Druk die ‘pause’ knoppie….

Iemand vra my oor die naweek wanneer is die regte tyd om kinders te hê!      :shock:     HUH????   Dan is dit nog ‘n meisie van 21 wat nou maar 8 maande getroud is…   Moenie my vra nie!!!   Ek weet nie!!!  Was my antwoord.   Na baie grysstof werking, wat natuurlik gehelp het met my verkoue nie het ek die volgende lysie saamgestel….  Wees asseblief so vriendelik en verskil of voeg by waar moontlik!

850319cad3org21a

1.    Wanneer jy bereid is om vir maande aan een met ‘n naarheid wat net duskant voedselvergiftiging omdraai te loop…

2.    Wanneer jy bereid is om vir die volgende vyf jaar nie meer as twee ure op ‘n slag te slaap nie….

3.    Wanneer jy bereid is om iets tussen ‘n melkbottel en ‘n vrou te wees vir ‘n jaar of twee….

4.    Wanneer jy bereid is om ten minste (afhangende van die hoeveelheid kinders wat jy gaan hê) in hierdie geval twee kinders, ten minste 6 duisend doeke gaan ruil…

5.    Wanneer jy bereid is dat ‘me-time’ net ‘n vae begrip kan wees van iets wat jy ook eenkeer gedoen het.

6.   Wanneer jy bereid is om vir die volgende 5 jaar nooit weer sonder ‘n spoeg, tandepaste, ontbytpap, melk of diarreeblerts by die werk aan te kom nie.

7.    Wanneer jy bereid is om vyf keer soveel wasgoed te was en stryk…  (kinders trek NIE een keer ‘n dag aan nie!)

8.    Wanneer jy bereid is om vir die volgende vyf jaar nie weer sommer ‘n warm bord kos met ‘n mes en ‘n vurk te eet nie.

9.   Wanneer jy bereid is om drasties van rokgrootte te verander…

10.   Wanneer jy bereid is om vir die volgende vyf jaar nie weer alleen toilet toe te gaan sonder om een op jou skoot te hê en die ander een te vermaak met stories nie….

11.   Wanneer jy bereid is om te glo dat 2 minute noodles en maalvleisbolletjies ‘n 5 ster ete is…

12.   Wanneer jy bereid is om vir die volgende (ten minste) vyf jaar nie weer grimering te hê wat ampertjies soos grimering lyk nie!

13.   Wanneer jy bereid is om heeldag, elke dag, speelgoed op te tel en weg te pak…

14.   Wanneer jy bereid is om heeldag, elke dag, speelgoed te sidestep en ‘n 8 ste sintuig te ontwikkel sodat jy deur ‘n deurmekaar kamer kan beweeg sonder om af te kyk en nog steeds nie speelgoed raaktrap nie…

15.   Wanneer jy bereid is om vir die volgende paar jaar nooit weer meer as een sin op ‘n slag in ‘n boek te lees nie…

16.   Wanneer jy bereid is om jouself in ‘n koma in te lag vir al die sêgoed wat onvermydelik deel van hul woordeskat gaan wees.

17.   Wanneer jy bereid is om soveel liefde te ervaar dat die voel of jou hart gaan bars…

18.   Wanneer jy bereid is om soveel hartseer te ervaar dat dit voel of jou hart gaan breek….

19.   Wanneer jy bereid is om saam met hulle te huil oor ‘n speelding wat gebreek het en nie ge’superglue’ kan word nie.

20.   Wanneer jy bereid is om ‘n boudjie te soen omdat hulle baie seergekry het toe hulle van die skopfiets afgeval het.

21.   Wanneer jy bereid is dat jou kombuis in ‘n skopfiets renbaan verander…

22.   Wanneer jy bereid is om dubbeld so lank te vat om by ‘n winkel uit te klim, kinders uit hul stoeltjies te haal, inkopies te doen, en kinders weer in hul stoeltjies vas te gespe.

23.  Wanneer jy ‘n dowe oor ontwikkel…

24.   Wanneer jy leer om te onthou waar elke stukkendeplekkie is en dadelik raak te sien as daar ‘n nuwe een is.

25.   Wanneer jy bereid is om met ‘n stukkende hart werk toe te gaan, want jou telgies wou nie vandag skool toe gegaan het nie.

26.   Wanneer jy bereid is om ‘n handsak vir ‘n doekesak te verruil en later weer bereid is om ‘n doek, wet-wipes, sweets, speelgoed en tjips in jou handsak rond te dra.

27.   Wanneer jy bereid is om ure lank op jou knieë langs jou bed deur te bring en te vertrou en te glo dat hulle net vir jou geleen is en dat jy hulle nie alleen kan grootmaak nie.

28.   Wanneer jy die dag bereid is om te aanvaar dat JY nie in beheer is nie en jy hulle nie teen alles en almal kan beskerm nie.

29.  Wanneer jy die dag weet dat GOD hulle pappa is en dat jy nie sonder Sy krag en genade daardie kinders gaan grootkry nie…

b

37 Responses to Druk die ‘pause’ knoppie….

  1. Dellie says:

    Sjoe, wonderlike lysie wat jy hier het!:mrgreen: Ek kan ene byvoeg:

    … wanneer jy bereid is om te aanvaar dat jou sitkamer vir ten minste ‘n gedeelte van elke dag vir die volgende 5 jaar, in iets wat lyk soos ‘n plakkerskamp omskep gaan word – en “boumateriaal” sommer net opvou en op die een bank los…😆

  2. Ogies says:

    Jou lys is duidelik saamgestel deur intense navorsing in die gebied! LOL 🙂🙂 !!
    Kan nog ene byvoeg – Wanneer jy bereid is om jou eie gunsteling tv programme op te gee sodat jy vir die 100 biljoenste keer Finding Nemo kan kyk saam met hulle!

  3. carina says:

    Baie omvattende lys Pikkie! Maar ek het ook nog een om by te voeg.
    Wanneer jy reg is om vir die tweede of derde keer elke graad en standerd op skool oor te doen. DAN sal jou ok wees🙂

    • Pikkelik says:

      Ek’s noggie daar nie…. Ek stress…. Eish….

      • BB says:

        Ek het nou al 2x matriek gedoen en hierdie is my allerlaaste laerskooljaar!!
        Ek was nou amptelik in totaal vir 23 jaar op laerskool (myne ingesluit!!) – ek is nou volleerd!! (want myne het altyd van net na afloop van St 5 vas geglo they know it all:mrgreen: )
        Ek gaan laerskool tog ‘n bietjie mis…😦

  4. Adrie says:

    Verskoon my, ek maak net seker dat my tekkies naby is vir as ek dit nodig het.

    My keel trek toe as ek net daaraan dink.

  5. Wipneus says:

    Jip goeie lys😉
    Wanneer jy bereid is om te weet dat jou kinders altyd “kinders” in jou oë gaan bly. Jy hou nooit op bekommer nie, al is hulle groot en het vlerke gesprei. Jy gaan altyd wonder of hulle ok is en bly kloek soos ‘n hoenderhen oor haar kuikens! Ek vermoed tot jy die aarde verlaat, of liewer dis soos ek van ander verstaan. 🙂 Ek druk en druk die play knoppie maar hy het vasgehak by “Pause”

    ((((Pikkie))))

  6. Sandra says:

    Dis ‘n goeie lys maar jy praat van net 5 jaar? Glo my dit gaan vir baie langer aan, maar wat ‘n plesier.

    My antwoord gewoonlik op so ‘n vraag van wanneer is die regte tyd, is bid daaroor en los dit in Vader se hande. Dis die beste manier want as mens na daai lys kyk en daar kan nog baie goed bykom, kan mens ernstig koue voete kry en besluit nooit🙂.

  7. BB says:

    #11: 2 minute noodles & meatballs issie 5-stêr nie????😯
    #26: Waaaahahaha!! Ek’t nou net die eerste keer in my lewe verstaan wat dit is wat ‘n vrou se clutch-bag in ‘n kaboodle-bag verander!!! Kiddies!!
    /me loer in haar sak – ek’t laaankal nie meer babies nie, maar wetwipes, tissues, speelgoed😉 , sweeties… you name it – ek schlepp my dood!! Ek kan at a moments notice virre (lang) naweek weggaan!!:mrgreen:

  8. Alta says:

    En is ek nou nie baie bly daai tyd van my is oor en verby nie. Het dit nooit so gesien nie maar glo my, nadat ek die met aandag gelees het, kan ek net se, baie dankie, dit was lekker maar nou is dit kla!!!

  9. Ek is net reg vir nr 11 en 23 het ek al goed ge-oefen😉
    Hou maar vir eers verby!!!

    • Pikkelik says:

      Met jou gevallery dink ek nie dis ‘n goeie idee om nou-al kids te hê nie Kaalvoeters… 😈 Ons soek eers vir jou ‘n man met sy voete stewig op die aarde!!! 😆 😆 😆

  10. H1N1 says:

    Is dit ‘n kla-lys of ‘n brag-lys?

  11. Nelba says:

    Sjoe, ja-nee alles hier is waar!

    Nog een:

    Wanneer jy maar hap as hulle sê: “Hap, Mamma!” en gevaar loop om op te eindig met ‘n vaalgekoude biltongsening, ‘n modderkoekie of ‘n hondepil wat in jou mond gedruk word.

  12. tweelingkind says:

    Oulike lysie! En dit hou nie sommer op nie, soos Wipneus sê. Later jare moet jy dalk klere deel, jou pc, jou make-up, jou kar, eintlik jou ALLES!
    MAAR ons almal weet…IT’S WORTH IT!!!😀

  13. merriemuis says:

    hhhmmm… ek het nou hierdie lysie gelees en het die vreeslik baie geniet …. ek moet nou bieg … ek dink ek is reg… want alles klink vir my goed … ek sal even die naarheid hanteer … of miskien is ek net crazy?!?! NOU KORT EK NOG NET DIE MAN … aai dis die probleem wat ek het ….
    Speel al te lekker pop met my boet se twee kiddies …. kan rerig nie wag nie …. maar ek het ook al amper 31 jaar gehad om hier te kom …

  14. Nikita says:

    Sjoe! Wat ‘n lys!🙂 Ek dink ek was baie gelukkig, geen, maar geen, naarheid met my twee kinders, nie eers ‘n enkele sekonde nie! Dan het my hubby baie nagte se slaap aan my afgestaan, ek kan rerig se hy het sy deel gedoen. Ek het ongelukkig nie almal se kommentaar gelees nie, ‘n elle lange lys!
    Kan ek byvoeg: Wanneer jy reg is om as ouer jou verantwoordelikheid op te neem en jou kind te ondersteun in elke skoolsituasie en dit nie net op die arme onderwyser af te laai nie. Mense wat kinders wil he moet besef dis ‘n vennootskap en as jong mense (of ander) nie bereid is om dit te besef nie, vergeet van kinders! (jammer dat ek “prekerig” klink hier) ek het al te veel kinders gesien wat nie aandag (en dit sluit soos in “skool”-aandag van hul ouers ontvang nie en daardie arme bloedjies “kwyn” in hul skoolloopbaan. – se dit vir haar volgende keer heel eerste🙂

  15. Rustig says:

    That ladies, is why God took so much care when He created mothers. They are and will always be the center of the world to every child.

  16. H1N1 says:

    Motherhood has a very humanizing effect. Everything gets reduced to essentials. ~Meryl Streep

  17. Wipneus! says:

    (((((Pikkie))))

  18. Nikita says:

    Home Sweet Home
    Ek kon nie help om aan jou te dink toe ek hierdie image sien nie!

  19. pikkie: ek sal nou niks van die goed weet nie maar de lysie maak sin
    (jy kwaad ek sien, is okay om kwaad te wees, ek weet nie hoekom jy is nie maar maak blokkies van hulle🙂

  20. eilandkind says:

    ag maar hulle is nog steeds so oulik!🙂
    Jou seuntjie lyk soos my broer toe hy klein was!

  21. Skoor says:

    Oukei… ek gaan ophou worry oor my bioclock wat tiek..tiek..tiek.

    Ek dink jy het my pas oortuig!

  22. Vlooi says:

    JIP!!
    Nou dink ek an ‘n 2de een??!!??
    Ek besef wel dis nag,nag,nag.
    Ek dink dit verander jou van jouself wees na ‘n masjien wees, wat jou soms aan niks anders kan laat dink nie. Skielik is al jou goedjies net minder belangrik. Tietiebottel-was en steriliseer sessies as dit voel of jou tone binne jou skoene wil af vries elke oggend en aand is ewe skielik niks as jy ‘n lekker glimlaggie of ‘n oulike nuwe woordjie kry nie.
    Tyd vir jouself? Die oomblik as jy kinders het wonder jy wat het jy voorheen met al jou tyd aangevang. Kon jy dit nie maar beter gebruik het nie. jy gaan dorp toe, want jy kort regtig nou kouse, joune is gaar, dan sien jy die oulikste pienk handskoentjies en dan kom jy terug met alles behalwe jou kouse.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: