Nood leer steel….

‘n Tyd gelede vertel iemand my dat daar by ‘n huis ingebreek is en net kos gesteel is.  Ek luister, dink en file.  (My brein werk ongelukkig so, as iets my nie interesseer nie word dit eenvoudig gefile – gewoonlik file thirteen….)

Maandagmiddag gaan drink ek gou koffie my Poppedyn se vorige dagmoeder.  ‘n Dierbare mens.  Sy vertel my toe dat daar by haar broer se huis in Johannesburg ingebreek is.  Die inbreker het twee pakke vleis, ‘n pak gevriesde groente, kaas, melk, koffie, suiker ‘n elektriese braaipan en ‘n braaitang gesteel.  Sy is opreg vies, want hoe eis ‘n mens dit nou van die versekering af.

En dit laat my dink….

Nou eers ‘n ou geraamtetjie uit ons familiekas ruk…   My Oupagroot is in 1933  in hegtenis geneem vir diefstal.  Die storie gaan so.  Dis depressie, hy het ses kinder (almal onder 10) en ‘n vrou wat sonder kos by die huis sit.  Net daar klim hy toe op sy fiets, ry Pretoria Dieretuin toe en skiet vir hom ‘n rooibok.  Maak toe die bok op sy rug vas en ry terug huistoe.  Daardie aand toe eet hy en die hele Mountain View rooibokvleis….   Volgende dag word hy in hegtenis geneem.  Verskyn in die hof…  Sy betoog was eenvoudig dat sy kinders en die buurt se kinders nie kos het nie, terwyl die wild in die dieretuin gevoer moet word om hulle aan die lewe te hou…  Om ‘n lang storie kort te maak…  Hy het ‘n 1 pond boete gekry…

Weer terug by my vorige gedagtegang…   Die ‘skelm’ breek in en steel net kos.  Nou ek hoef werklik nie ‘n graad in krimonologie te hê om agter te kom dat die man (of sy gesin?) honger is nie.  En nou die slegte nuus…  DIT GAAN AL MEER EN MEER GEBEUR!   Bedrog gaan al hoe meer en meer gebeur!   Mense word by die dag armer.  Broodwinners kan nie meer vir hulle gesinne sorg nie.  Ander het eenvoudig hulle werk verloor.  En daagliks verloor al meer en meer mense hulle werk.

Waar is die beloftes van werk vir alle mense?  Slegte nuus regering – daar is geen manier hoe julle misdaad gaan bekamp alvorens die volk nie hulle magies vol, dakke oor hulle koppe en krag vir bietjie hitte het nie.  PUNT!

Ek vra om verskoning vir hierdie negatiewe inskrywing, maar ek kry mense in SA so bitter jammer.  Wie van ons weet rerig hoe dit voel om honger, koud en alleen te wees…. ?   Ek weet net nie waar alles gaan eindig nie…

8 Responses to Nood leer steel….

  1. Adrie says:

    EEEERRRRSSSSTTTTEEEE

  2. Wipneus says:

    Dis waar ((Pikkie)), dit gaan baie swaar daarbuite. Mense word daagliks afbetaal en daar is nie werk nie.
    Ek dink as mens honger is, sal jy enige ding doen vir kos!!😦

  3. Adrie says:

    Pikkie

    Ek kan nie help om jou oupa se ondernemingsgees te bewonder nie.

    Ek het Saterdag ‘n weird voorval gehad. Oppad uit is daar ‘n man wat my vir geld vra. Ek het nOOIt geld aan my nie. Hy vra toe kos vir sy kinders. Ek is effens haastig, maar gaan haal maar kos. Hy wil opsluit saam en is glad nie beindruk toe ek hom vertel dat hy maar net sowel buite kan wag nie.

    Ek het hom al die vars kos in my huis gegee, weereens nie baie nie. (Kos koop vir die huis is nie hoog op my agenda nie). Daar dring hy daarop aan dat ek sy nommer moet neem! Huh? Ek wil beslis nie sy nommer he nie. Daarna soek hy al my ou klere. Weereens, huh? Vir sy vrou! Dit het my ‘n halfuur gekos om hom van die hek af weg te kry.

    Ek gee nie om om te help waar ek kan nie, maar regtig? Dit was weird. Tel by dat daar nou die oggend by my window shopping gedoen was en een aand ‘n kar vol mans voor my hek gewag het, vir langer as ‘n uur (ek moes twee keer verby my huis ry, tot my buurman hulle verjaag het) kan ‘n mens net wonder.

    Toegegee, hy was glad nie aggressief nie en hy kon my kar gesteel het as hy regtig wou.

  4. boendoe says:

    Ja, Pik, net vanoggend hoor ek daar is 300 000 mense wat die afgelope weet nie hoeveel maande hul werk verloor het nie. Waar gaan hulle kos kry, indien nie by ons nie? 😯

  5. ding says:

    Hierdie is vir Ding ‘n seningbiltong. Knap inskrywing, Piks.

    Die tipe land waarin ons woon en die omstandighede behoort manman te noop om of mededeelsaam te wees of ingat, beide ter wille van oorlewing.

    Ding kan jou vertel oor Moedertjie se weergawe op hierdie seningbiltong: Hoekom het jy kos in jou huis? Oorlat jy by anner man se huis ingeloop het en kos loop vra/neem het van anner man? Oorlat jy gelukkig genoeg is om ‘n inkomste te genereer? Hoor ek mense sê wees dankbaar jy het ‘n werk? Se moer sal Ding dankbaar wees – daai werk het nie in Ding se skoot geval nie en Ding lê nie op sy 12e nekwerwel, grou in sy neus, lees sokkerkoerante en waai sy kroonjuwele koud terwyl hy by die werk is nie, my fok. En hoeveel het hierdie hulpelose mense geteel al? Nee, strooi met strepe, sal Moedertjie jou vertel. Jou goed is jou goed en jy het nie nodig om jou uit te trek vir ander man nie. Wees trots op wat jy het en geniet en waardeer dit. Basta! Trek vandag jou baadjie en broek vir die man uit, more is hy terug vir jou onderbroek.
    En dan Ding se weergawe: Ons moet op ‘n wyse manier deel – werp jou brood op die water. Die lewe gaan nie oor die materiële nie – dit gaan oor wat jy daarmee doen en hoe jy God se arm en hand daarmee langer maak. Almiskie.
    Maar Pikkie, ja, Ding seg al vir jare: solank die omstandighede in gevangenisse gunstiger is as die misdadiger se lewensomstandighede, SAL geen geveg teen misdaad ‘n afname daarin tot gevolg hê nie. Dit maak mos net nie sin dat ‘n ou wat swaarkry op straat, nie eerder ook in ‘n gevangenis sal wil wees waar sy omstandighede beter is nie?!Selfs Kordaat sal op hierdie som vir jou antwoord met ‘n klinkklare: DUUUH – of hoe?

  6. Paula says:

    Ai ai ai … en dan staak die wetters wat WEL ‘n werk het … wonder waarheen gaan die mensdom darem!

  7. boervrou says:

    Dis hoe dit is. A3 dis flippen scary!

  8. Nelba says:

    Ons wat kos het om te eet is regtig gelukkig. En daar is mense wat bitter en ongelooflik swaarkry. Sonder enige luigeid of swak keuses of enige ander fout aan hulle kant.

    Daar is egter ook mense wat ten spyte van hulle omstandighede dit nog steeds “maak”. Ons swart buurman is ‘n voorbeeld. Was iemand se tuinier wat later onderwyser geword het en nou kontrakteur is en goed doen.

    Maar as ek vir iemand (met ‘n werk, wat darem brood sou kon koop)aartappelmoere present gee, hulle het plek om dit te plant en wanneer ek drie vier maande later my aartappels begin uithaal en die ou vra my of ek nog aartappelmoere het. “Wat het van joune geword?” ” Ek het hulle geeet…” dan raak ek moerig. No pun intended.

    En as iemand die geleentheid kry om te leer en hy verspeel dit deur ‘n skool af te brand of te gaan betoog? Of ‘n werk het en hy staak – soos Paula tereg se?

    Die groot ding is dat mense gehelp moet word om hulleself te help. Ek weet van sopkombuise waar mense kos en slaapplek kan kry – mits hulle vuilgoed opgetel het of ‘n ander werkie gedoen het.

    Jy is egter reg. Niks sal beter word voor omstandighede nie verbeter nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: