Wat te erg is….

Is net te erg….   Nee genade, hoe moet mens lewe?

http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2522089,00.html

19 Responses to Wat te erg is….

  1. boendoe says:

    Ek is gelukkig. Ek het ‘n apteker ontdek wat ook ‘n mediese dokter is. Nou betaal mens ‘n konsultasiefooi van R20 (in vergelyking met die R240 wat ‘n gewone dokter ons sou vra) en kry presies dieselfde diens.

  2. BB says:

    50% meer PER pasiënt???!!! Teen 20 – 40 pasiënte per dag???
    Ek soek ook so ene Boends – ek was nou die dag gougou met Era na ons plaaslike (klein, agterlike – gemeet teen Unitas, Montana, Eugene Marais etc…) hospitaaltjie vir ‘n eina oor. R360!!!! Net vir die konsultasie!!😯 Ons huisdokter was vol bespreek en die ‘walkers’ daar het ook al 25 motors in sy parkeerterrein ge-queue. Mind you, hy vra ook al deesdae ‘n belaglike R280 vir ‘n afspraak. Loer in die oor – seg hmmmmmm – pluk die notaboekie nader – skryf/krap/krabbel sy boodskappie virrie apteker (ek sweer daar iewers staan tussenin nog dat die antie meer kan bekostig, moenie haar afslag gee nie… daarsy!!

    • Pikkelik says:

      Ek hoor jou hart en duidelik BB’s dit maak my gek!!! Ek boer lately by die apteek, die dokters is eenvoudig bokant my vuurmaakplek…

  3. Carina says:

    MAAR… ek werk vir ‘n dokter. En ek WIL nie sy uitgawes he nie.
    Ek is die laaste een om te dink dokters is oulik, maar as jy al die verpligte versekering (wat derduisende beloop), verpligte assosiasies, verpligte kongresse, verpligte lidmaatskap fooie en dan nog die joernale wat hulle moet koop om op hoogte te bly, voorraad vir die kamers, personeel om dit korrek te kan gebruik, rekenaarstelsels, elektroniese eise stelsels (want pasiente haat dit om self te eis), internet verbindings, sagteware sodat hulle bloeduitslae en X-strale kan sien, skryfbehoeftes (verpligtend) en dan moet hy nog leef ook in ag neem, moet ek ongelukkig saamstem dat mediese fondse geweldig onderbetaal.
    Daar is twee kante Piks.

  4. Adrie says:

    Carina

    Voeg daarby die 4X4, die luukse model, die motorfietse, die strandhuis, huis en wildsplaas en dan weet jy hoekom is dokters dikwels op die randjie van bankrotskap.

    Goed, dit is suurdruiwe van my kant af. Hulle het hard geswot en gewerk vir wat na hulle kant toe kom. Al voel party van hulle niks vir hulle pasiente nie, is daar baie goeie dokters.

  5. boendoe says:

    Ja, partykeer is dit genuine piracy. Soos die keer toe ek en Pieter albei die dokter moes sien. Hy het ons altwee in daardie 15 minute ingedruk, my nie eens ondersoek nie, net ‘n voorskrif gegee -en ons albei moes R240 betaal.

  6. Ogies says:

    Hoe leef ek sonder ‘n dokter met twee klein kindertjies? Genadiglik gaan dit nou beter, hul word nie meer so baie siek nie. Ek stem saam met Adrie. Ek kan nie die nuutste 4X4 bekostig nie. So ek het hom nie! Ek moet kies tussen ‘n mediese fonds en ‘n properste 2e voertuig. Ek het die mediese fonds gekies. Franco se operasie van noudie dag, waar hy in totaliteit vir 5 ure in die hospitaal was, operasie van 1 uur ingesluit, trek nou by die R9700!! Waarvan die narkotiseur R3200, die uroloog R780 en die hospitaal R5720 kry. Belaglik!!! Hoeveel pasiente sien hul daagliks?? Wat het geword van die eed wat hul moes aflê? Hulle kon mos navorsing gedoen het en as die inkomste moontlikhede hul nie aanstaan nie kon hul mos op ‘n olie boor gaan werk het!

  7. aldaaugustyn says:

    Ek was Maandag met my een dogter by die veldokter. Hy het haar vel gekyk, hande geklap vir hoe mooi dit nou lyk, ‘n nuwe voorskrif uitgereik, en TIEN minute later het ek my rekening van R480-00 betaal!!! Ek het byna ‘n oorval gekry! (Ons eintlike besoek was net om ‘n nuwe voorskrif te kry….)Ek stem saam dat die uitgawes om ‘n praktyk te onderhou hoog is, maar jissie daar moet darem aanpassings ook kan wees! Bv. minder vra vir ‘n voorskrif/gewone snottie verkoue of ‘n siek mangel kind, en jy soek net medisyne om gesond te word, ens.

  8. Adrie says:

    Ogies😉

    Die inkomste moontlikhede het hulle aangestaan en toe word hulle dokters.😆

  9. Dan wonder ek nou hoe oorleef die Koreaanse dokters as ek net ongeveer R30 betaal vir konsultasie en my medisyne kos gewoonlik nie veel meer nie. In SA het ek my ore van my kop af betaal vir my meds en om die voorskrif te kry.

    Ek is jammer, maar daaris bittermin dokters wat nog dokters word om mense te help. Hulle sien net rand en sent. Ek het ook op ‘n stadium saam met hulle gewerk en ek het beide kante gesien.

    Die eed wat afgele word: “I shall do no harm” beteken niks as jou pasiente jou nie kan bekostig nie!

  10. wah!! gaan hulle loop in die optog of gaan hulle in hul bentley’s ry? hulle kan gaan bollie.

  11. LOL nou ondersoek Boendoe se apteker haar daar tussen die hoesmedisyne🙂

    sorry boendoe

  12. Wipneus! says:

    Alles word duurder! Dit gaan nog moeiliker gaan, ons sal die belde nog stywer moet trek😯

    Dit gaan ook nog baie slegter gaan voor dit weer goed sal gaan. Orals in die wêreld gaan dit so! Almal kla, mense verloor hulle werk. Kos en basiese benodighede word onbetaalbaar duur.

    Ons dokter kla ook steen en been, maar ek moet sê ons dokter is ook ‘n vriend en ek e-pos hom sommer vir ‘n voorskrif!! Ek is eindelik stout, ek diagnoseer sommer myself deur google!! whahaha😆

    • BAD TO THE BONE says:

      Mevrou Wip!! Ek soek juis ‘n paar skedule…’s – ons moet praat! (ek ruil jou vir ‘n paar E….’s)😉

  13. Alta says:

    Kan nou nie saam praat hier nie. Ons medies is gratis.

  14. Nelba says:

    Ek kan met niks “charitable” om te sê teenoor dokters en hulle ewe skielike finansiële krisisse vorendag kom nie. Wat my aanbetref kies ek alternatiewe waar ek kan.

  15. Nimsi says:

    Ons wurg vreeslik met Willie se mediese kostes, hy is n diabeet, ons het nie n medies en sy voorskrif beloop elke maand by die R1000.00.
    Die staatshospitaal het 10 uit die 12 maande nie insulien nie, so ons moet maar opdok en by die apteek koop.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: