken my buitekant en my binnekant en Hy weet ek probeer so reg as menslik moontlik leef. […]

  19. betsieboop says:

    Deel vreugde uit

    dankie vir die vreugde wat jy vir Bets uitdeel Pikkelik!

  20. […] Pikkie het my getag om te gesels oor my lewensreëls.  Jammer ek is laat Piks en my verskoning ook aan die res van my lesers dat ek so min blog op die oomblik  […]

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: