Ek stop nou!!!

Dis elke oggend se storie….    Ouboet is NIE ‘n oggendmens nie!   Hy staan op, dwaal rond, drink sy warm melk, dwaal rond, vertel sy Sussie (wat ‘all shiny and happy’ is innie oggend) om hom uit te los, dwaal rond….    Trek sy klere so met verdrag aan, dwaal rond, word ‘n klein bietjie wakker, eet sy pap, dwaal rond, borsel sy tande, klim in die kar, baklei nog steeds met sy sussie, gordel homself vas, baklei nog steeds met sy sussie, en sit….   En DAN begin die groot bakleiery!!!   Mamma, sussie skop die sitplek, Mamma, sussie kyk vir my, Mamma, sussie willie vir my kyk nie, Mamma, sussie blaas bubbles met haar spoeg, Mamma, sussie sus, Mamma, sussie so….   die hele 14 km tot by die skool!!!

Ek raffel uit.   Elke dag se storie.   Een oggend het ek sover gegaan om te sê ek laai hulle net daar af en ry verder!  Dit was ongelooflik traumaties vir Ouboet alhoewel Poppedyn gedink het dis ‘n hengse grap!   Het net daar besluit om dit nooit weer te sê nie.   Ander keer het ek hulle gedreig dat ek hulle met die kar daar gaan los en self verder loop…  Ouboet het homself eers amper natgepp soos hy lag en later net vertel hoe hy self die kar sal bestuur!     😯

Nou is dit maar net weer:   “As julle twee nie nou ophou nie, stop ek hierdie kar net hier en so waar as wieletjies ek looi julle boude aan die brand…”

Waar ek hier sit voel ek soos Cruella de Vil….   Vanoggend was die laaste keer dat ek gedreig het….  ek het gedoen…

796105xfyz2a5mbb

19 Responses to Ek stop nou!!!

  1. Nimsi says:

    Ai ou Pikkie…
    dit is deel van ma wees – die doen!
    Hoop nie dit is gou weer nodig om te doen nie. Marius (my seun) is al 28 en 2 meter lank, die ander dag toe ek vir hom se hy is nog nie te groot vir n pak slae nie… toe kyk hy my so ewe uit die hoogte uit aan.
    Gewoonlik skrik hulle so groot as ons tot die doen oorgaan, dat hulle volgende keer luister as ons dreig.
    Sterkte Pikkie, en gee daai 2 woelwaters van jou n drukkie van Ant Nimsi af.

  2. Zee says:

    Piks, ek kan nie help om te🙂 nie….

    Toe kom vertel, het hulle stroopsoet gesit daarna?

    En nee, jy moet nie sleg voel oor wat jy gedoen het nie, ek dink ‘n hele paar van ons het al tot daardie stappie oorgegaan!

    Ek onthou dat ek eendag my tweetjies ook afgelaai het, en van toe af was daar doodse stilte in die kar oppad skool toe.

  3. Carina says:

    🙂
    Al wat ek kan se is…kies jou age gap beter🙂

  4. Ogies says:

    Ek is ook baie nuuskierig! Het dit gehelp? Ai, dit klink soos ‘n storie uit my huis met Franco en Mia! Mia mag nie langs hom sit nie, Mia mag nie sy stories kyk nie, Mia mag nie pap eet nie, Mia mag nie!!!!!! En 5 minute later is dit: Mia moet langs my sit. Mia wil nie met my speel nie!!! Sjoe! Ek het al geleer om hoorende doof te wees!

  5. Adrie says:

    O nee, ek gaan blatant

    WHAHAHAHAHAHAHAHHAHAHAAAHHHAAAAA

    WHAHAHAHAHHAHAHAAHAHAHAAAAAHHHHHHAAAAAAAAA

  6. Rustig says:

    Het jy jou kinders geslaan? Ek gaan die welsyn op jou sit. Is dit nie teen die wet nie. Ek weet waar jy bly in Upington.😉

  7. Klink soos ek en my broer toe ons kinders was! My ouers het ook altyd so gedreig en ons het later nie veel daarvan gemaak nie tot eendag. My pa het die kar gestop en ‘n lat gaan pluk…die res is geskiedenis!

  8. Nelba says:

    My pa HET my en my sus eendag afgelaai en ons moes huis toe stap in die versengende hitte. Eers het ons loop en baklei oor wie se skuld dit was, toe het ons saam gehuil oor ons pa wat ons so sleg behandel en toe het ons begin wonder of hy ons nie nog gaan pakgee as ons by die huis kom ook nie. Teen die tyd wat ons tuis gekom het, was ons geswore vriende. Hy het ons mooi vertel hy WOU ons nog looi ook, maar my ma het hom omgepraat om dit nie te doen nie.

  9. boendoe says:

    Oelala! Lag ek nou! My ma vertel van die keer toe sy met my drie boeties in die kar was, en hulle was ontmoontlik. Langs die pad het daar ‘n ou swartman met ‘n sak oor sy skouers geloop. Sy’t langs hom gaan stop en hom gevra of hy drie stout seuntjies wil he. Hy’t dadelik gesnap wat aangaan en met groot genot gese: “Ja, my nonnie, ek SOEK hulle. Kom, laat ons hulle in die sak gooi.”
    Die drie was TJOEPstil verder!

  10. Adrie says:

    Ek dink nie my ma het ons al afgelaai nie, maar so te se elke kind het seker al langs die pad pak gekry. Pieter Mulder het nou die dag daarna ‘n verwysing gemaak toe die jeugleier geskors is.

    My ma het nog nie vir my weggery nie, maar ‘n vriendin wel.

    Ek en haar vriendin het mekaar met ons handsakke geskiet (ek sal eerder nie noem hoe oud ons was nie). Die volgende oomblik sien ons net daar ry haar kar. Toe skiet ons mekaar klaar en gaan sit en wag op die sypadjie vir haar.

    Sy was half teleurgesteld omdat ons nie agter haar aan gedraf het nie. Toe ry sy maar mooitjies om die blok en kom laai ons weer op.

  11. Alta says:

    😆

  12. Louisa says:

    My ma het so ‘n oulike trick gehad met my en my broer. Sy’t gese^ ‘n saak het altyd twee kante, en aangesien ons net twee is moet ons altwee ‘n aandeel he^ in die blaam. Dus die een wat stoies aandra en haar betrokke maak kry eerste pak en die ander een direk daarna.

    Ons het sommer gou geleer om ons eie dramas uit te sorteer.😉

  13. boervrou says:

    Weet jy hoe bekend klink dit??? Ek ry elke oggend 12km in dorp toe met 3 bakleiende meisies en die bulletjie! Ek het nou ‘n blink plan gemaak. Ek werk op ‘n punte stelsel van tien. Nie soos die gewone stelsels nie. As hulle baklei, ‘n katterige antwoord gee, op iemand skree of wat ook al, kry die een ‘n punt of twee (hang af hoe slegte bui èk is na die petalje), maar om dit regverdig te probeer hou kan hulle nie meer as 2 punte op ‘n slag kry nie. As hulle 10 punte het AAN DIE EINDE VAN DIE DAG kry hulle slae.Elke dag begin skoon. Ek werk al so 3 weke op die manier en het nog niemand geslaan nie! Sodra hulle hoor ek deel punte uit, is hulle engeltjies! Die oggende was ‘n nagmerrie!

  14. Sonkind says:

    Ai Pik, my simpatie le natuurlik by Ouboet – ek is ook nie ‘n oggendmens nie. Ek is soos ‘n dronk hoender in die oggende, en word eers wakker as ek klaar by die werk is. Wonder soms hoe ek daar gekom het.

    Toemaar, ‘n regverdige pak slae het nog geen kind doodgemaak nie. My pa het my en my suster gereeld pak gegee langs die pad, want ons was die duiwel in kinderklere oppad. Vandag lag ons lekker daaroor, so toemaar Cruelle de Ville :lol;

  15. boervrou says:

    Nou dat ek ander se comments lees. Ons grondpad is 2km lank en ja ek het hulle al afgelaai. Na 2km het hulle giggelend in die kar geklim, en dan kan ek ook nie meer anders as om te smile nie. So dit het nie vir hulle gewerk nie.

  16. Krista says:

    Bwhaaaaaaaaaaaaaaaahahahahaha!!!!!!!!!!!!!!!

    Hoe lekker giggel ek nou! Ek is seker hulle was stroopsoet vir die res van die rit!

  17. Ek sou al laaaaaaaankal pak gekry het.

  18. Skoor says:

    Ai, kinders grootmaak… Pasop as die plaaslike koerant die storie kry!

    Miskien moet jy soggens sy kamerlig by die hoofskakelaar aansit – dis ‘n instant wakkerword as daai skerpe lig jou wakker klap. Vir die res het ek nie juis raad nie.

  19. Ek was al afgelaai en moes stap…. Nooit weer was my ma se beloftes lee afpers taktiek nie. Ek het my dood geskrik!

    Ek het ook eendag meneer H se drie gedreig en toe ek stop om vir boeta “af te laai” toe begin middel sussie huil en was nie meer kwaad vir hom nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: