Piet, Ding en ‘n Tier!

Ek het dit gister gekry!  Onthou julle Ding het verlede jaar ‘n kompetisie gehad wat ek wragtig amper nie gewen het nie!!!  Tierie het vir my die CD’s, –  ja ek het twee gekry!!   :twisted:   – in ‘n pakkie gesit, die mooiste briefie daarby geskryf en vir my gepos!!!   Nou kan ek met eerlikheid sê ek VLIEG – soos my malkop Siamees altyd sê!

Kyk dis lekker om na Piet van Wyk de Vries se musiek op Youtube te luister, maar dinnor dis ‘n fees om een na die ander liedjies te luister.  Sonder om knoppies te druk en sonder om te worry oorlugtyd!

Hierdie is Mynick se gunsteling!

Iemand Soos Jy

Woorde en Musiek : Piet van Wyk de Vries

Triplane Music/ EMI Publishing SA

Die stad se liggies jaag vanaand die aand aan

En haar strate maak hulle arms oop vir my

Ek het die wêreld aan my voete

Ek kan net vra en ek sal kry

Ek sal die hele ding

En als daarin verruil

Vir iemand soos jy

Ons staan in die ligte van die motors wat verby ry

En in die patrone wat teen jou kamer muur val en afgly

Loop die mense in die strate

Soos tyd by ons verby

En in die oggend aan die einde van die droom was daar net ek en

Iemand soos jy

En ek kyk op na die sterre

Hoe hulle skitter in die aand

En die see wieg vir die maan waar wense bly

En ek gaan soek bo op die berge

En in die diepste oseaan

En ek wentel op my eiland in die ruimte om die son

En wag vir iemand soos jy

Het ek jou verbeel ?

Het ek jou gedroom ?

Is dit als te veel gevra ?

‘n Wêreld net vir my

En iemand soos jy


En nou wonder ek of enigiemand kan raai wat my gunsteling is????

10 Responses to Piet, Ding en ‘n Tier!

  1. Mefri says:

    (((((Pikkie))))) geniet dit, LOL dit is magic!!

  2. Ogies says:

    JOU GUNSTELING SOU NIE DALK MADELEIN WEES NIE????

  3. Mefri says:

    Ek het ʼn ‘home made’ digbundel alla-Moedersdaggeskenk gemaak en jou pragtige varkie en feetjie wat jy vir my as Kersgeskenk gemaak het vir die omslag gebruik. Dit lyk tog te skattig, my ma is nie bietjie trots daarop nie. Sy wys dit vir al wat leef en beef. Dankie, Pikkie, ons is al vyf maande in die nuwejaar in en jou geskenkie leef steeds in die sprankel van Kersfees voort.

  4. Ai, dit is ‘n mooi song! Gelukkige jy met hierdie precious geskenk🙂

  5. ding says:

    Hmmmm… dankie tog die posdiens het gewerk, al het Ding nie! En dankie tog vir dierbare Tierie.
    Maar sê nou net vir Ouding: WAT het JY wat Ding nie het nie, huhmmmm??? Kry JY ‘n briefie van Tier en Ding kan sy knieë deursmeek, maar NIKS!

  6. boendoe says:

    Geluk, Pik!! Jy weet natuurlik ek’s groen…grasgroen! 😆

  7. Wipneus! says:

    Ek is bly jy het jou cd’s gekry!!! Dis darem mooi musiek nê? Vertel ons watter een is jou gunsteling?:mrgreen:

    Dalkies myne? “Die wêreld met jou in”
    Teddie sin is “Mariëte se wals” en as ek en Teddie lekker laf is, is ons altwee se gunsteling “waslap om ‘n baksteen” ♪♫ tjo tjo tjo tjo tjoklits ♪♫ wante ek hou mos van tjoklits:mrgreen:

    Enjoy jou cd’s Piks!! 😆

  8. Dis nou rerig iets om jaloers op te wees! Ek sal maar vir eers tevrede moet wees met youtube as ek wer eendag aan lyn is!

  9. ding says:

    En Ding wag steeds GEDULDIG (nie) om te hoor watter jou gunsteling is❓
    Daai Wals! En Ek en my probleme:mrgreen:
    Ding se gunsteling is op die volgende CD.
    Hmmm… wag is partykeer die moeite werd, of hoe, Piks?

  10. Pikkelik says:

    Ding, ek het so gehop tussen gunstelinge…. Dis alles so vrek mooi, so oneindig diep, maar as dit tot die punt moet kom dink ek hierdie ene…
    En ja my Ding, dit was ABSOLUUT die moeite werd om te wag… Ek staan nederig dankbaar voor julle…

    Die rede dat jy voel asof jy heeltyd verloor is omdat jy vir altyd wil lewe

    Maar in jou oë, nog steeds dieselfde
    So kalm, stilgebore
    Nog steeds is daar daai ander helfte
    Nou ouer as tevore
    Het daar ‘n halwe kans verbeur
    Hier nie so seer as ander
    En nog ‘n lyn val, ingekleur
    Is jy nog steeds dieselfde?
    Verander
    Soek nou ‘n beter hoek vir lig
    Wat hier en daar vergewe
    Tog lag jy en jou oë kan knip
    Bewys vir my jy lewe
    Versamel als in een gesig
    Gehou maar weggesteek
    In jou oë, die ander helfte
    Gehalfeer en weggebreek
    Die kunstenaar, die wit gesig
    Nog jonk, nog pasgebore
    ‘n Anderhalf onskuldigheid
    So jonk, so gou belowe
    Hoe verder jy kan terugkyk
    Hoe skimmer glip die tyd
    Is jy als wat jy kon binnehou
    Of kom wat jy is soms uit?
    Draai jou oë ‘n halwe graad
    En sien die wêreld anders
    Waar meer van stof as strande is
    En meer van see as branders
    Kyk in jou spieël en vra jou vraag
    Vir die verbeurder van jou vrede
    Die rede dat jy voel
    asof jy heeltyd verloor
    is omdat jy vir altyd
    wil lewe

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: