Hier’s ek weer…. (en Sammi se tag)

Jip, hiers ek weer… Ek weet eerlik nie wat my besiel nie, ek weet nie of dit die regte besluit is nie… Ek het wel nie geblog nie, maar ek weet alles wat hier aangegaan het…  En ek hou nie baie daarvan nie.   Wat my deksel is, is dat iets wat ‘n persoon vir ontspanning/ontvlugting/plesier doen jou wese so kan kwes…  Maar dit kom eenvoudig weer terug na die ou-ou punt van my dat mense nie meer omgee vir ander se gevoelens nie…

Elkeen wil REG wees.  Elkeen se Punt is korrek.  Elkeen wil op sy eie misbolletjie sit en koning kraai en bewaar die een se siel wat nie van sy mis wil eet nie…  Maar dit daargelaat, ek is nie ‘n persoon wat graag mond uitspoel nie en as ek dit doen, dan doen ek dit behoorlik en gaan aan met my lewe…  wat tussen hakkies ‘n plesier is…  Ek lief my man stukkend, ek is mal oor my kinders (loopneuse en al), ek hou nogal van my werk en vir meer kan ek nie vra nie.

Nou – my liefste vriendin     :grin:     – Sammi – het my getag!   Jitte, en dan is dit nog ‘n blessitse moeilike tag ook!  Sy wil hê dat ons ons areas moet verkoop…  Gmf…

Nou goed – en hierdie is ‘n persoonlike mening…  Jitte besluit self…

Voordele daaraan om in Upinton te woon.

1.   Daar is ‘n lughawe in Upington

2.  Daar is ‘n rivier deur Upington

3.  Daar is baie huise te koop teen relatief billike pryse in Upington

4.  Die meeste groot kettingwinkels het takke in Upington

5.  Daar is ‘n Privaathospitaal en goeie staatshospitaal in Upington

6.  Daar is ‘n verskeidenheid baie goeie skole en kleuterskole in Upington

woestyn

Hoekom ek nie in Upington wil woon nie!!!

1.   In die somer gaan jy morsdood van die hitte…

2.  In die winter gaan jy morsdood van die koue…

3.  As jy baie lief is vir sand is hierdie die ideale plek om te bly…  Ek haat sand…  Dit voel mos al vir my asof die hele Kalahari deur die dag in my huis ingewaai het die oomblik as ek saans die voordeur oopstoot.

4.  Die mense is freaking ongeskik in Upington

5.  My ouers en familie bly 8 ure se ry van ons af

6.  Mynick se familie bly 9 ure se ry van ons af

7.  Werk is skaars en salarisse is lagwekkend!

8.  Ek weet beter as enigeen dat mens se geluk van jouself afhang, maar wragies hierdie dorp was/is nie goed vir my nie.

Nou toe Sammi – bietjie agterstevoor en onderstebo, maar my huiswerk is gedoen!!   LOL!!!

BTW – Iemand het nie dalk vir my en my man werk in Gauteng nie!!!      😈

31 Responses to Hier’s ek weer…. (en Sammi se tag)

  1. Zee says:

    Welkom terug!!

    Jinne, ek is bly ek bly nie in Upington nie. Ek sal mal word as ek heeldag moet skoonmaak van sandstorms🙂

  2. Sammi says:

    Jy is darem maar ‘n doring Piksie!!! BAIE dankie!!!
    Ek’s sooooo bly jy het besluit om hierdie te gebruik om weer met ons ou gemeenskappie te kommunikeer. Jou tog so baie gemis!!
    Piksie, Upington was vir my so ‘n pragtige dorp toe ek daar was, maar ek weet die somers is naby hel se hitte. Byt vas, Vriendin, jou goudpot is jou gesin.
    Iemand het my eendag vertel: as jy al daai sand in sakke kan sit dan vang jy vir jouself ‘n plaas! Mooi né!

  3. Vlam says:

    Oi, as jy dan weet wat alles hier aangegaan het, dan weet jy seker wie ek is? :mrgreen:

    Anyway, lekker om jou weer terug te he. 😉

    Ek hou nie van sand nie, maar ek ruil Upington enige dag vir my ou valley! 😆

    • Pikkie says:

      Jip, ek weet wie jy is Vlam! LOL!!! Ek gaan jou ‘n deal aan… Ons ruil plekke!!! Flip ek sal my voortande gee om naby St Lucia te bly!

  4. Xena Phoenix says:

    Ek was nog altyd dol oor Upington. Die langste wat ek al daar was, was 5 dae. Dit maak seker ‘n verskil.

    Oor blog, wel ja.

  5. Xena Phoenix says:

    O ja

    Baie welkom terug.

    Kan ek jou dalk aan uitstaande huiswerk herinner?

  6. Xena Phoenix says:

    Wel,

    Dit hou al so lank. Nog ‘n week sal nie saak maak nie. Tegnies skuld jy Adrie die huiswerk, nie vir my nie. ‘n Posduif sal ook werk

  7. Ogies says:

    Mens, ek dag ek val van my stoel af toe die “feeds” wys daar is weer iets aan gebeur hier!!

    As jy maar net kon weet hoe hard ek soek vir jou oor wat ons laaaaank terug oor ge e-mail het!

    Welkom terug vriendin!

  8. baie bly jy is terug🙂

  9. flippiefanus says:

    Pikkieeeeee! Sjoe bly om weer vir jou raak te lees.

    Toe ek ‘n kind was, het ek baie maal in Upington gekom want my oupa-hulle het daar op Klippunt gebly. Ek kan die hitte nog baie goed onthou … en die muggies daar by die rivier.

  10. Sonkind says:

    Ooo, die blik se deksel is weer af. Lekker! Upington was een van die keuses was ons moes maak, maar nou is ek bly ek het nie daardie kort strooitjie getrek nie🙂 Maar sal nog eendag net vir jou kom kuier, belowe!

  11. maxie says:

    Bly jy’s terug!
    Ek sal doodgaan in daai hitte, regtig..

  12. Sandra says:

    Toe ek jou eerste 5 punte van hoekom jy nie in Upington wil bly nie lees, dog ek jy praat van Abu Dhabi🙂. My eerste 5 sou presies dieselfde wees behalwe die 8 ure ry sou 8 ure vlieg wees.

    Wat ek onthou van Upington is my seuntjies se skoene wat smelt oppad na die “donkie” toe – min het ek geweet daar is nog ‘n warmer plek behalwe die hel.🙂

  13. Dellie says:

    Lekker om jou weer te sien!:mrgreen: Ja, ek sluip ook nog hierrond.😉

  14. Krista says:

    Ek is soooooooooooooo bly jy’s terug!

    Stuur CV’s aan . . . ek is seker ons kan ‘n plan maak!😉

    Maar nie voor ons by julle op Upington kom kuier het nie!

  15. demoerin says:

    Wat ‘n surprise… Hallo Pikkie.
    Ek was die anderdag in Upington met die Kuierfees saam. Dit is mooi wêreld daardie…. en die mense is nie SO bad nie, ek het baie lekker gekuier! En jy het vergeet om te sê julle is naby aan Augrabies, en Witsand en Kgalagadi!!

  16. Wipneus! says:

    :mrgreen: kom ek saggies hier ingekruip, Hello Piks!! Welkom terug!!😉

  17. BB says:

    Is daar nie ‘n donkie op Upington nie??🙄 ek lees NIKS hier van ‘n donkie nie?! Is dit nie ‘n landmark nie? Ek wil nog eendag kom kuier – en vir daai donkie kom kyk!!! Ek luuuuuuuuuuuv donkies!!:mrgreen:
    O, en ek wou nog sê: dis sooooooo lekker om jou weer hier te hê!!

  18. Pikkie says:

    Ek kan nou nie meer elke kommentaar op sy beurt antwoord nie…
    Flipsie – ek praat nie eers oor die muggies nie… jig…. staan al my hare nou weer regop…
    9. Die freaking muggies… Orals, alles muggies en vlieë…
    Ek wag vir jou kuier Sonkind!
    Maxi – mens gaan gelukkig nie dood nie, jy ontwater net, en al jou velle brand af en jy sukkel om asem te haal en… en ….
    Sandra – dis rerig so! Mens se skoene smelt aan die pad vas… En alhoewel die kinders kaalvoet skooltoe gaan moet jy altyd sorg dat daar ‘n paar skoene in die kar is anders dra jy soos ‘n mamma-aap altwee jou spruite van winkel tot winkel!
    Dellie, ek het laasweek so gelag vir al jou kommentare ek kon rerig nie die keybord sien om self te tik nie!!! 😆
    Krista – Yes Mam, ek maak so!! en ek dink dis lekker om terug te wees.
    DMI – Al daai plekke wat jy noem – ewe warm – ewe veel sand. Been there, done that….
    Siamesie!!!! – As ons nie so baie gepraat het nie, het ek jou wragtig gemis!!! 😈
    BB – Ag dis net ‘n ou klip donkie, so groot soos ‘n regte donkie, verweer deur die son. Wat meer kan ek sê. Maar die museum is amazing, die eerste paar kere, en dan is dit ook maar net nog ‘n museum…

    • BB says:

      Nou wat keer jou Piks?? Gaan verf daai donkie all the colours of the rainbow!!! Onthou net om ‘n kruis oppie ruggie te teken – then it’s a TRUE donkie😉

  19. Rustig says:

    Vasbyt! Die dorp sal nog onder jou vel inkruip met stof en al. Dalk moet jy minders stof en net dit geniet wat daar is. Welkom terug! Is lekker om weer voor ‘n oop deur te staan!

  20. Daar’s fout met my reader, dis hoekom ek nou eers hier uitval! Bly jy’s terug Pikkie!

  21. ding says:

    Pikkie – welkom terug. Upington self … Jawel, Ding het spore daar getrap. Dis deel van Ding se lewe; sal altyd wees. Al die redes hoekom manman NIE daar moet woon nie, is vir Ding goeie rede om daar te vertoef. Harde lewe daai. Is oor die weer en die sand dat mense so ongeskik is, Piks!
    Regtig bly jy is terug. Regtig-egtig. Hmmm, ja Ding is steeds skuins en kort oor die goete wat jy noem – oor die mensdom.

  22. Lize says:

    Yaaay!! Welkom terug!!!😀😀😀

  23. demoerin says:

    Ooooppps, ek het van die muggies vergeet – Gedink hulle gaan my daar by Augrabies wegdra.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: