Peeka Boo!!

Om een of ander rede slaap Poppedyn die laaste twee weke glad nie….    Ek is doodmoeg, uitgewas, uitgedroog en uitgehang om deur die wind verwaai te word!   Ek het ‘n idee dit het iets te doen met kiestande en natuurlik hoes sy vir die eerste span…

Ek het al gepaai, gedreig, geskel, getroos, op en af in die huis met haar in my arms geloop totdat dit later voel of my arms uit hulle sockets gaan uitskeur…  Sy raak aan die slaap en 20 minute later…   Mammmmmaaaaa!!!!!!!!!    Mmaaaaa!!!!   Mamaaaaaaaaaaaaaa!!!!   en as daar nie reaksie van my kant af is nie…   Hallllôôôô!!!!   Mammmmaaaa!!!!   Hallllôôô!!!

Gisteraand so teen 10h00 is ek pootuit, gedaan, opgeploeg.  Daar is stilte in die huis en ek besluit om te gaan inkruip!  Net eers gou weer by die telgies gaan inloer om te sien of hulle darem toe is…   Ouboet slaap die slaap van die onskuldiges…  Op my tone gewapen met my flitslig sluip ek in Poppedyn se kamer in.  Flitsie vinnig aansit, loer en weer vinnig afsit – vermaan ek myself….   Flitsie vinnig aan – Damn die meisiekind is wakker!   Soos blits sit ek daai flitslig af en duik aan die agterkant van die kot in waar daar nie sportjies is nie sodat sy my nie kan sien nie.  Ek staan doodstil op my hurke, haal skaars asem…   Ek hoor ‘n beweging maar dan is dit weer stil.   Versigtig kyk ek boontoe – reg is die lady se laggende gesiggie vas!   “Peeka-boo Mamma!”   Shiterasie!!!!!       En net daar was dit die einde van nog ‘n rustige nagrus….

672437jzk9uiy01u

16 Responses to Peeka Boo!!

  1. boendoe says:

    Ag, Pik…simpatie, suster. (Maar dis darem ook vreksnaaks…) 😉

  2. roer says:

    Sterkte. Ek sê hoeka, sleep deprivation is die ergste marteling wat jy ‘n mens kan gee.

  3. Ogies says:

    Pikkie, ek lê soos ek lag. Presies dieselfde senario het homself al in ons huis afgespeel!! Daardie yskoue gevoel wat oor mens kom as hul so pen orent wakker is! Sterkte!!

  4. Dellie says:

    Whahaha! Thanx, ek het die giggel nodig gehad… laat my ver terug onthou… ons het nog op die plaas gebly, en Seun was stout – ek maak hom toe in sy kamer toe, die deur se handvatsel sit hoog en hy kon dit nie bykom nie.

    Maar ek voel soos ‘n skurk om dit aan hom te doen, en nou staan ek by die deur en luister om te hoor of hy huil of wat maak hy. Maar dis doodstil daar binne … te stil. Toe ek so effens buk om deur die sleutelgat te loer, fluister die mannetjie hier langs my… “waarvoor loer jy?” Die klein blikskottel het toe by die venster wat op die groot stoep uitloop, uitgeklim sekondes na ek hom in die kamer toegemaak het…😆

  5. Zee says:

    😆 Ek stuur bietjie slaapsandjies vir haar🙂

    Jy gaan nie glo nie, meneertjie het ontdek tv kyk is lekker, vanoggend toe ek vir hom bottel gaan maak (5uur) hoor ek net n lawaai, tsk, hy het sommer self die tv gaan aansit om Nemo te kyk, maar ek seg jou, dis die vinnigste wat ‘n tv nog in my huis afgesit was, en wonder bo wonder het hy darem weer aan die slaap geraak.

    Pik, drink sy nog bottel? Miskien moet jy ietsie vir haar kry wat haar soort van sal comfort, en Z sinne is sy bottel, so, solank as wat dit hom happy hou en aan die slaap laat raak, solank gaan hy nog bottel drink (Mm… dis hoe ek op die oomblik voel, om ook maar my slaap in te haal)

    • Pikkelik says:

      Zee, sy is al amper vir ‘n jaar van die bottel af. Met ons getrekkery in September kon ek die eerste aand net nêrens ‘n bottel kry nie en uit desperaatheid gee ek toe vir haar ‘n bekkertjie. Die volgende dag wou sy eenvoudig NIKS van ‘n bottel weet nie. Het my selfs met die ding teen die kop gegooi! 😈 Sy het egter haar beertjie en bersie waarmee sy slaap. Nie dat dit veel help nie!

  6. Nimsi says:

    Ai Pikkie, sterkte mens; dis regtig seker nie vir jou so lekker op hierdie stadium nie, maar dit sal ook oorgaan. Sy is regtig so n pragtige ou dogtertjie.
    As ek nou nie so ver was nie, het ek gese bring haar vir so n aandjie of wat vir Ant Nimsi dan slaap jy bietjie, maar nouja…

  7. carina says:

    Ag sweet!!! Dit is darem te cute. Sterkte met die slaap ding. Het vir amper drie jaar nie meer as twee uur ‘n nag geslaap nie. Email my as jy begin spinnekoppe sien teen die mure…ek het raad🙂

  8. Pikkelik says:

    Ek sien nie spinnekoppe nie, Carina, maar akkedisse, slange en miervreters wel…. RERIG!

  9. Dit is te kostelik! Sy dink julle speel ‘n lekker game so laat aand!

  10. Whahahaha! Dis te oulik, maar jy het my simpatie met die min slaap!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: