Sê JY my nou….

Is hierdie rerig ‘n versamelvoëlnes of….

versamelvoelnes

Is dit miskien ‘n volstruis wat in ‘n telefoonpaal vasgevlieg het….

Who knows????

18 Responses to Sê JY my nou….

  1. Zee says:

    Bwhahaha, jinne dit lyk omtrent so!
    Dalk het die voëltjies vir hulle ‘n sambreel gebou teen julle verskrikle son daar in Upington🙂
    Nee, dalk is dit hulle lapa😆

    • Pikkelik says:

      Zee, ek kan nie verby die goeters ry sonder om in my verbeelding te sien hoe kry daardie volstruis nie sy brieke nie… Rerig, ek lees, kyk en leef mos alles in prentjies…. 😆

  2. PlaasJuppie says:

    Haai dis my haarstuk daai! Hy het afgewaai laas toe ek daar verby is

  3. Dalk is dit iemand se pruik?

  4. Snap! Plasie, daar lees ek van jou haarstuk, erken maar dit is jou HELE pruik…..

  5. maxie says:

    😆 😆

  6. Alta says:

    😆 @ volstruis.
    Pikkie, jy bly in die plek waar my pa en omtrent al sy familie groot geword het.My ma en pa het daar ontmoet en is getroud en my boetie en sussie is in daai hospitaal gebore.
    My oupa hulle het in Kanoneiland gebly, pappie is daar gebore en groot geword.
    Elke keer as ek ietsie hier kom lees van Upington, dan kan hierdie brein net aan die lekker kinderdae van my dink.
    Daai nessies was vir my nefies pelletgun teikens en ek het hulle gehaat daarvoor.

  7. boendoe says:

    Wat dit ook al is, dis baie oulik op die paal ‘vasgemaak’. 😉

  8. Sonkind says:

    Dis ‘n volstruis wat homself vermom as telefoonpaal!😈

  9. mykopop says:

    Vroeër jare het die neste die Poskantoor (ja dit was nog voor Telkom, toe ek ook vir hulle gewerk het in Upington en Kathu) baie hoofbrekens besorg, want die voëltjies het die neste bo tussen die isolators en drade gemaak. Iemand het toe die idee gekry om, as hulle ‘n nes begin, dan ‘n draadmandjie om die paal te sit, die nes af te haal en in die mandjie te sit, waar die voëltjies dan lustig verder kan bou. As ek reg onthou was daar bietjie ongelukkigheid oor wie se idee dit nou eintlik was en wie die erkenning daarvoor gekry het! Miskien kan jy bietjie joernalis of speurder speel, ry daar na Telkom se yard in die industriële gebied toe en praat met die mense op voetsoolvlak!

  10. Wipneus! says:

    Dit lyk vir my soos my kompos hoop aan ‘n paal vasgemaak😯 Goeie idee, ek het juis te min plek in my tuin, ek sal hierdie storie bietjie opvolg!! LOL

  11. BB says:

    This is what they will look like in 2 zillion years – evolusie is op ons!!!😯

  12. demoerin says:

    Dit lyk of iemand ‘n Bison-sosatie begin het, en toe na een opgehou het!😆

  13. […] nie…. Droom, want eendag is eendag…. al is dit ook nou fake! Doen watookal jou haarstuk terugblaas, want jy moet elke aand in die spieël verantwoording aan jouself […]

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: